Die funksie van 'landskap' binne Lettie Viljoen se roman 'Landskap met vroue en slang'

Victor, Madri (2002-03)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2002.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Landskap met vroue en slang, Lettie Viljoen's fifth novel, differ substantionally from her previous novel Karolina Feirrera. Landskap met vroue en slang concentrates on the inner processes of the main character rather than a series of external happenings. Because of the fragmentary presentation, wide reference field and many intertexts critics saw the novel as difficult, complex and challenging. It is clear that the title and cover of Landskap met vroue en slang "landscape," emphasize. In my opinion this serve as a point of orientation for the reader. Landscape not only plays an important roll in the text but also functions as a medium to make the text more accessible. With this research I focus on the function of the different landscapes in the novel. Almost all the reviews of Landskap met vroue en slang focus on the input of Nicolas Poussin, a seventeenth century artist, within the novel. On the cover of the novel is an illustration of two landscape paintings of Poussin. The title also call to mind one of Poussin's landscape paintings, "Landscape with two nymphs and a snake". By looking into the sublime landscape paintings of Poussin, one can come to a better understanding of Lena Bergh, the main character's, inner development. In addition to the sublime landscape as found in landscape paintings of Poussin, the domesticated landscape of gardens and parks, and the body as a landscape also plays an important roll to make the text more accessible. Lena's development during her psychological journey is clearly portrayed through her perception of and association with her garden while in parks and cemeteries she is confronted with issues of her past which she has to work through during her psychological journey. She uses bodily metaphors to get a better understanding of the landscape. The opposite also takes place. Lena uses the landscape to get a better understanding of her own changing body and sexuality. Her psychological journey is completed during the autopsy. Furthermore, one can draw interesting conclusions with regards to Lena's development by looking as how the colonel, a character that can be seen as the opposite of Lena, experience the landscape. In my opinion by focusing on landscape readers can gain a better understanding of this challenging and complex text.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Landskap met vroue en slang (1996), Lettie Viljoen se vyfde roman, verskil grondig van sy voorloper Karolina Feirrera, deurdat die roman eerder op die hoofkarakter se innerlike prosesse as 'n reeks uiterlike gebeure konsentreer. Dit, tesame met die fragmentariese aanbod en wye verwysingsvelde en intertekste wat deur die teks opgeroep word, het veroorsaak dat die roman deur verskeie resensente as moeilik, kompleks en uitdagend beskou is. Uit die titel en buiteblad van Landskap met vroue en slang is dit duidelik dat "landskap" in hierdie roman vooropgestel word. Volgens my bied die titel en buiteblad 'n oriëntasiepunt vir die leser: landskap speel nie net 'n belangrike rol in die roman nie, maar dien ook as sleutel om die teks te ontsluit. In hierdie ondersoek fokus ek op die funksie van landskap in die roman en probeer sodoende die teks vir die leser meer toeganklik maak. In byna al die resensies oor Landskap met vroue en slang, word gewys op die belangrike rol wat Nicolas Poussin, 'n sewentiende eeuse skilder, binne die roman speel. Op die buiteblad van die roman is 'n afbeelding van twee landskapskilderye deur Poussin. Die titel herinner ook aan een van Poussin se landskapskilderye, Landskap met twee vroue en 'n slang. Deur die sublieme landskapskilderye van Poussin te ondersoek, kan belangrike insigte ten opsigte van die hoofkarakter Lena Bergh se innerlike ontwikkeling verkry word. Behalwe die sublieme landskappe soos dit in Poussin se landskapskilderye voorkom, speel die gedomestikeerde landskap van tuine en parke en die liggaam as landskap ook 'n belangrike rol om die teks meer toeganklik te maak. Lena se ontwikkeling tydens haar psigiese reis word duidelik uitgebeeld in haar persepsie van en omgang met haar tuin terwyl sy in parke en begraafplase met inhoude uit haar verlede gekonfronteer word wat sy op hierdie psigiese reis moet deurwerk. Sy gebruik liggaammetafore om 'n beter begrip van en greep op die vreemde Natalse landskap te kry. Die omgekeerde vind egter ook plaas: Lena gebruik die landskap om 'n beter begrip van haar eie veranderende liggaam en seksualiteit te kry. Haar psigiese reis word voltrek deur haar konfrontasie met die liggaam as landskap tydens 'n lykskouing. Deur verder die landskapsbelewing van die kolonel te ondersoek, 'n karakter wat as keersky van Lena beskou kan word, kan insiggewende kommentaar op Lena se beskouing van die landskap en psigiese reis gelewer word. Deur die verskillende landskappe te ondersoek, kan die leser myns insiens 'n beter greep op hierdie uitdagende en komplekse teks kry.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52772
This item appears in the following collections: