Maatskaplike werk intervensie met manlike jeugoortreders in die Departement van Korrektiewe Dienste

Date
2003-03
Authors
Pheiffer, Roseline Anna
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Juvenile delinquency is currently reaching alarming proportions and the number of juveniles within the prison population is on the increase. The crimes committed by male juvenile offenders, are often of an aggressive nature and include crimes such as murder and rape. The high rate of crime and the nature of the offences make it essential for social work services to be rendered to the juvenile offender. The purpose of the study was to establish guidelines for the social worker with the male juvenile offender in the Department of Correctional Services. The literature study dealt with the development of the juvenile offender as adolescent and a profile of the offender was compiled. Those factors both within the family and in the environment that contribute to criminal behaviour in the male juvenile offender were discussed. Furthermore the social work intervention process based on behaviour therapy was described. An exploratory descriptive study was undertaken in order to determine the knowledge that social workers have with regard to social work intervention to the male juvenile offender. An empirical study was done based on the literature study. A sample comprised of ten social workers that work with juvenile offenders at the youth centres of the Department of Correctional Services were involved in the study. With the help of the empirical study the knowledge and skills of social workers regarding the nature of social work intervention to the juvenile was examined. The findings of the study reveal that social workers require more knowledge on the development of the juvenile offender and on those factors that contribute to criminal behaviour, as well as skills with regard to the social work intervention process with the male juvenile offender. In order to render effective social work intervention to male juvenile offenders, social workers must possess adequate knowledge about the juvenile offender and about the skills needed to apply the social work intervention process.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Jeugmisdaad neem tans geweldige afmetings aan en die gevangenisbevolking neem toe. Die misdade wat deur manlike jeugoortreders gepleeg word, is dikwels aggressief van aard en sluit misdade soos moord en verkragting in. Die hoë voorkoms van misdaad en die aard van die oortredings noodsaak dat maatskaplike werk dienste aan die jeugoortreder gelewer sal word. Die doel van die studie was om riglyne daar te stel vir die maatskaplike werker in die Departement Korrektiewe Dienste wat met die manlike jeugoortreder werk. Die literatuurstudie het gehandel oor die ontwikkeling van die jeugoortreder as adolessent en 'n profiel van die jeugoortreder is saamgestel. Die faktore in die gesin en in die omgewing wat aanleiding gee tot misdaadgedrag by die manlike jeugoortreder, is bespreek. Voorts is die maatskaplike werk intervensieproses aan die hand van gedragsterapie beskryf. 'n Verkennende-beskrywende studie is onderneem om die kennis van maatskaplike werkers ten opsigte van maatskaplike werk intervensie aan die manlike jeugoortreder te bepaal. 'n Empiriese studie gegrond op die literatuurstudie is gedoen. 'n Steekproef bestaande uit tien maatskaplike werkers wat by jeugsentrums van die Departement Korrektiewe Dienste met jeugoortreders werk, is by die ondersoek betrek. Met behulp van die empiriese ondersoek is die kennis en vaardighede van maatskaplike werkers rakende die aard van maatskaplike werk intervensie aan die jeugoortreder ondersoek. Die bevindinge van die ondersoek toon dat maatskaplike werkers meer kennis benodig oor die ontwikkeling van die jeugoortreder en die aanleidende faktore tot misdaadgedrag, asook oor vaardighede ten opsigte van die maatskaplike werk intervensieproses aan die manlike jeugoortreder. Ten einde effektiewe maatskaplike werk intervensie aan die manlike jeugoortreder te lewer, moet maatskaplike werkers beskik oor voldoende kennis van die jeugoortreder en oor vaardighede in die toepassing van die maatskaplike werk intervensieproses.
Description
Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
South Africa. -- Dept. of Correctional Services, Social work with juvenile delinquents -- South Africa -- Case studies, Prisons -- South Africa -- Social conditions. -- Case studies, Social workers -- Rating of -- South Africa. -- Case studies, Dissertations -- Social work, Social work intervention, Theses -- Social work
Citation