Success factors of a winning organisation, measured at Rubico (Pty) Ltd

Lubbe, C. R. (2003-03)

Study project (MBA)--University of Stellenbosch, 2003.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: South Africa is a land of contrasts - contrasts in its landscape, cultures and business. Highly successful organisations exist in South Africa. The less fortunate organisations can learn a lot from them and other successful international organisations. Business has become a highly sophisticated science and although a recipe for instant success does not exist, the criteria described in this study can enhance an organisation's chances for success considerably. The first section of the study focuses on a literature study of nine critical factors identified in successful organisations. The study covers: Vision, Map, Customer Focus, Confidence, Standards, Drive, Teamwork, Support and Belonging. The establishment and development of these critical factors within an organisation are fundamental in highly successful organisations. The study will defines and develops these factors into practical and understandable criteria to be used and measured in an organisation. It further uses the criteria to show where an organisation could be failing and highlights some common mistakes that can be avoided. The study also provides business models to develop these criteria. The second section of the study focuses on an internal survey done at Rubico (Pty) Ltd, to measure the criteria explained in the first section. The survey highlights areas where Rubico (Pty) Ltd is functioning well, but also identifies shortcomings. The survey can be used as a measuring tool to provide insight into areas where an organisation is lacking and give the user the ability to manage more effectively.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika is 'n land van kontraste - kontraste in die landskap, kulture en sakewêreld. Daar bestaan baie suksesvolle organisasies in Suid-Afrika. Minder suksesvolle organisasies kan baie leer by hierdie en ander suksesvolle internasionale organisasies. Besigheid het verander in 'n hoogs gesofistikeerde wetenskap en hoewel daar geen resep bestaan vir oornagsukses nie, kan die kriteria wat beskryf word in hierdie studie 'n organisasie se kanse op sukses verbeter. Die eerste deel van die studie fokus op 'n literatuurstudie oor nege kritiese faktore wat in suksesvolle organisasies geïdentifiseer is. Die studie spreek die volgende aan: visie, strategie, verbruiker fokus, vertroue, standaarde, dryfkrag, spanwerk, ondersteuning en "belonging". Die daarstelling en ontwikkeling van hierdie faktore binne die organisasie is fundamenteel in hoogs suksesvolle organisasies. Die studie definiëer en ontwikkel hierdie faktore in praktiese en verstaanbare kriteria wat gebruik en gemeet kan word binne 'n organisasie. Verder gebruik die studie hierdie kriteria om aan te dui waar 'n organisasie nie slaag nie en om algemene foute wat vermy kan word, uit te wys. Die studie voorsien ook sakemodelle om die kriteria te onwikkel. Die tweede deel van die studie fokus op 'n interne opname wat in Rubico (Pty) Ltd geloods is, om die kriteria wat in die eerste deel verduidelik is, te meet. Die opname beklemtoon areas waar Rubico (Pty) Ltd suksesvol is, maar identifiseer ook leemtes. Die opname kan gebruik word as 'n meetinstrument om insig oor tekortkominge in die organisasie te bekom en die gebruiker daarvan toe te rus vir effektiewe bestuur.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53606
This item appears in the following collections: