Investeringsprofiel van ander vaste bates, grond en geboue uitgesluit, deur Suid-Afrikaanse genoteerde industriele maatskappye gevolg

Ozrovech, Solomon (1992-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 1992.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: According to AC201 of the Institute of Chartered Accountants additional depreciation should be calculated. To date only a few listed industrial RSA companies have published such amounts. Such additional depreciation amounts therefore had to be estimated. Since 1980 the Graduate School of Business of the University of Stellenbosch has estimated the average age of fixed assets by using the following formula: Accumulated depreciation: Depreciation as per most recent income statement. The above formula resulted in incorrect estimates of the average ages of fixed assets. It was thus decided to follow another method. In this study project (one of three), additional depreciation of fixed assets will no longer be estimated by means of an average age (or average acquisition date). It was decided to calculate an investment profile for fixed assets. Annually the cost price of fixed assets was divided into different year-layers which were obtained from the cash flow statements. The replacement cost for each year-layer was annually determined by means of the Production Price Index. The sum of the different year- layers resulted in the total replacement cost. Additional depreciation now becomes the difference between replacement cost and original cost, divided by the life of the fixed asset. Only a handful of listed South African industrial companies calculate depreciation on land and buildings. To enable comparison with other companies, this study project concentrated on fixed assets other than land and buildings. Depreciation of fixed assets and new fixed assets acquired, are seldomly split between land and buildings on the one hand, and other fixed assets on the other hand. As a result various amounts had to be split between the above two components. A number of practical problems emerged. Especially revaluation of fixed assets and subsidiaries bought and subsidiaries sold, created many problems. The amount of revaluation of fixed assets is normally given as a net amount, whereas the revaluation of the debit was required. Not enough information on specific assets when a subsidiary is bought or sold was supplied in the cash flow statement (and its forerunner the Statement of Source and Application of Funds). If information on fixed assets acquired was given, such information normally indicated book values, whereas cost prices were required. These three study projects resulted in an expansion of the original project. A much more detailed study had to be undertaken on revaluation. Furthermore, a complete reconciliation of both the accumulated depreciation and cost prices of other fixed assets must be done.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Addisionele waardevermindering behoort volgens RE201 van die Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters bereken te word. Slegs 'n aantal industriële maatskappye in die RSA het hieraan gehoor gegee. Gevolglik moes die syfer vir die res van die industriële maatskappye beraam word. Sedert 1980 is die gemiddelde ouderdom van vaste bates deur die Nagraadse Bestuurskool van die Universiteit van Stellenbosch beraam aan die hand van die formule: Geakkumuleerde waardevermindering: Waardevermindering van die mees onlangse inkomstestaat. Die gebruik van hierdie formule het gelei tot foutiewe skattings van die gemiddelde ouderdom van vaste bates. Gevolglik is besluit om 'n ander metode te gebruik. In hierdie werkstuk (wat een van drie uitmaak) word addisionele waardevermindering van vaste bates nie meer bereken aan die hand van 'n gemiddelde ouderdom (of gemiddelde aanskafdatum) nie en 'n investeringsprofiel van vaste bates word daargestel. Die kosprys van vaste bates word dan jaarliks in verskillende jaarlae verdeel wat elk uit die kontantvloeistaat verkry is. Vir elke jaar word die jaarlaag se vervangingswaarde aan die hand van die Produksieprysindeks bereken . Die totaal van al die verskillende jaarlae word gesommeer om by die totale vervangingswaarde uit te kom. Addisionele waardevermindering raak dan die verskil tussen vervangingswaarde en oorspronklike kosprys, gedeel deur die leeftyd van die vaste bates. Aangesien slegs 'n klein persentasie van Suid-Afrikaanse genoteerde industriële maatskappye waardevermindering op grand en geboue afskryf, is slegs aandag geskenk aan ander vaste bates as grond en geboue ten einde onderlinge vergelykings tussen maatskappye te vergemaklik. Aangesien syfers vir waardevermindering van vaste bates en nuwe vaste bates gekoop heel dikwels nie onderskeid tref tussen grond en geboue aan die een kant, en ander vaste bates aan die ander kant nie, moes heelwat bedrae tussen die twee genoemde komponente geallokeer word. Heelwat praktiese probleme is ervaar. Veral herwaardasies van vaste bates en filiale gekoop en filiale verkoop het baie probleme veroorsaak. Die omvang van herwaardasies is gewoonlik 'n netto syfer terwyI die herwaardasie van die debiet benodig was. Verder was die inligting soos verskaf in die kontantvloeistaat (en voor dit die Staat van Bron en Aanwending van Fondse) dikwels onvolledig as dit kom by die verskaffing van besonderhede van watter items by die kosprys of verkoopprys van die filiaal ingesluit is. Waar inligting weI verskaf is ten opsigte van vaste bates, was dit gewoonlik slegs ten opsigte van boekwaardes, terwyl die kosprys van vaste bates verkry, inderdaad nodig was. Hierdie drie werkstukke het daartoe gelei dat die aanvanklike projek aansienlik uitgebrei moes word . Nie aIleen moet daar 'n baie meer omvattende ondersoek na herwaardasies gedoen word nie, maar ook 'n volledige rekonsiliasie van die jaarlikse geakkumuleerde waardevermindering. Hierbenewens moet die rekonsiliasie van die kosprys van vaste bates oak onderneem word.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/57806
This item appears in the following collections: