Vervalle state, hulpbronoorloë en vredemaking : die gevalle Sierra Leone

Date
2003-12
Authors
Van Schalkwyk, Denver Christopher
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis explores the issue of collapsed states with reference to William Reno's (2001) theory. Since the end of the Cold War we find in many places that the state itself has collapsed. According to this thesis state collapse refers to a situation where the structure, authority, laws and political order have fallen apart. The phenomenon of collapsed states is historic and worldwide, but nowhere are there more examples than in contemporary Africa. Sierra Leone is an example of a collapsed state in Africa. The state in Sierra Leone was after the commencement of the conflict in 1991 not capable of performing the duties which are required of a state when a state wants to be called a state. Governments in collapsed states lack the capacity to make binding, effective decisions. As a basic institution, the state loses its sovereignty as the most central institution in the society. Resource wars are nowadays a characteristic of collapsed states like Sierra Leone. Resources are used by key figures in the resource wars to enrich themselves. They also exploit the resources to finance their actions and propaganda. Diamonds was the resource which was exploited commercially by the 'government' and Foday Sankoh, a rebel/insurgent, as well as Charles Taylor, a warlord. The resource war was one of the reasons why the state in Sierra Leone collapsed further. It had lead to the total collapse of the state in Sierra Leone. With the commencement of the conflict in Sierra Leone, the issue of peacemaking came to the fore in Sierra Leone. The conflict in Sierra Leone was an intrastate conflict. The primary goal of the United Nations (UN) is to maintain international security and peace. Intrastate conflicts do not form part of the UN's traditional mandate regarding peacemaking. The UN thus had no basic framework of how to get involved in the intrastate conflict in Sierra Leone. The UN only became involved in 1999 in the form of UNAMSIL. Before the intervention of the UN, the 'government' of Sierra Leone turned to Private Military Companies (PMC's) in the form of Executive Outcomes and Sandline International. The problem with the intervention of PMC's in a conflict is that they are not sanctioned by international organisations like the UN. As a regional initiative, ECOWAS in the form of ECOMOG, also became involved in Sierra Leone. The intervention of both ECOMOG and PMC's in Sierra Leone failed to produce peace or the restoration of the state. Only the UN achieved peacemaking and the holding of an election. The conclusion of this thesis is that Sierra Leone fits in the theory of Reno (2001 ) re collapsed states. Sierra Leone is a typical example of a collapsed state and it also illustrates the validity of the concept. This however does not mean that Sierra Leone will be a collapsed state forever. There is the possibility that Sierra Leone can make a transition from a collapsed state to a stronger state to a more stable and functional state. It need, however, be noted that all conclusions in this thesis are of a preliminary nature. The conclusions will therefore be subject to further confirmation by later studies.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis verken die kwessie van vervalle state met verwysing na William Reno (2001) se teorie. Sedert veral die einde van die Koue Oorlog vind ons die tendens dat verskeie state verval het. In hierdie tesis verwys die konsep van 'n vervalle staat na 'n situasie waar die struktuur, gesag, politieke orde en wette uitmekaar geval het. Die verskynsel van vervalle state is histories en kom wêreldwyd voor. Kontemporêre Afrika verskaf egter die meeste voorbeelde van vervalle state. Sierra Leone is 'n voorbeeld van so 'n vervalle staat. Na die aanvang van die konflik in 1991 was die staat in Sierra Leone nie meer daartoe instaat om die funksies te verrig wat van 'n staat vereis word indien so 'n staat as 'n staat geag wil word nie. Die 'regering' in 'n vervalle staat beskik nie meer oor die kapasiteit om bindende, effektiewe besluite te neem nie. Die staat, as 'n basiese instelling, verloor sy soewereiniteit as die sentrale instelling in die samelewing. Die verval van 'n staat word toenemend met die uitbreek van 'n konflik- in hierdie geval 'n- hulpbronoorlog gekenmerk. Hulpbronne word deur die sleutelfigure, wat betrokke is in die hulpbronoorlog in die vervalle staat, gebruik om hulself te verryk. Hierdie hulpbronne word ook gebruik om die sleutelfigure se aksies en propaganda te finansier. Diamante is as hulpbron in Sierra Leone deur die 'regering' en Foday Sankoh, 'n rebellinsurgent, asook Charles Taylor, 'n oorlogsbaron, kommersieël uitgebuit. Die burgeroorlog met sy talle fasette, het tot die totale verval van die staat aanleiding gegee. Die kwessie van vredemaak het met die uitbreek van die konflik in Sierra Leone na vore getree. Die konflik in Sierra Leone was 'n intrastaatkonflik. Die primêre doel van die Verenigde Nasies (VN) is om internasionale vrede en sekuriteit te handhaaf. Intrastaatkonflikte as sulks maak nie deel uit van die tradisionele opdrag van die VN betreffende vredemaak nie. Die VN het gevolglik nie oor 'n basiese raamwerk beskik van hoe om by die intrastaatkonflik in Sierra Leone betrokke te raak nie. Die VN het eers in 1999 in die vorm van UNAMSIL in Sierra Leone betrokke geraak. Voor die intervensie van die VN het die 'regering' van Sierra Leone hom tot Private Militêre Bystand (PMB) in die vorm van 'Executive Outcomes' en 'Sandline International' gewend. Die problematiek insake PMB is dat dit nie deur internasioale organisasies soos die VN gesanksioneer word nie. As 'n regionale inisiatief het ECOWAS ook in die vorm van ECOMOG by die intrastaatkonflik in Sierra Leone betrokke geraak. In hierdie tesis sal daar gemeld word dat beide ECOMOG en PMB, met die uitsondering van die VN, se pogings vir vredemaak in Sierra Leone gefaal het. Die slotsom waartoe hierdie tesis kom is dat Sierra Leone inpas by Reno (2001) se teorie insake die verskynsel van vervalle state. Sierra Leone is 'n tipiese voorbeeld van 'n vervalle staat en dit illustreer die geldigheid van die konsep. Dit beteken egter nie dat Sierra Leone permanent 'n vervalle staat hoef te wees nie. Die moontlikheid bestaan wel dat Sierra Leone die oorgang vanaf 'n vervalle staat na 'n stabieler, meer funksionele staat kan maak. Dit dien egter gemeld te word dat alle afleidings in hierdie tesis as voorlopig van aard beskou kan word. Hierdie afleidings is onderhewig aan verdere bevestiging of weerlegging deur latere studies.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
United Nations -- Armed Forces -- Sierra Leone, Political atrocities -- Sierra Leone, Sierra Leone -- Politics and government -- 1961-, Sierra Leone -- History -- Civil War, 1991-2002, Dissertations -- Political science, Theses -- Political science
Citation