HIV and AIDS in the business sector with reference to Eskom

Hughes, Marion (2003-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2003

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: National and international studies on the impact of the HIVand AIDS epidemie, create a picture of serious negative effects on the South African economy, together with immense suffering and despair for her people. The untimely death of millions of people due to a disease is totally unnatural and basically unimaginable and it is therefore not surprising that people, organisations and government tend to shy away from the problems. Businesses drive growth and development, mobilise investment, nurture innovation, provide employment, develop skills, pay taxes and provide returns to investors. Outside the political arena businesses is the only group that do have the capacity and resources to make a major and effective contribution to the fight against the HIV and AIDS epidemic. This study provides a theoretical introduction to HIV and AIDS but more importantly it indicates that the business world has woken up to the threat of the HIV and AIDS epidemic and are reacting to it. The study concludes that the battle is not won as yet. There is room for improvement and major enhancements are required to current strategies and programmes to make it more effective. Eskom was selected as the case study to substantiate the abovementioned opinions and conclusions.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Nasionale en internasionale studies oor die impak van die MIV en VIGS-epidemie dui op die ernstige negatiewe gevolge vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. Dit veroorsaak ook geweldige lyding en wanhoop onder mense. Die ontydige dood van miljoene mense weens 'n siekte is heeltemal onnatuurlik en ondenkbaar. Dit is daarom geen wonder nie dat mense, organisasies en die regering daarvan wegskram. Sakeondernemings dryf groei en ontwikkeling, mobiliseer beleggingsmoontlikhede, moedig vernuwing aan, skep werkgeleenthede, ontwikkel vaardighede, betaal belasting en verskaf 'n opbrengs aan beleggers. Buite die politieke arena is sakeondernemings die enigste groep wat die kapasiteit en hulpbronne het om op grootskaal 'n doeltreffende bydrae te lewer tot die bekamping van die MIV en VIGS epidemie. Die studie is 'n teoretiese inleiding tot MIV en VIGS. Die belangrikste aspek wat na vore kom, is dat sakeondernemings wakker geskrik het oor die bedreiging van MIV en VIGS en dat hulle daarop reageer. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat die geveg nog nie gewen is nie. Daar is baie ruimte vir verbetering en grootskaalse veranderinge is nodig om die huidige strategieë en programme meer doeltreffend te maak. Eskom is as gevallestudie gebruik om bogenoemde menings en gevolgtrekkings te ondersteun.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53449
This item appears in the following collections: