Globalisation, global governance and the reform of the global economy

Schafer, Siegfried Rolf (2002-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2002

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: After the end of the Cold War hopes were high for a freer, fairer new world order. This did not happen. What the world got instead was globalisation - a complex phenomenon born from the interaction of political and economic liberalisation and technological change. Much of the impetus behind globalisation was derived from the prescriptions of the so-called Washington Consensus, which given its powerful influence in developing countries forced them to integrate into the global economy - to the point that integration became a virtual substitute for development policy. The benefits of globalisation were unevenly spread around the world and those who had most, stood to gain most from it. While Multinational Corporations and inhabitants of the developed world were definite winners the losers included workers, the environment and financial market stability. As the full impact of globalisation was beginning to be felt criticism of the process emerged particularly, but not exclusively, from the NGO community and left-leaning commentators. These critics are diverse and do not have much in common, but have at times created alliances of convenience. Most critics however agree that international organisations play an important part in globalisation and that in order to impact on globalisation they would have to impact on these organisations. A particularly abundant area of criticism relates to the threats posed to the global commons. There is very little agreement though on how to deal with the threats. Suggestions range from a return to subsistence production and disengagement from the international trade system to using market forces and new technologies to benefit the global environment. Among the organisations with most critics are the International Monetary Fund and World Bank. A variety of factors contribute to the need for international financial institutions reform. These include: the blurring of their missions; the ineffectiveness of their assistance; and lack of transparency and accountability. The international financial institutions have however been remarkably effective at shielding themselves from calls for reform. The reasons for this are not only political (lack of agreement on required reforms) but also institutional (management siding with powerful stakeholders or pursuing their own agenda). The World Trade Organisation is another target of criticism. As with the international financial institutions the exact nature of future reforms is impossible to surmise, nevertheless environmental and development issues are certainly on the agenda. Decision-making is also likely to be revisited, with the focus being on reconciling effectiveness with representativeness. What is least likely to happen though is what is most needed - a thorough assessment of the World Trade ..Organisation's role in global governance and its relations with other institutions. This will not be possible without a rebalancing of power between the World Trade Organisation and international financial institutions on one side, and the UN family of institutions on the other. Reforming current systems of global governance may also involve creating new organisations. While there are a host of institutions active in global governance there is no formal mechanism to coordinate their efforts. This is where a UN Economic Security Council can playa major role, not least because such a body would give the international system a degree of legitimacy that it has so far lacked. A World Central Bank is however not an institution likely to be seen in the foreseeable future - it is too complex and many states will not give up monetary sovereignty as it impacts on too many other policy areas. It is widely acknowledged that a Currency Transaction Tax will go a considerable way in stabilising the international monetary system, while at the same time raising funds to finance global development. It is an elegant solution that is gaining political support worldwide. The institutional arrangements for its implementation and collection are however still subject to much debate. These are only a few possible ways in which the global economy may be reformed in the short to medium term. In the long term the most likely outcome is a loosely structured web of institutions that together form something akin to global federalism

