Exploring correctional supervision

Apollis, Hazel Charlene (2003-12)

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Crime in South Africa is a common occurrence and crimes committed by young people are rapidly becoming a serious problem. During the 19th and zo" centuries, young offenders were institutionalised in reform schools for example. However, social workers and probation officers realized that the confinement in these schools caused frustration amongst the young offenders and also encouraged further deviant behaviour. In South Africa, the Department of Correctional Services implemented community corrections, on 1 June 1993, as an alternative sentence option to imprisonment. Community corrections have two distinctive forms, namely correctional supervision and parole supervision. Correctional supervision is a community-based sentence, which is prescribed by the courts and is served within the community under strict supervision and control of correctional officials and probation officers. The Department of Correctional Services mainly implemented correctional supervision in order to divert young offenders away from being exposed to the harsh and severe life of incarceration. The goal of the study was to explore correctional supervision as an alternative sentence option and present a description of this sentence for the juvenile delinquents. The objectives were to explore the juvenile offender's perception of correctional supervision, the impact of this sentence on the offender's family members and the availability and the role that the probation officers play during the juvenile's sentence to correctional supervision. The contents of the report focused on describing the phenomenon of juvenile delinquency and other related topics, such as theories and contributing factors, and correctional supervision as an alternative sentence option. Exploratory-descriptive research was done and questionnaires were utilized as instruments for data collection from the juvenile offenders, their family members and the probation officers. The juvenile offenders were part of the Department of Correctional Services' (Worcester) justice system and the probation officers are employed at the Department. Conclusions and recommendations are made regarding the respondents' perceptions, opinions and experiences of the sentence of correctional supervision. The proposed recommendations should be a guide for the Department of Correctional Services in order to change certain factors that contribute to the poor co-operation of juvenile offenders sentenced to correctional supervision.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Misdaad in Suid-Afrika is 'n bekende verskynsel en misdaad gepleeg deur jong mense is vinnig besig om 'n ernstige probleem te word. Gedurende die neëntiende en twintigste eeu, is jeugoortreders na inrigtings, soos byvoorbeeld verbeteringskole, gestuur. Maatskaplike werkers en proefbeamptes het egter besef dat die afsondering in hierdie skole, frustrasies veroorsaak en self verdere afwykende gedrag aanmoedig. In Suid-Afrika, het die Departement van Korrektiewe Dienste Gemeenskapskorreksies op 1 Junie 1993, as 'n alternatiewe vonnisopsie tot gevangenisstraf, geïmplementeer. Gemeenskapskorreksies het twee onderskeidende vorme, naamlik korrektiewe toesig en parooltoesig. Korrektiewe toesig is 'n gemeenskapsgebaseerde vonnis, voorgeskryf deur die howe, en word uitgedien in die gemeenskap onder streng supervisie en beheer deur korrektiewe amptenare en proefbeamptes. Die Departement van Korrektiewe Dienste het korrektiewe toesig hoofsaaklik geïmplementeer om jong mense weg te wys van die onaangename blootsteling aan die gevangenislewe. Die doel van die studie was om korrektiewe toesig, as 'n alternatiewe vonissopsie te verken en 'n beskrywing van hierdie vonnisopsie vir die jeugoortreder te gee. Die doelwitte was om die jeugoortreder se persepsie van korrektiewe toesig, die impak van dié vonnis op die oortreder se gesinslede en die beskikbaarheid en rol van die proefbeampte tydens 'n jeugdige se straf tot korrektiewe toesig, te verken. Die inhoud van die verslag fokus op die beskrywing van die verskynsel van jeugdelikwensie asook verbandhoudende onderwerpe, soos teorieë en bydraende faktore, en korrektiewe toesig as 'n alternatiewe vonnisopsie. 'n Verkennende-beskrywende studie is gedoen met behulp van vraelyste, as 'n instrument van data insameling by die jeugoortreders, hul gesinslede en die proefbeamptes. Die jeugoortreders was deel van die Departement van Korrektiewe Dienste (Worcester) se regstelsel en die proefbeamptes is werksaam by die Departement.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53418
This item appears in the following collections: