Entrepreneurial attitudes of grade 12 learners : an exploratory study

Burger, Lydia Lynnette (2002-03)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2002.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Entrepreneurship potentially offers to make a contribution to some of South Africa's most crucial problems for instance poverty and an extremely high youth unemployment rate. Furthermore it empowers people not to wait for others or external factors to change their destiny, but to become pro-active. Literature indicates that there is internationally a renewed interest in entrepreneurship (as demonstrated in research and the number of tertiary institutions offering entrepreneurship education), with a resulting sophisticated body of knowledge becoming available. In South Africa limited success was reported on the renewed emphasis on entrepreneurship. Although the proportion of entrepreneurs in the country compares favourably to international figures, the proportion of necessity entrepreneurs (people who start businesses as a result of the absence of other options) is considerably lower than that of other developing countries and the success rate of businesses is below the international average. Entrepreneurs often do not have the business skills needed to identify business opportunities and manage a business. In the development of business attitudes, knowledge and skills formal education received extensive attention, but informal education may play a more important role to build positive attitudes, while practical experience is also essential to skills development. The economic future of South Africa will be closely linked to the emerging generation of entrepreneurs. The research indicated that they are willing to take on the challenges, but need help with developing the necessary knowledge and skills. Special measures should be taken to include people from previously disadvantaged population groups, women and rural areas in skills development programmes.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Entrepreneurskap kan 'n beduidende bydrae lewer om ernstige probleme in die Suid- Afrikaanse samelewing soos armoede en die hoë werkloosheidsyfer onder die jeug te help verbeter. Dit kan ook help om mense te motiveer om self iets aan hulle situasie te probeer doen. Die literatuurstudie het getoon dat daar 'n internasionale golf van belangstelling in entrepreneurskap is. Meer en meer bestuurskole sluit dit in by die vakke wat hulle aanbied en daar is 'n sterk toename in navorsing oor entrepeneurskap. Suid-Afrika is deel van hierdie nuwe golf, maar het nog heelwat uitdagings op hierdie gebied. Die persentasie plaaslike entrepreneurs vergelyk goed met internasionale syfers, maar die aantal mense wat deur nood gedwing word om hulle tot entrepeneurskap te wend, is laer as die gemiddelde persentasie van ontwikkelende lande waarvan die statistiek bekend is. Dit wil ook voorkom asof die persentasie van besighede wat nie in die langtermyn suksesvol is nie, hoër is as die internasionale syfer. 'n Groot persentasie van die sakelui beskik nie oor die vaardighede om sake-geleenthede raak te sien en besighede te bestuur nie. Opleidingsgeleenthede moet nie net fokus op formele opleiding nie, maar moet informele opleiding en geleenthede vir praktiese ervaring insluit. Op ekonomiese gebied gaan die nuwe geslag entrepreneurs 'n beduidende rol speel in Suid-Afrika se toekoms. Die onderhewige navorsing het getoon dat hierdie groep mense gretig is om hierdie uitdagings te aanvaar, maar hulp nodig het om hulle daarvoor toe te rus. Dit is van wesenlike belang dat alle groepe ingesluit moet word in hierdie toerusting, veral groepe wat op die oomblik nog gemarginaliseerd is soos bruin en swart bevolkingsgroepe, vroue en mense van plattelandse gebiede.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52825
This item appears in the following collections: