Riglyne vir die effektiewe bestuur van skool maatskaplike werk in die Wes-Kaapprovinsie

Date
1997-03
Authors
Swart, Susarah
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: School social work has been part of the services rendered to schools in the Western Cape province for the past 13 years. This service, however, was not equally available to all schools and learners. In addition to this, services are being rendered by four different systems in a diverse way. The aim of this study is to develop guidelines for the effective management of school social work services in the Western Cape province. The underlying goal to this study is to explore in which system school social work should be structured as part of an Education Support Service. A literature study and its practical application lead to the conclusion that school social work is a specialist field. The fact that school social work and education share common goals, serves to confirm the structuring of school social work within the education system. From a description of the existing state of school social work in the Western Cape province, it becomes evident that the diverse nature of the service is the result of the differences in its management. The unification of the different school social work systems therefore seems to be a priority in the creation of a service which can be accountable in every way. On the grounds of the established fact that school social work should be structured as a unit within the Western Cape Education Department, the compatability of the management administrations of social work and education was investigated. It was concluded that both these services could be grouped under the concept human service organization and thus share a common management administration. From the caracteristics of a human service organization's structural framework, an empirical investigation was conducted as to the way school social work is being managed as a unit within the Western Cape Education Department. According to the description of the style of management, interpretations were made on the basis of applications from existing literature. By means of this descriptive and applied research methods, the conclusion was reached that the characteristics of the management of a human service organization are not adhered to with regard to school social work services within the Directorate: Para- Edicational Service. It was also found that the management of school social work is ineffective. On the basis of these conclusions, recommendations were made regarding the structuring of school social work within the Western Cape province, as well as on a national level. The way in which such structuring should be implemented is formulated in the recommendation regarding guidelines which were developed for the effective management of school social work in the Western Cape Province.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Skool maatskaplike werk word reeds vir 13 jaar in die Wes- Kaapprovinsie geimplementeer. Hierdie dienste was egter nie tot 'n gelyke mate beskikbaar aan alle skole en leerders nie. Verder word die diens gefragmenteerd vanuit vier verskillende stelsels gelewer en bestuur. Hierdie ondersoek het ten doel om riglyne te ontwikkel vir die effektiewe bestuur van skool maatskaplike werk. Onderliggend tot die riglyne is ondersoek ingestel na waar die skool maatskaplikewerk-diens, as deel van 'n Onderwysondersteuningsdiens gestruktureer behoort te word. Op grond van 'n literatuurstudie en praktiese toepassing vanuit die literatuur is tot die gevolgtrekking gekom dat skool maatskaplike werk 'n spesialiteitsrigting in die maatskaplike werk is. Die gemeenskaplike aard van die doelstellings van skool maatskaplike werk en die opvoedkunde of onderwys dien as bevestiging vir die strukturering van skool maatskaplike werk binne die onderwysstelsel. Uit die bespreking van die stand van skool maatskaplike werk in die Wes-Kaapprovinsie blyk dit dat die gediversifiseerde aard van die diens voortspruit uit die verskille wat bestaan ten opsigte van die bestuur daarvan. Die vereniging van die verskillende skool maatskaplikewerk-stelsels onder een bestuurstelsel, blyk dus 'n prioriteit te wees in die daarstel van 'n verantwoordbare diens. Op grond van die bevestiging dat skool maatskaplike werk as 'n eenheid gestruktureer moet wees binne die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, is ondersoek ingestel na die verenigbaarheid van die bestuursadministrasies van maatskaplike werk en onderwys. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat beide hierdie dienste gegroepeer kan word onder die begrip diensgerigte instelling. Hulle deel dus een bestuursadministrasie, naamlik die bestuursadministrasie vir 'n diensgerigte instelling. Vanuit die bestuurskenmerke van 'n diensgerigte instelling is 'n empiriese ondersoek gedoen na die wyse waarop skool maatskaplike werk as 'n eenheid binne die Wes-Kaapse Onderwysdepartement bestuur word. Na aanleiding van die beskrywing van die bestuurswyse is interpretasies gemaak op grond van toepassings uit die literatuur. Deur middel van hierdie beskrywende en toegepaste navorsing is tot die gevolgtrekking gekom dat die bestuurskenmerke van 'n diensgerigte instelling nie realiseer ten opsigte van skool maatskaplikewerk-dienste binne die Direktoraat: Para- Opvoedkundige Diens nie en dat bestuur van die skool maatskaplikewerk-diens oneffektief is. Op grond van hierdie gevolgtrekkings is aanbevelings gemaak ten opsigte van die strukturering van skool maatskaplike werk binne die Wes- Kaapprovinsie, sowel as op nasionale vlak. Die wyse waarop hierdie strukturering in praktyk gestel behoort te word is geformuleer in die aanbeveling ten opsigte van riglyne wat ontwikkel is vir die effektiewe bestuur van skool maatskaplike werk in die Wes-Kaapprovinsie.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1997.
Een kopie mikrofiche.
Keywords
School social work -- South Africa -- Western Cape, School social work -- South Africa -- Western Cape -- Management, Dissertations -- Social work, Theses -- Social work
Citation