'n Ondersoek na die persoonlikheidstipes van 'n groep leerders met spesiale onderwysbehoeftes

Date
1997
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
South Africa's first democratic election led to far-reaching changes. These changes were not only on the political front, but also influenced the education system. The new constitution recognises education as a basic right of all children. Along with this, any form of discrimination is unacceptable. This led to the acceptance of a system of inclusion, where all children with special educational needs have the right to be mainstreamed. As these children have always been educated in separate schools, more information on children with special educational needs is essential to facilitate inclusion. The primary aim of this study was to get more information on trends and personality type preferences of a group of learners with special educational needs. An investigation into personality type preferences among grade 5 to 9 learners was done to establish whether a more pronounced differentiation occurred with an increase in age. The research results of a group of pupils with special educational needs were compared with available research results of a group of mainstream pupils. These results were also compared in terms of sex differences and impairment differences. The investigation group consisted of 112 learners with special educational needs. They were divided into three groups according to their diagnosed disability. Die Murphy Meisgeier Persoonlikheidsvraelys vir Kinders (MMvK), an Afrikaans translation of Murphy Meisgeier Type Indicator for Children (MMTIC) (Van Heerden, 1996), was administered for the purpose of this investigation. The MMTIC is based on Jung's comprehensive theory. Important findings of this investigation are as follows: Small differences exist between the tendencies with regard personality type preferences by learners with special educational needs in different grades. No significant differences in personality type preferences of learners with special educational needs were found between boys and girls. Highly significant differences do exist between the nature and tendencies of personality type preferences of learners with special educational needs and those of learners in mainstream education. The implications of these findings for education and training, particularly with inclusive education in view, were discussed.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing het tot ingrypende veranderinge in die land gelei. Die veranderinge het nie net op politieke gebied plaasgevind nie, maar het ook tot drastiese veranderinge op onderwysgebied gelei. Onderwys word deur die nuwe regering as 'n basiese reg van alle kinders beskou en enige diskriminasie is onaanvaarbaar. Dit het meegebring dat gestremde leerders volgens die nuwe wetgewing die reg het om in die hoofstroom onderrig te ontvang, wat 'n behoefte aan meer kennis oor hierdie leerders vir alle betrokkenes tot gevolg het. Die primere doel van hierdie ondersoek was om meer inligting te bekom oor tendense by leerders met spesiale onderwysbehoeftes ten opsigte van persoonlikheidstipevoorkeure. Die persoonlikheidstipevoorkeure van 'n groep leerders van graad 5 tot 9 is ondersoek om vas te stel of daar duideliker differensiasie van persoonlikheidstipevoorkeure met ouderdomstoename is. Die navorsingsresultate van 'n groep leerders met spesiale onderwysbehoeftes is vergelyk met beskikbare navorsingsresultate van 'n groep hoofstroomleerders. Dit sluit vergelykings ten opsigte van geslag en gestremdheid in. Die ondersoekgroep het uit 112 Afrikaanssprekende leerders met spesiale onderwysbehoeftes bestaan. Hulle is in drie groepe, volgens die gediagnoseerde gestremdheid, verdeel. Vir die doel van die ondersoek is die Murphy-Meisgeier Persoonlikheidsvraelys vir Kinders (MMvK) gebruik. Dit is 'n Afrikaanse vertaling en aanpassing van die Murphy Meisgeier Type Indicator for Children (MMTIC) (Van Heerden, 1996). Die vraelys is gebaseer op Jung se teorie. Die belangrikste bevindinge van die ondersoek is soos volg: Slegs klein verskille bestaan tussen die tendense ten opsigte van persoonlikheidstipevoorkeure by leerders met spesiale onderwysbehoeftes in die verskillende grade. Daar bestaan geen beduidende verskille tussen die persoonlikheidstipevoorkeure van seuns en meisies met spesiale onderwysbehoeftes nie. Hoogs beduidende verskille bestaan tussen die aard en tendense van persoonlikheidstipevoorkeure van leerders met spesiale onderwysbehoeftes en die van leerders in hoofstroomonderwys. Die implikasies wat hierdie bevindinge inhou met betrekking tot die opvoeding en onderrig, veral met die oog op inklusiewe onderwys, is bespreek.
Description
Tesis (M. Ed.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1997.
Keywords
Typology (Psychology), Children with disabilities -- Education, Dissertations -- Education
Citation
Collections