AFRIKAANSE OPSOMMING: Na die einde van die Koue Oorlog is groot hoop gekoester vir 'n vryer, regverdiger nuwe wêreld orde. Dit het nooit gebeur nie. Instede daarvan het die wêreld globalisering gekry - 'n komplekse verskynsel gebore uit die interaksie van politieke en ekonomiese liberalisering en tegnologiese verandering. 'n Groot deel van die impetus agter globalisering het sy ontstaan in die voorskrifte van die sogenaamde Washington Konsensus, wat gegewe sy invloed in die ontwikkelende wêreld baie state gedwing het om in die wêreldekonomie te integreer - tot die punt dat integrasie byna 'n alternatief vir ontwikkelingsbeleid geword het. Die voordele van globalisering was ongelyk versprei, en die wat meeste gehad het, het gestaan om meeste voordeel daaruit te trek. Terwyl multinasionale maatskappye en inwoners van die ontwikkelde wêreld ongetwyfelde wenners was, was werkers, die omgewing en finansiële mark stabiliteit onder die verloorders. Soos wat die impak van globalisering meer en meer gevoel is het dit ook kritiek ontlok, veral - maar nie alleenlik - uit nie-regeringsorganisasie kringe en van linksgesinde kommentators. Alhoewel hierdie kritici nie veel in gemeen het nie, het hulle by tye gemaksalliansies gevorm. Die meeste kritici stem egter saam dat internasionale organisasies 'n belangrike rol speel in globalisering en dat om 'n impak op globalisering te maak dit nodig is om 'n impak op hierdie organisasies te maak. 'n Besonder vrugbare area van kritiek hou verband met bedreigings tot die sogenaamde "globale meent". Daar is egter baie min instemming oor hoe om die bedreigings te hanteer. Voorstelle wissel van 'n terugkeer na bestaansproduksie en terugtrede van die internasionale handelstelsel tot die gebruik van mark kragte en nuwe tegnologie tot voordeel van die wêreld omgewing. Onder die organisasies met van die meeste kritici is die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreld Bank. 'n Verskeidenheid faktore dra by tot die behoefte aan hervorming van die internasionale finansiële instellings. Hierdie sluit in: die verwarring van hulle onderskeie missies, die oneffektiwiteit van hulle bystand, en 'n gebrek aan deursigtigheid en verantwoording. Die internasionale finansiële instellings is egter besonder effektief daarin om hulself van oproepe om hervorming te isoleer. Die redes hiervoor is nie net polities nie (gebrek aan ooreenstemming oor vereiste hervormings) maar ook institusioneel (bestuur kies kant met invloedryke rolspelers of streef hul eie agenda na). Die Wêreld Handelsorganisasie is nog 'n teiken van kritiek. Soos met die internasionale finansiële instellings is dit nie moontlik om die presiese aard van moontlike hervormings te raai nie, desnieteenstaande is omgewings- en ontwikkellingskwessies definitief op die agenda. So ook is besluitneming, met die doel om effektiwiteit en verteenwoordigendheid te versoen. Wat egter mees nodig is, is mins waarskynlik om te gebeur - 'n deurtastende ondersoek na die rol van die Wêreld Handelsorganisasie in wêreld besluitneming en sy verhoudings met ander internasionale instellings. Verandering in hierdie opsig is egter nie moontlik sonder 'n herbalansering van tussen die Wêreld Handelsorganisasie en die internasionale finansiële instellings aan die een kant en die VN familie van instellings aan die ander nie. Hervorming van huidige stelsels van wêreld besluitneming mag ook die skepping van nuwe organisasies behels. Terwyl daar etlike aktiewe organisasies in wêreld besluitneming is, is daar geen formele meganisme om hul aktiwiteite te koordineer nie. In hierdie opsig kan 'n VN Ekonomiese Veiligheidsraad 'n belangrike rol speel, veral omdat so 'n instelling 'n mate van legitimiteit aan die internasionale stelsel kan gee wat dit tot dusver nie gehad het nie. 'n Wêreld Sentrale Bank is egter 'n instelling wat nie in die voorsienbare toekoms die lig sal sien nie - dis te kompleks en baie state sal nie monetêre soewereiniteit wil prysgee nie omrede dit op te veel ander beleidsareas impakteer. Dit word wyd erken dat 'n buitelandse valuta transaksie belasting 'n beduidende stabiliserende invloed op die internasionale monetêre stelsel kan hê, terwyl dit terselfdertyd fondse sal in vir wêreld ontwikkeling. Dis 'n elegante oplossing waarvoor politieke steun wêreldwyd opbou. Die institusionele vergestalting wat benodig word om so 'n belasting te implementeer en administreer is egter nog die onderwerp van vurige debatte. Hierdie is slegs 'n paar van die moontlike maniere waarop die wêreldekonomie oor die kort- tot mediumtermyn hervorm kan word. Oor die langtermyn is die mees waarskynlike uitkoms iets soortgelyk aan 'n losweg gestruktureerde web van instellings wat soortgelyk aan 'n vorm van globale federalisme is.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52866
This item appears in the following collections: