Determining the value of a new company with specific reference to the real option pricing theory

De Villiers, Dirk Christiaan (2002-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2002.

Some digitised pages may appear illegible due to the condition of the original hard copy

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: With the trends of business moving away from large, corporate companies to small, flexible and innovative alternatives, the need to value new companies are becoming important. A new company generally does not have substantial historical data available and it is therefore difficult to determine potential revenue streams and hence accurate valuations. The focus of this study is to find an appropriate method to attempt the valuation of a new company and this is explained by means of a case study. Three basic approaches exist to value companies. The Discounted Cash Flow (DCF) method analyses risk and return to estimate a discount rate and presents the value of the company as a Net Present Value (NPV). Relative Valuation methods compare the fundamentals of a company to that of other companies. Contingent Claim Valuation methods base the value of a company on the fact that decisions may be deferred into the future until more information is evident. The basis of this valuation technique is that of Option Pricing Theory in which the Black-Scholes technique and binomial models are used .: This method is normally used on assets that have optionlike features e.g. equity in a company, natural resource rights, product patents or any decision that may be deferred into the future. Decisions (options) deferred may be identified as growth-, staged-, flexibility-, exit-, learning- and expanding options. This is also known as the Real Option Pricing Theory. According to this model the investment proposal may be mapped as a series of call options (Luehrman, 1998a). The amount of money expended in the project corresponds to the option's exercise price (X), the present value of the asset built or acquired corresponds to the stock price (S), the length of time the company can defer the investment decision corresponds to the option's time to expiration (t) and the uncertainty about the future value of the project's cashflow corresponds to the standard deviation of return on the stock (c). Seven steps are used to obtain the value of the call option and the value is reflected by two option-value metries namely the value-to-cost (NPVq) and cumulative volatility (cr--Jt).The two metries are plotteá on a graph (defined as Options Space) in order to visualize and interpret the results. Mushroom Biomedical Systems developed three highly novel and patented products. The company was valued using the conventional OeF method and valued as a staged investment using the Real Option Pricing Theory according to Luehrman's model (1998a). The values of two products are similar using the OeF and Real Options methods. Most of the investment capital was required during the first phases of these products resulting in the investment of the second phases not holding high risks or value. The value of the third product is significantly higher using the Real Options method compared to the OeF. This is ascribed to the forced delay of phase one. The value of this future decision is worth more than the current decision due to expected new information that might arise. By "creating an option" value is added by forcing management to actively make two decisions about the continuation of the project at a future date. Applying Real Option Pricing Theory suggests inherent value in uncertainty when there is freedom to choose different courses of action in the face of different market conditions. With the OeF analysis the impact of risk is seen as depressing the value of the investment. By contrast, real options show that risk can be influenced through managerial flexibility, which becomes a central instrument to create value.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die beweging van die besigheidswêreld vanaf groot korporatiewe maatskappye na kleiner, buigsame en innoverende alternatiewe het 'n behoefte geskep om die waarde van sulke nuwe maatskappye te kan bepaal. 'n Nuwe maatskappy het tipies nie historiese data beskikbaar nie wat die vooruitskatting van potensiële inkomste strome en dus akkurate waardasies moeilik maak. Die fokus van hierdie studie is die bepaling van 'n toepaslike metode om die waarde van 'n nuwe maatskappy te bepaal en dit word deur middel van 'n gevalle studie verduidelik. Drie basiese metodes bestaan om maatskappye te waardeer. Die Verdiskonteerde Kontantvloei Stroom (VKS) metode gebruik risiko en opbrengs om 'n verdiskonteringskoers te bepaal en reflekteer die waarde van die maatskappy as die Netto Teenswoordige Waarde (NTW). Relatiewe Waardasie metodes vergelyk die fundamentele eienskappe van 'n maatskappy met die van ander maatskappye. Die Gebeurlikheids Waardasie metode koppel waarde aan die feit dat besluite uitgestel kan word totdat meer informasie beskikbaar is. Die basis van hierdie tegniek is Opsie Teorie waarin die Black-Scholes tegniek en binomiaal model gebruik word. Hierdie metode word gewoonlik gebruik waar bates "opsie-tipe" eienskappe besit soos aandeelhouding in 'n maatskappy, natuurlike mynregte; produk patente of enige besluit wat uitgestel kan word na 'n datum in die toekoms. Besluite (opsies) wat uitgestel word kan geïdentifiseer word as groei-, stap-vir-stap-, buigbaarheids-, uittree-, lerings- en uitbreidingsopsies. Hierdie metode staan ook bekend as die Ware Opsie Prysings Teorie. Volgens hierdie metode kan 'n beleggingsgeleentheid voorgestel word as 'n reeks koopopsies (Luehrman, 1998a). Die totale uitgawe word voorgestel deur die uitoefeningsprys (X), die teenswoordige waarde van die bate word voorgestel deur die aandeel waarde (S), die tydperk wat die besluit uitgestel kan word, word voorgestel deur die opsie vervaltyd (t), en die onsekerheid van die bate se kontantvloeistroom word voorgestel deur die standaardafwyking van die opbrengs van die bate (c). Sewe stappe word geneem om die waarde van die koopopsie te bepaal wat uitgedruk word deur twee opsiewaarde komponente naamlik waarde-tot-koste (NPVq) en kummulatiewe volatiliteit ((1'Jt). Die twee komponente word grafies voorgestel (genoem Opsie Spasie) om resultate te visualiseer en te interpreteer. Mushroom Biomedical Systems het drie unieke en gepatenteerde produkte ontwikkel. Die maatskappy is met die konvensionele VKS metode gewaardeer en volgens Luehrman (1998a) se Ware Opsie Prysings model as 'n stap-vir-stap opsie gewaardeer. Die waardes van twee van die produkte is dieselfde met die VKS metode en die Opsie Teorie metode. Die meeste van die kapitaal is tydens die eerste fases van die twee produkte benodig met die gevolg dat die tweede fases nie veel risiko of waarde inhou nie. Die waarde van die derde produk is aansienlik meer met die Opsie Teorie metode in vergelyking met die VKS metode. Dit word toegeskryf aan die gedwonge vertraging van fase een. Die waarde gekoppel daaraan om die besluit in die toekoms te neem is meer werd as om die besluit nou te neem a.g.v. verwagte nuwe informasie. Deur hierdie opsie "te skep" word waarde toegevoeg omdat bestuur gedwing word om aktief twee besluite in die toekoms te neem rakende die voortsetting van die projek. Die gebruik van Ware Opsie Prysings Teorie skep 'n inherente waarde wanneer daar verskillende besluite geneem kan word soos mark kondisies verander. Met die VKS metode word risiko gesien as 'n faktor wat waarde laat afneem. In teenstelling hiermee dui die Ware Opsie Teorie dat risiko beïnvloed kan word deur bestuur se vermoëns, wat 'n belangrike instrument is vir waardeskepping.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52759
This item appears in the following collections: