Skryf as terapie by twee vertellers uit 'n postkoloniale bestel : 'n vergelykende studie van Een vlek op de rug deur J. van de Walle en Eben Venter se Foxtrot van die vleiseters

Schoeman, Retha (2001-04)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: A comparative study between a Dutch postcolonial novel, Een vlek op de rug (1963) by J. van de Walle and an Afrikaans post-apartheid novel, Foxtrot van die Vleiseters (1993) by Eben Venter, produces fascinating results. Despite dissimilarities, e.g. the almost thirty years that separate these two texts and the fact that the stories take place in different centuries on different continents, there is an unmistakable unity of intention that binds them together. The similarities are most clearly seen in the criticism of two discriminatory policies, namely that of colonialism and apartheid (which can also be seen as a form of colonialism) respectively. In both novels the narrator attempts to come to terms with the past and his own feelings of guilt. Both narrators write from a socio-politically advantaged position with on the one hand mixed feelings of empathy with the suppressed other and problematic identification with their own group on the other hand. This study investigates ways in which these feelings of guilt manifest and how the storyteller deals with his conflicting emotions through the therapeutic process of telling the story.

AFRIKAANSE OPSOMMING: ’n Vergelykende studie tussen ’n Nederlandse postkoloniale roman, Een vlek op de rug (1963) deur J. van de Walle en ’n Afrikaanse post-apartheid roman Foxtrot van die Vleiseters (1993) deur Eben Venter, lewer boeiende resultate. Ten spyte van verskille soos die tydsgaping van 30 jaar tussen die verskyning van die twee romans en die feit dat die verhale afspeel op twee verskillende kontinente, in twee verskillende eeue, is daar tog sterk ooreenkomste wat ’n vergelykende studie tussen hierdie twee tekste sinvol maak. Die parallel is daarin gelee dat beide romans kritiek wil lewer op ’n onderdrukkende sisteem, hetsy kolonialisme of apartheid (wat ook gesien kan word as ’n vorm van kolonialisme). Die vertellers in beide verhale probeer om, vanuit ’n posisie van sosio-politiese bevoorregting, skuldgevoelens oor die verlede te verwerk. In beide gevalle vertoon die verteller empatie met die onderdrukte ander, maar ’n onoorbrugbare afstand bly enersyds bestaan. Andersyds is daar sprake van ’n problematiese identifisering met die eie groep omdal die verteller homself nie ten voile met hulle kan assosieer nie. In hierdie studie word onder meer aandag bestee aan die wyse waarop hierdie konflikterende skuldgevoelens na vore kom en hoe die onderskeie vertellers probeer om ’n mate van terapie te verkry deur middel van die vertelling.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52453
This item appears in the following collections: