The transformation of the South African gold-mining corporate culture

Wessels, Deon (2003-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2003.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Corporate cu~ure is the foundation of businesses today and in every way underties the way business is done. The discovery and subsequent mining of gold during the last century have shaped the gold-mining corporate cu~re; it gave birth to racial segregation and laid the foundation of the system in which the industry finds itse~ today. The purpose of this study is to uncover the deeper patterns of corporate cu~ure that drive visible behaviour and attitudes. Once the root metaphor or main undertying assumptions of the gold-mining corporate cutture have been determined, a process of multilevel, frame-breaking, radical transformation can be initiated. A 'paradigm interplay' approach, which describes cu~re as an explicit variable and an implicit root metaphor, was adopted. Within this frameworK the study aims to explore concepts and meanings of corporate cu~re in a hermeneutic fashion by uncovering the human, expressive, symbolic texture of life in a gold mine. The frameworK provided a way of thinking about organisations, not to present 1001s' or 'methods' for managing or transforming culture, but to think culturally and holistically about the process of transformation. An in-depth investigation into Schein's 'three levels of cu~re' model was necessary in order to derive at the core transformational aspect of the gold-mining corporate culture. An analysis of Schein's model indicated that behavioural characteristics are shaped and determined by undertying values, beliefs and attitudes, which are shared among members of the organisation. If not espoused, these in turn rest upon sets of undertying assumptions that are the innermost core of corporate cu~re. One such a se~ the nature of human relationships, had been identified as the main undertying theme behind the vested interests as well as ingrained paradigms that exist on both sides of a racially divided workforce. The historical background of the industry and cultural perceptions created a shared assumption set that shaped these deep-rooted, embedded mindsets, affecting human relationships significantly. The study made it clear that any transformation attempt could be possible only when one goes deeper than the stated values and norms to understand the undertying assumptions and the true nature of human relationships that drive the visible behaviour and attttudes. The central dimension of this study, the nature of human relationships, referred to the opposing concepts of individualism versus communalism. These opposing paradigms are manifested in the two main management approaches or corporate cultures that exist in South Africa. Many suggested that the acknowledgement and utilisation of the Afrocentric value system, Ubuntu, alongside a Westem individualistic corporate culture are imperative to improve relationships in general and promote humanism. This study proposed that the humane spirit of Ubuntu, a spirit of trus~ caring and respect for human dignity, should be 'married' with the Westem approach to management instead of Ubuntu being adopted as a single framework that may be perceived negatively by the current business community. Thinking culturally', the purpose phrase of this study, succeeded therefore in abandoning the eitheror kind of thinking in favour of a more holistic 'both-and' way of doing. A desired culture of trust, honesty, openness, integrity and non-<liscrimination are sought after - a morally and ethically acceptable corporate culture where empowered employees are inspired rather than driven. Transformation is about the intellectual, social, spiritual and, most important, the emotional resources of the organisation. The 'senses of awareness' that are fundamental to the spirit of Ubuntu, originate from an understanding of our own emotions and secondly the emotions of others. Emotional intelligence is emerging as a major contributor to self-regu lation and is a crucial ingredient of the transformation process of the gold-mining corporate cu~ure . The study recommends the process of transformation can be initiated by creating a focal even~ a moment of concem about the current predicament in which the organisation or, more importa~ the individual finds itse~lhimse~. An act of confrontation may provide a moment of insight that will lead to a reinterpretation of historical and current events. In the process of insight or reflection an increase in seW-knowledge is gained that leads to a new beginning. This study calls for a willingness to change, a motivation to "switch cognitive gears' from an automatic haM of mind to active, conscious reflection of what is right and what is wrong. ~ also calls upon the individual to make the gold mines and South Africa a better place in which to work and live.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die organisasiekultuur van 'n maatskappy is nie alleen die "gom" wat die besigheidsinstelling en sy onderafdelings bind nie, maar in 'n hoe mate ook die onderliggende rede waarom die besigheidsinstelling bestaan. Die punt sal aan die hand van die goudmynbedryf geillustreer word. Die ontdekking en gepaardgaande ekstraksie van goud gedurende die laaste eeu het die organisasiekultuur van die mynwese gevorm. Dit het help beslag gee aan rasse segregasie en het die grondslag gelê vir die sisteem waarin die industrie homself bevind. Die doel van hierdie studie is om die dieper aspekte van organisasiekultuur bloot te Iê - aspekte wat optrede en die sigbare gesindheid aandryf. Die grondliggende paradigma, kern metafore en aannames van die goudmyn industrie sal daarom eers bepaal moet word voordat 'n radikale transformasieproses geinisieer kan word. 'n Benadering van "paradigma wisselwerking" ("tussenspel") is gevolg waarvolgens kultuur beskryf word as 'n eksplisiete verandelike en 'n implisiete kern metafoor. Binne hierdie raamwerk word konsepte en betekenisse van organisasiekultuur binne 'n hermeneutiese metodiek ondersoek. Die doel daarvan is om die menslike, ekspressiewe en simboliese tekstuur van lewenswyse binne die goudmynbedryf te interpreteer. Die raamwerk verskaf 'n denkwyse oor organisasies wat nie daarop gerig is om spesifieke metodes of stappe daar te stel vir die bestuur of transformasie van organisasiekultuur nie. Die doelwit is om kultureel en holisties te dink oor die proses van transformasie. 'n Indiepte ondersoek van Schein se 'drie vlakke' van kultuur was noodsaaklik om die kern transformasie aspek van die Suid Afrikaanse goudmyn kultuur te ontrafel. Daar is bevind dat gedragseienskappe gevorm en bepaal word deur die gesamentlike onderliggende waardes, oortuigings en gesindhede van lede van 'n organisasie. Hierdie eienskappe skakel in by 'n reeks onderliggende aannames wat die binneste kern van organisasiekultuur uitmaak. Die aard van menslike verhoudings, 'n onderliggende aanname, is ge"identifiseer as die hoofonderliggende tema agter die bestaande belange sowel as die ingewortelde paradigmas wat bestaan aan beide kante van die rasverdeelde werksmag. Die historiese agtergrond van die industrie en die kulturele persepsies het 'n gedeelde reeks aannames daargestel wat diep-gewortelde denkpatrone en denkgietsels gevorm het en wat menslike verhoudings aansienlik beinvloed. Die studie maak duidelik dat enige transformasiepoging alleenlik moontliik is indien daar dieper as die bepaalde waardes en norme gedelf word om die onderliggende aannames en denkwyses asook die aard van menslike verhoudings te bepaal wat die sigbare optrede en gesindheid van mense dryf. Die sentraie dimensie van die studie, naamlik die aard van menslike verhoudings, berus op die opponerende konsepte van individualisme en kommunalisme. Hierdie twee konsepte, en die paradigmas wat hulle aandui, word gemanifesteer in die twee hoof bestuursraamwerke van organisasiekultuur wat in Suid Afrika bestaan. Baie navorsers suggereer dat die erkenning en gebruikmaking van die Afrosentriese waardesisteem, Ubuntu, naas 'n westerse individualistiese organisasiekultuur, noodsaaklik is om 'n outentieke humanisme, en verhoudinge in die algemeen te bevorder. Die studie stel voor dat die humane (mens-georianteerde) gees van Ubuntu, 'n gees van vertroue, omgee en respek vir menswaardigheid, saamgesnoer word met die westerse benadering tot bestuur, in plaas daarvan om Ubuntu as 'n enkele raamwerk aan te neern wat dalk negatief waargeneem kan word deur die moderne sakesektor. Die kulturele denkwyse wat gegenereer is in hierdie studie het dus geslaag daarin om die 'of-die-eenof- die-ander' denkwyse te vervang met 'n meer holistiese 'en-en' manier van dink en doen. 'n Kultuur van vertroue, opregtheid, integriteit en geen diskriminasie is noodsaaklik, ofte wel 'n morele en eties aanvaarbare organisasiekultuur waar bemagtigde werkers geinspireer word eerder as gedryf word. Transformasie is gemoeid met die intellektuele, sosiale, spirituele en van groot belang, die emosionele hulpbronne van 'n organisasie. Die aksent op selfbewussyn, wat fundamenteel is vir die gees van Ubuntu, word gegenereer deur 'n verstaan van ons eie emosies, en tweedens die verstaan van die emosies van ander. Emosionele intelligensie het onlangs te voerskyn gekom as 'n belangrike bydraer tot self-regulasie. Dit is 'n beslissende bestanddeel in die transformasieproses van die organisasiekultuur van die goudmynbedryf. Die studie stel voor dat die transformasieproses geinisieer kan word deur 'n spesifieke gebeurtenis wat die fokus word, 'n oomblik van besorgdheid rakende die huidige predikament waarin die industrie of meer belangrik, die individu homself/haarself bevind. Konfrontasie is selfs nodig vir 'n ontwikkeling van 'n oomblik van insig wat aanleiding kan gee tot 'n reinterpretasie van historiese en huidige gebeure. Tydens die proses van insig of nabetragting word 'n toename in selfkennis opgedoen wat lei tot 'n nuwe begin. Die studie vestig die aandag op 'n noodsaaklikheid van 'n verandering van gesindheid en aanvaarding van die eis tot verandering. Dit sluit in 'n verbintenis om kognitiewe 'ratte' te verander vanaf 'n outomatiese sienswyse na 'n aktiewe, bewuste refleksie van wat is reg en wat is verkeerd. Dan kan die goudmyne en Suid Afrika in geheel 'n beter plek gemaak word om in te leef en te werk.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53687
This item appears in the following collections: