The treatment of culture-bound lexical items in bilingual dictionaries intended for a multilingual environment

Date
2003-12
Authors
Hendriks, Karen
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Bilingual dictionaries play an extremely important role in a multilingual society; they can be perceived as the key instruments in the communication between different groups and speech communities. Efficient and active communication between different cultural groups is essential in the South African environment. Culture-bound lexical items and the way they are treated in bilingual dictionaries can have a great influence on this process of communication. It is evident that the misrepresentation of culture-bound lexical items in bilingual dictionaries could seriously impede communication rather than enhance it. It is of great importance that lexicographers should provide users of the dictionary with adequate guidance in their treatment of these items. In order to equip the user with the necessary skills and knowledge, the treatment of culture-bound items should go beyond the mere provision of a translation equivalent. Translation equivalents should be supplemented and supported by illustrative markers, labels, glosses, usage notes and pictorial illustrations could be of use. The particular needs of a multilingual society imply certain adaptations to the structure and nature of a bilingual dictionary. The bilingual dictionary should be adapted in terms of form, content as well as structure in order to be able to present and treat a representative amount of cultural data in a comprehensive manner. The material used for the dictionary basis should be representative of the culture of the speakers; the linguistic and cultural reality that confronts the speakers daily should be reflected in the dictionary, language contact and change should be acknowledged. Many South African languages still have a strong tradition of oral literature and the relation of oral and written texts should be represented realistically in the dictionary basis.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Vertalende woordeboeke speel 'n sleutelrol in die veeltalige omgewing. Hulle is naamlik van kamidale belang in die kommunikasie tussen verskillende taalgemeenskappe. In die Suid-Afrikaanse konteks is effektiewe kommunikasie en oop kanale tussen verskillende groepe van kardinale belang. Kultuurspesifieke leksikale items en die opname en hantering van hierdie items in vertalende woordeboeke kan 'n groot invloed uitoefen op die proses van kommunikasie tussen verskillende taalgemeenskappe. Onakkurate of onvoldoende hantering van hierdie items kan ernstige misverstande tot gevolg hê en sodoende skade doen aan die proses van kommunikasie. Leksikograwe moet die gebruiker van die woordeboek voldoende leiding gee rakende die betekenis en gebruik van kultuurspesifieke leksikale items. Die gebruiker moet ook in 'n woordeboek leiding kry om die kulturele konteks van 'n gespreksituasie te kan begryp. Die hantering van kultuurspesifieke leksikale items in vertalende woordeboeke moet meer behels as die voorsiening van vertaalekwivalente. Dit moet vir die gebruiker van die woordeboek moontlik wees om kennis van die kultuur van 'n ander taalgemeenskap op te doen, asook om sy of haar kommunikasievaardighede te ontwikkel deur die gebruik van die woordeboek. Om dit te bewerkstellig, is dit nodig dat die vertaalekwivalente wat vir kultuurspesifieke leksikale items voorsien word, aangevul word deur onder andere merkers, etikette, glosse, gebruiksnotas en illustrasies. Die behoeftes van die gebruiker van die vertalende woordeboek in die veeltalige omgewing impliseer dat daar sekere aanpassings gemaak moet word aan die aard en struktuur van die vertalende woordeboek. Die vertalende woordeboek wat gemik is op 'n gebruiker in 'n veeltalige en multikulturele omgewing, moet in terme van die vorm, inhoud en struktuur aangepas word om sodoende 'n verteenwoordigende hoeveelheid van kulturele data op 'n omvattende, sinvolle wyse te kan aanbied. Die materiaal wat vir die basis van die woordeboek gebruik word, moet verteenwoordigend wees van die kultuur van die sprekers. Die woordeboek moet die werklikheid waarmee die gebruiker daagliks gekonfronteer word, in die aanbieding van data en die samestelling van die sentrale woordelys reflekteer. Die tradisie van orale letterkunde speel vandag nog 'n daadwerklike rol in die lewe van baie Suid Afrikaners en dit moet ook in die woordeboek verreken word.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
Lexicography, Multilingualism, Dissertations -- Afrikaans language, Theses -- Afrikaans language
Citation