'n Ondersoek na die verbetering van matriksbestuur in GERATEC

Liebenberg, J. G. (Johannes Gideon) (2001-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The increasing demands on modern day organisations in terms of profitability are based on enhanced effectiveness and productivity. Geratec is a specialist catering company with the elderly as target market. The operation of Geratec makes a framework for effective matrix organisation and improvement thereof a matter of utmost importance. The questionnaire that is used in this document is specifically designed according to the framework for an effective matrix organisation. The results of the questionnaire are used to compile a matrix profile for Geratec. Possible problem areas can be identified and addressed accordingly. The problem areas that were identified are as follows: • Performance management, • Remuneration and acknowledgement, • Shared goals, and • Empowerment. According to the results of the questionnaire, the latter is least present in the organisation. Empowerment must therefor be seen as a departure for the establishment of a framework for an effective matrix organisation. The recommendations and suggestions in this document strives to establish the roles of the principal shareholders, who are, • Top management, • Project managers, • Functional managers, • Team players. As concluding remark, this document created awareness at Geratec for the framework of the improvement of matrix management. The improvement of matrix management must be handled with utmost care because of inevitable resistance to change. Visible top management support is therefor of vital importance.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die toenemende eise wat aan moderne organisasies gestel word in terme van winsgewindheid word gebaseer op verhoogde effektiwiteit en produktiwiteit. Geratec is 'n spesialis spysenieringsmaatskappy met bejaardes as die teikenmark. Die funksionering van Geratec maak 'n raamwerk vir effektiewe matriks organisasie en die verbetering daarvan, onontbeerlik. Die vraelys wat in hierdie dokument gebruik word, is ontwerp volgens die raamwerk vir 'n effektiewe matriks organisasie. Die resultate van die vraelys word gebruik vir die samestelling van 'n matriks profiel vir Geratec. Identifikasie en regstelling van probleemareas word sodoende moontlik gemaak. Geïdentifiseerde probleemareas by Geratec is as volg: • Prestasiebestuur • Vergoeding en erkenning, • Gemeenskaplike doelwitte, en • Bemagtiging. Laasgenoemde verg volgens die resultate van die vraelys die meeste aandag. Bemagtiging moet dus as die vertrekpunt vir die daarstelling van 'n raamwerk vir 'n effektiewe matriks organisasie gesien word. Die aanbevelings en voorstelle in hierdie dokument strewe na die vestiging van die rolle van die hoof aandeelhouers, naamlik: • Topbestuur • Projekbestuurders • Funksionele bestuurders • Spanlede Ten slotte word daar deur hierdie dokument 'n bewustheid geskep by Geratec vir 'n raamwerk vir die verbetering van matriksbestuur. Die verbetering van matriksbestuur moet versigtig aangepak word as gevolg van die onvermydelike weerstand teen verandering. Waarneembare ondersteuning van Topbestuur is dus essensieel.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52364
This item appears in the following collections: