The professional development of the rural social worker

Date
1995
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study deals with the unique characteristics of rural social work, and the professional development of the rural social worker. Considering that the profession until now has been more concerned with the dramatic urbanization process, that more than 51 percent of the South African population reside in rural areas, while the majority of welfare organizations are in the urban areas, away from the people, and that limited research has been undertaken in this field, then it becomes evident that this is a subject that deserves attention. A non-experimental descriptive and explanatory study was appropriate. The survey method was used to collect the data. The literature study investigated the nature of rural social work, methods that social workers can use for their professional development, the role of the supervisor, and the role that the organization can play in the social worker's professional development. Data was collected by means of a self-administered mail questionnaire. Quantitative research was implemented to conduct and verify the incidence of certain phenomenon, while qualitative research was used to describe and explain the social reality. Social workers and supervisors of welfare organizations and state departments in the Eastern, Northern and Western Cape were represented in the study. The study provided information on the theory of rural of social work, and the professional development of social workers. It also offers guidelines for the enhancement of the professional development of rural social workers. Social workers can use this study for their own professional development. Furthermore, private welfare organizations and state departments functioning in rural (and urban) areas can use this study to develop a greater understanding of rural social work practice, and to promote the professional development of social workers. It is important to implement the recommendations in order to determine the effectiveness thereof. Further research, resulting from this study could contribute to increasing the effectiveness of rural social work.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie handel oor die unieke eienskappe van maatskaplike werk in plattelandse en landelike gebiede, en die professionele ontwikkeling van maatskaplike werkers wat in hierdie gebiede werksaam is. As in ag geneem word dat die professie tot op hede veral ingestel was op die dramatiese verstedelikingsproses, dat meer as 51 persent van die Suid Afrikaanse bevolking in landelike gebiede woon terwyl die grootste aantal welsynsorganisasies in die stedelike gebiede gekonsentreer is, en dat baie beperkte navorsing oor maatskaplike werk in landelike gebiede gedoen is, is dit duidelik dat hierdie 'n veld is wat aandag verdien. 'n Nie-eksperimentele, beskrywende en verklarende studie was die mees aangewese vir hierdie ondersoek. Die opnamemetode is vir die uitvoering van die ondersoek aangewend. Die aard van maatskaplike werk in plattelandse en landelike gebiede, metodes wat maatskaplike werkers vir hul professionele ontwikkeling kan benut, die rol van die supervisor, en die bydrae van die organisasie is in die literatuurstudie ondersoek. Data is deur middel van self-geadministreerde posvraelyste versamel. Kwantitatiewe navorsing is gedoen om die voorkoms van bepaalde verskynsels te tel en te kontroleer, terwyl kwalitatiewe navorsing gedoen is om die sosiale werklikheid te beskryf. Maatskaplike werkers en supervisors in diens van privaat welsynsorganisasies en staatsdepartemente in die Oos, Noord en Wes Kaap is verteenwoordig in die ondersoekgroep. Die studie verskaf inligting rakend die teoretiese onderbou van maatskaplike werk in plattelandse en landelike gebiede, en die professionele ontwikkeling van maatskaplike werkers. Dit verskaf ook riglyne vir die bevordering van die professionele ontwikkeling van maatskaplike werkers. Maatskaplike werkers kan hierdie studie benut om hul eie professionele ontwikkeling te bevorder. Die studie kan ook deur privaat welsynsorganisasies en staatsdepartemente in plattelandse, en landelike (asook stedelike) gebiede benut word om groter begrip vir die uniekheid van maatskaplike werk in plattelandse en landelike gebiede te ontwikkel, en om die professionele ontwikkeling van die maatskaplike werker te bevorder. Dit is noodsaaklik dat die aanbevelings prakties geimplementeer sal word ten einde die effektiwiteit daarvan te bepaal. Voortgesette navorsing wat hieruit spruit sal daartoe bydrae om die effektiwiteit van maatskaplike werk in plattelandse en landelike gebiede te verhoog.
Description
Thesis (M.A.) -- University of Stellenbosch, 1995.
Keywords
Social workers -- South Africa -- Cape of Good Hope, Social service, Rural, Social service, Rural -- South Africa -- Cape of Good Hope, Dissertations -- Social work
Citation
Collections