Sappi : the story of paper

Keet, Charleen (2002-12)

Mini-study project (MBA)--University of Stellenbosch, 2003.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The aim of this dissertation is to attempt to analyse and evaluate the successes and mistakes Sappi Limited made when global ising the organisation from the inception of the organisation to the end of the millennium. It is very unique for a South African company to globalise from a South African base and it is the aim of this dissertation to analyse the steps such a company would follow to have success. Only a limited number of South African case studies exist in the field of strategic management and the writer will aim to structure this case study in such a manner that it will serve South African students in the field of Strategic Management. The study will start with the inception of the organisation and will describe the events that led to the globalisation of Sappi Limited as well as the financial results due to these events. This will be followed by a number of questions and answers. The focus will fall on the time frame 1980 to 2000 seeing that this is the time frame during which the greatest number of globalisation activities took place. The writer will aim to evaluate, with the limited information at hand, the company from a strategic management point of view and construct these facts into a practical case study for fellow students in the field of strategic management.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie proefskrif is om die strategiese suksesse en foute wat Sappi Beperk gemaak het tydens die globalisering van hierdie maatskappy vanaf die onstaan van hierdie maatskappy tot en met die einde van die millennium te evalueer. Dit is uiters uniek vir 'n Suid-Afrikaanse maatskappy om vanaf 'n Suid-Afrikaanse basis te globaliseer en die doel van hierdie werkstuk is om te ondersoek watter stappe hierdie maatskappy gevolg het ten einde sukses te behaal al dan nie. Daar bestaan slegs 'n beperkte aantal Suid-Afrikaanse gevallestudies in die veld van Strategiese Bestuur en dit is die doel van skrywer om te poog om die gevallestudie so te struktureer dat dit gebruik sou kon word vir Suid-Afrikaanse studente in die veld van Strategiese Bestuur. Die studie begin met die ontstaan van die maatskappy en vertel van die gebeure wat gelei het tot die globalisering van Sappi Beperk sowel as die finansiële resultate wat bereik is as gevolg van hierdie gebeure. Hierna is daar 'n aantal vrae gestel en beantwoord. Die fokus van die ontleding is vir die tydperk 1980 tot 2000 aangesien dit die tydperk is waarin die grootste globaliseringsprojekte geskied het. Dit is die doel van die skrywer om met die beperkte inligting beskikbaar, die maatskappy uit 'n strategiese oogpunt te evalueer en hierdie feite dan saam te voeg ten einde 'n praktiese gevallestudie daar te stel vir die gebruik van mede studente in hierdie veld van bestuur.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53579
This item appears in the following collections: