Konsultasiewerk in klein- en mikro-ondernemings

Botha, Andries Petrus Stephanus (2001-03)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This assignment attempts to create a framework on the model of the business plan which consultants can use when consulting small and micro enterprises. Business consultation has been put in perspective and the most important characteristics of it have been highlighted. The most important skills that a consultant need have been mentioned and the importance of interpersonal relationships in the consultant client relationship has been pointed out. The consultation process has been investigated and after that the different phases in the consultation process has been highlighted. The conclusion has been reached that the arising of conflict between the consultant and the owner/manager when consulting small and micro enterprises, is one of the biggest dangers. A detailed framework in the form of a business plan has been suggested which can be used to help small and micro enterprises to identify problems.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die werkstuk poog om aan die hand van die sakeplan 'n raamwerk daar te stel wat konsultante kan gebruik wanneer konsultasie by klein- en mikro-ondernemings gedoen word. Bestuurskonsultasie is in perspektief gestel en belangrike kenmerke daarvan is uitgelig. Die belangrikste vaardighede waaroor 'n konsultant moet beskik is aangehaal en die belangrikheid van interpersoonlike verhoudings in die konsultant en kliëntverhouding is uitgewys. Die konsultasieproses is ondersoek en daarna is die verskillende fases in die konsultasieproses toegelig. Die gevolgtrekking word gemaak dat die ontstaan van konflik tussen die konsultant en die eienaar/bestuurder tydens konsultasie by klein- en mikro-ondernemings, een van die grootste gevare is. 'n Omvattende raamwerk in die vorm van 'n sakeplan is voorgestel wat die konsultant kan gebruik om die klein- en mikro-onderneming te help om probleme te identifiseer.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52318
This item appears in the following collections: