Die idioot : spieël en skadu ; Sirkus (roman)

Anker, Willem P. P. (2003-03)

Thesis (MA)- Stellenbosch University, 2003.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: In fulfilment of the degree of Magister in Creative Writing: Afrikaans, a novel titled Sirkus (Circus) is presented in which the main character figures as an idiot. It is accompanied by a perspicacious formal essay which maintains the relationship between theory and novel. The essay titled "Die idioot: spieël en skadu" (The idiot: mirror and shadow) reflects on the problematics concerning the representation of the idiot in literary texts. The essay investigates the phenomenon of the idiot in literature according to well-known literary texts presenting idiots. What these texts have in common is that the narrator acts on behalf of a character who does not have the ability nor the will to narrate himself. The problematics is viewed from a thematic as well as writing technique niveaux, according to insights gleaned from literature, philosophy, narratology and psychology. The argument concludes by reflecting on the responsibility of the author and the ethics of creating an effigy of the idiot. The novel Sirkus, (Circus), focuses on an idiot character with webbed hands and feet, Siegfried Landman. It is an exposition of his journey to hell starting on a farm in the Karoo. It takes him through a grotesque urban landscape where he eventually ends up in a circus of freaks. The text starts with the death of Siegfried's father and is in the form of a quest narrative, a quest for the vague image of his uncle Fischer. The tale emanates predominantly from Siegfried's consciousness. During the course of the text he is accompanied by varioius travelling companions who each fmd a voice in the text.

AFRIKAANSE OPSOMMING Ter vervulling van die graad van Magister in Kreatiewe Afrikaanse skryfkunde is 'n roman getiteld Sirkus voorgelê waarin die hoofkarakter 'n idiotefiguur is. Dit word vergesel met 'n verbandhoudende beskoulike werkstuk: "Die idioot: spieël en skadu", wat die vorm aanneem van 'n essay oar die problematiek rondom die representasie van die idioot in literêre tekste. In die werkstuk word die verskynsel van die idioot in die letterkunde ondersoek aan die hand van bekende literêre tekste waarin idiotefigure gerepresenteer word. Hierdie tekste het dit gemeen dat die verteller optree namens 'n karakter wat nie die vermoë óf die wil het om self te vertel nie. Die problematiek word beskou op tematiese sowel as skryftegniese vlakke aan die hand van insigte uit die letterkunde, filosofie, narratologie en sielkunde. Die argument sluit uiteindelik af met 'n besinning oor die skrywerlike verantwoordelikheid en 'n skrywerlike etiek ten opsigte van die uitbeelding van die idioot. Die roman Sirkus fokus op 'n idiote-karakter met gewebde hande en voete, Siegfried Landman. Dit is 'n uitbeelding van sy hellevaart wat begin op 'n plaas in die Karoo en hom voer deur 'n groteske stadslandskap voor hy uiteindelik opeindig in 'n sirkus van fratse. Die teks begin met die dood van Siegfried se vader en is in die vorm van 'n soektognarratief, 'n soektog na die vae beeld van sy oom Fischer. Die verhaal word grotendeels vanuit Siegfried se bewussyn vertel. Hy word deur die verloop van die teks vergesel deur verskeie reisgenote wat elk ook 'n eie stem in die teks verkry.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/53373
This item appears in the following collections: