Groundwater chemistry and supplementary sources of freshwater in Arid environments : groundwater salinisation, solar desalination & fog collection

Date
2002-03
Authors
Shanyengana, Shanyengana E.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Freshwater is the most fundamental of all life-supporting resources that determine our social, economic and political wellbeing. It is, however, only a small percentage of the world's water resources and is also unevenly distributed. Arid regions make-up about forty percent of the world's land area and have a large proportion of the world population, however, they only have a small fraction of the freshwater compared to other areas. Conventional freshwater sources in arid environments such as surface water in rivers, lakes and dams are often seasonal, available mainly during the rainy season. Equally, only a small part of the rain (0 - 5% of rainfall) infiltrates into groundwater reserves, and even this groundwater displays high rates of salinisation such that the end-water is too saline for human consumption. The poor quality of groundwater in arid regions is generally understood, however, it is always assumed that this is mainly a problem in areas where surface water does not occur. The study investigates seasonal groundwater salinisation in ephemeral (seasonal) river sources in some parts of Namibia and aims to derive a better understanding of the nature of this problem and how it affects people in these areas. It also looks at some possible solutions to the problem with the aim of informing water managers and scientists who are responsible for formulating solutions for water supply to areas in arid regions. These solutions are designed to take advantage of available opportunities in the study areas namely; the abundant supply of solar energy, alternative sources of freshwater such as fog and general atmospheric moisture, and adaptations for water collection in animals that inhabit these regions. The results show that groundwater in shallow ephemeral river sources of the Namib Desert and the Cuvelai delta in North central Namibia display high seasonal variation in Total Dissolved Solids (TDS) and chemical composition. The lowest TDS values are recorded during the rainy season, mainly after the first rains in the high rainfall areas and only after flood events in the lower rainfall regions. The groundwater salinity increases during the remainder of the year and in most cases becomes too saline for drinking purposes. The investigations of possible solutions indicate that small-scale photovoltaic reverse osmosis; solar distillation and fog collection could be used to address the seasonal shortage of potable water in these areas. The low-pressure (6 bar) reverse osmosis desalination experiments show that it is possible to operate the unit on a solar-driven pump to produce enough water to cover the typical daily water demand of a village in the Namib Desert. This unit would produce about 4600 litres per day (l/day) of 500- mg/l TDS product water, which exceeds the water production of similar world-leading small-scale RO units in Australia and The Canary Islands. The results also show that the cost of solar distillation units (solar stills) can be reduced sufficiently to make them a viable option for water supply to individual households in these rural areas. The study also found that fog is a feasible alternative source of freshwater in some of the study areas. The fog water is generally of 'A' quality drinking water according to the WHO-derived Namibian Drinking Water Quality Guidelines (NDWQG) and can be used directly or mixed with the saline groundwater to provide potable water. Mixing of the above-mentioned waters is particularly suitable in the Central Namib Desert because the period of high groundwater salinity coincides with that of peak fog deposition. The results also show that fog water can be collected with vanous polymeric greenhouse shade netting that can be easily obtained, and provides guidelines on the correct percentage shade coefficient and weave of possible fog collector mesh to intending users of fog collection technology in areas where the polypropylene mesh that is used in Standard Fog Collectors is not available. The investigations of surface properties of fog-harvesting beetles and experiments with various prototype collectors show that it is possible to increase water production in fog collectors existing today. The hydrophobic surface conditions as were found on the cuticles of fog-basking beetles (Onymaeris unguicularis and Onymacris bieolor) would enhance formation and runoff of large fog droplets on the collector surface. The prototype extractor-fan- and cooling system-based collectors show that it is possible to increase fog collection on polymeric meshes about three times and also that a comparable volume of atmospheric moisture can be collected even when there is no fog, up to a relative humidity of about 40%. In conclusion the study emphasizes that groundwater salinity in arid regions is at times a seasonal problem that should be considered in water supply strategies for these regions. Also that atmospheric moisture is a feasible alternative source of freshwater in some arid regions that often exceeds rainfall several times and should be considered as an important aspect of the strategies to address water problems in these areas. The study strongly recommends that scientists, engineers and water managers in these regions should always investigate the available opportunities such as climatic conditions (e.g. fog deposition) and adaptations for water collection/conservation that are found in the endemic plants and animals in order to develop sustainable solutions to this problem. They should also constantly update themselves on developments/opportunities that arise in the larger water industry that could be of benefit to water supply initiatives for remote areas in developing countries. Lastly, the study serves to better the understanding of the nature of groundwater salinity in arid environments that are dependent on seasonal surface flow for water supply as well as to contribute to the formulation of solutions to this problem in these areas, particularly in west coast hyper arid environments where conventional sources of freshwater are most inadequate. It also emphasises the role of materials science (polymers) and environmental engineering as well as that of UNESCO associated scientific institutions in the formulation of sustainable solutions to some of the current water problems in arid regions. Keywords: Arid lands, hydrochemistry, sources of freshwater, desalination, atmospheric moisture
AFRIKAANSE OPSOMMING: Vars water is die mees fundamentele van aIle lewensonderhoudende natuurlike hulpbronne wat ons sosiale, ekonomiese, en politieke welstand bepaal. Dit is egter slegs 'n klein gedeelte van die totale waterbronne van die wereld, en is boonop baie oneweredig versprei. Natuurlike waterarm gebiede (woestyne en halfwoestyne) beslaan ongeveer veertig persent van die landoppervlakte van die aarde en word bewoon deur 'n relatief groot persentasie van die wereldbevolking, maar beskik oor slegs 'n klein gedeelte van die varswater in vergelyking met ander gebiede. Konvensionele bronne van varswater in waterarm gebiede, soos oppervlaktewater in riviere, mere en darnme, is dikwels seisoenaal, en slegs beskikbaar gedurende die reenseisoen. Verder beland slegs 'n klein gedeelte van die reenval (0 - 5%) in die ondergrondse waterreserwes, en selfs hierdie grondwater vertoon 'n hoe mate van versouting, sodat die eindproduk te brak is vir menslike gebruik. Die swak gehalte van grondwater in waterarm gebiede word algemeen verstaan, maar daar is tot nog toe aanvaar dat dit oor die algemeen slegs 'n probleem is in gebiede waar oppervlaktewater me voorkom nie. Hierdie studie ondersoek seisoenale grondwaterverbrakking in seisoenale rivierbronne in sekere dele van Namibie en beoog om 'n beter begrip te formuleer van die aard van die probleem en hoe dit die inwoners van hierdie gebiede raak. Daar word ook ondersoek ingestel na moontlike oplossings vir die probleem, met die doel om 'n inligtingsbron vir waterbestuurders en wetenskaplikes wat verantwoordelik is vir die formuleer van oplossings vir watervoorsiening in waterarm gebiede daar te stel. Hierdie oplossings is ontwerp om voordeel te trek uit die beskikbare geleenthede in die ondersoekgebiede, naamlik; die oorvloedige beskikbaarheid van sonenergie, altematiewe bronne van varswater soos mis (Eng. "fog") en atmosferiese vog in die algemeen en aanpassings (Eng. "adaptations") vir die opvang van water wat voorkom by diere, veral insekte, in hierdie gebiede. Die resultate toon dat grondwater in die vlak seisoenale rivierbronne van die Namibwoestyn en die Cuvelai-delta in noordsentraal Namibie hoe seisoenale variasie in totale opgeloste stowwe (TVS) en chemiese samestelling vertoon. Die laagste TVS-waardes word waargeneem tydens die reenseisoen, hoofsaaklik na die eerste reen in die hoe-reenvalgebiede en eers na vloede in die lae-reenvalgebiede, Die soutgehalte van die grondwater neem toe gedurende die res van die jaar en in die meeste gevalle verbrak die water tot ondrinkbare vlakke. Die ondersoek na moontlike oplossings dui aan dat kleinskaalse fotovoltaiesgedrewe tru-osmose, sondistillasie en die opvang van mis (Eng."fog collection") aangewend kan word om die seisoenale tekort aan drinkwater in hierdie gebiede aan te spreek. Die laedruk (6 bar) tru-osmose-ontsoutingseksperimente wys dat dit moontlik is om die eenheid met behulp van 'n sonkraggedrewe pomp te bedryf en voldoende water te lewer vir die tipiese daaglikse drinkwaterbehoeftes van 'n nedersetting in die Namibwoestyn. Hierdie eenheid sal sowat 4600 liter per dag (l/d) water, met 'n TVSwaarde van 500 mg/I, lewer. Dit is aansienlik meer as die lewering van soortgelyke eenhede in Australie en die Kanariese Eilande. Die resultate wys ook dat die koste van sondistillasie-eenhede genoegsaam verminder kan word om dit 'n lewensvatbare opsie vir watervoorsiening aan enkelhuishoudings in die plattelandse gebiede te maak. Die studie het ook bevind dat die opvang van mis 'n toepaslike alternatiewe bron van varswater is in sekere van die studiegebiede. Die miswater is oor die algemeen 'A' -gehalte drinkwater vol gens die Namibiese gehalteriglyne Vir drinkwater (gebasseer op bepalings van die Wereldgesondheidsorganisasie) en dat dit net so, of vermeng met brak grondwater, gebruik kan word as drinkwater. Vermenging is besonder geskik in die sentrale Namibwoestyn, aangesien die periode van hoe grondwaterverbrakking saamval met die piek van benutbare misneerslag. Die resultate toon ook aan dat miswater opgevang kan word met verskeie tipes polimeriese skadunet, wat maklik verkrygbaar is, en verskaf riglyne vir die optimale skadu-koeffisient en weefpatroon van moontlike misvangsnette vir voomemende gebruikers van misvangstegnologie in gebiede waar die polipropileennet wat in die standaard miskollekteerders gebruik word nie, beskikbaar is nie. Die ondersoek van oppervlakeienskappe van mis-koesterkewers (Eng. "fog harvesting beetles") en eksperimente met verskeie prototipe versamelaars toon dat dit moontlik is om die waterproduksie van bestaande kollekteerders te verhoog. Die hidrofobe oppervlaktetoestande soos gevind op die opperhuid van die mis-koesterkewers (Onymacris unguicularis en Onymacris bicolor) bevorder die vorming en afloop van groot misdruppels op die versameloppervlak. Die prototipe suigwaaier- en verkoelerstelselgebasseerde versamelaars toon dat dit moontlik is om die misvogversameling op polimeriese nette tot drie maal te verhoog en dat 'n vergelykbare volume atmosferiese vog versamel kan word, selfs in die afwesigheid van mis, tot by 'n relatiewe humiditeit van ongeveer 40%. Ten slotte benadruk die studie dat grondwatersoutgehalte in waterann gebiede soms 'n seisoenale probleem is, en dat dit in ag geneem moet word in watervoorsieningstrategiee vir sulke gebiede. Dit benadruk ook dat atmosferiese vog 'n bruikbare alternatiewe bron van varswater kan wees in sekere areas, waar dit dikwels verskeie male meer is as reenval, en gesien behoort te word as 'n belangrike aspek in strategiee om waterprobleme in hierdie gebiede aan te spreek. Die studie beveel sterk aan dat wetenskaplikes, ingenieurs en waterbestuurders in hierdie gebiede altyd die beskikbare geleenthede soos klimaatstoestande (bv. misneerslag) en aanpassings vir vogvangslbewaring wat voorkom by inheemse plante en diere sal navors om sodoende onderhoudbare oplossings vir die probleem te vind. Hulle behoort deurlopend op hoogte te bly met ontwikkelings/geleenthede wat ontstaan in die wyer waterindustrie, wat van waarde kan wees in by waterverskaffmgsinisiatiewe vir afgelee gebiede in ontwikkelende lande. Laastens dien die studie om 'n beter begrip daar te stel van die aard van grondwatersoutvlakke in waterarm gebiede wat afhanklik is van seisoenale oppervlaktevloei vir watervoorsiening sowel as om 'n bydrae te lewer tot die formuleer van oplossings tot die probleem in hierdie gebiede, veral in die hiperdroe omgewings aan die Namibiese weskus, waar konvensionele waterbronne mees onvoldoende is. Dit benadruk ook die rol van materiaalkundige wetenskappe (polimere) en omgewingsingenieurswese sowel as die UNESCO-geassosieerde wetenskaplike instellings in die formulering van volhoubare oplossings vir sommige van die huidige waterprobleme in waterann gebiede. Sleutelwoorde: Waterarm gebiede, hidrochemie, bronne van varswater, ontsouting, atmosferiese vog
Description
Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2002.
Keywords
Groundwater, Saline water conversion, Water -- Purification, Water chemistry, Hydrology, Fresh water, Arid regions, Humidity, Condensation, Dissertations -- Polymer science, Theses -- Polymer science
Citation