Information systems adoption in small business firms in the Western Cape

De Wet, Jacques Milne (2003-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2003.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: With the advent of low priced and easy to use computing capability, information systems have become more accessible to smaller business. Despite the increased availability and affordability, the perception exists that many small businesses are reluctant to adopt technology that might enhance their operations. Besides the opportunities brought about by information systems, this exposes businesses to additional risks and confusions. The purpose of this study was to identify the state of use of various information systems, the perception held about the business value of information systems and the factors that influence the adoption of these systems by small businesses in the Western Cape. Based on previous research in information systems adoption and theories from the technological innovation literature, ten variables under the four broad categories of decision-maker characteristics, organisational characteristics, information systems characteristics and external influences were specified as primary determinants of adoption. These variables are the decision makers' innovativeness, information systems knowledge and computer self-efficacy, the business size, the availability of slack financial resources, employees' information systems knowledge, the importance of information to the business, the perceived relative advantage of using information systems, the social expectations about information systems use, and competitive pressure. A distinction was made between the initial adoption decision and the extent of adoption. Data for the study was collected by means of a survey of 89 small businesses with less than 60 employees. Discriminant analysis was used to identify determinants for the initial decision to adopt information systems, while structural equation modelling was used to identify the factors that influence the extent of adoption. The findings in this study suggest that the computer self-efficacy, information systems knowledge and innovativeness of the decisionmaker, business size, perceived relative advantage and competition are important determinants of the decision to adopt information systems. Once adopted, the decisionmaker's innovativeness, business size, employee's information systems knowledge and competition were found to further influence the extent of adoption. Although small businesses generally have a very positive view about the advantages of using information systems, there is still scope for growth in information systems use in this sector. The most common use for information systems is at an operational level. Very few small businesses make strategic use of information systems.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die ontwikkeling van relatief goedkoop en gebruikersvriendelike rekenaartegnologie het inligtingstelsels meer toeganklik vir kleinsakeondernemings gemaak. Ten spyte hiervan, bestaan 'n persepsie dat klein besighede traag is met die ingebruikneming van inligtingstelsels om hulle operasionele metodes te verbeter. Inligtingstelsels ontwikkel nuwe geleenthede vir kleinsakeondernemings, maar dit veroorsaak ook addisionele risikos en verwarring. Hierdie studie poog om die omvang van inligtingstelselgebruik, die persepsies omtrent die gebruik daarvan, en die faktore wat die ingebruikneming van inligtingstelsels in kleinsakeondernemings beïnvloed in die Wes Kaap te ondersoek. 'n Model wat gebaseer is op vorige studies van inligtingstelsel gebruik in kleinsakeondernemings, asook die teorie van tegnologiese innovasie, word opgestel en getoets. Die model identifiseer en omskryf tien veranderlikes in vier kategorieë wat die ingebruikneming van inligtingstelsels beïnvloed. Die vier kategorieë is die eienskappe van die besluitnemer in die onderneming, eienskappe van die onderneming, eienskappe van die inligtingstelsels self en eksterne faktore. Die besluitnemereienskappe wat ondersoek is, is innovasie, kennis van inligtingstelsels, en rekenaarselfvertroue. Vier sakeondernemingseienskappe, te wete grootte, beskikbaarheid van spaar finansiële bronne, inligtingstelselkennis van personeel en die belangrikheid van inligting vir die onderneming, is ondersoek. Onder die inligtingstelseleienskappe is die persepsie van die relatiewe voordeel wat inligtingstelsels aan kleinsakeondernemings bied gemeet, en die eksterne faktore wat ondersoek is, was die status wat geassosieer word met die gebruik van inligtingstelsels asook druk as gevolg van kompetisie. Onderskeid is getref tussen die besluit om inligtingstelsels te gebruik en die vlak van penetrasie van inligtingstelsels in die kleinsakeonderneming nadat die aanvanklike besluit geneem is. Data is ingesamel deur middel van 'n vraelys, wat deur 89 klein besighede voltooi is. Die grootte van die kleinsakeondernemings het gewissel tussen eenmansake en sakeondernemings met maksimaal sestig werknemers. Multiveranderlike statistiese metodes is gebruik om die data te ontleed. Daar is bevind dat die besluitnemer se rekenaarselfvertroue, sy inligtingstelselkennis, sy innovasie, die grootte van die sakeonderneming, relatiewe voordeel, en kompetisie belangrike invloede is ten opsigte van die besluit om inligtingstelsels aan te neem. Nadat die besluit geneem is om wel inligtingstelsels te gebruik, word die mate van gebruik bepaal deur die innovasie van die besluitnemer, die grootte van die sakeonderneming, die werknemers se kennisvlak van inligtingstelsels en kompetisie. Oor die algemeen beskou kleinsakeondernemings inligtingstelsels as voordelig, maar dit lei nie noodwendig tot die ingebruikneming daarvan nie. Daar is steeds heelwat moontlikhede vir groei in die gebruik van inligtingstelsels in hierdie bepaalde sektor. Kleinsakeondernemings maak hoofsaaklik gebruik van stelsels om hulle bedryf te verbeter maar wend dit selde strategies aan.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53466
This item appears in the following collections: