A model for determining management training needs of an organisation via distance education technologies : with Medi-Clinic as a case study

Van Rooyen, Marleen (2001-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on the development of a research model for the University of Stellenbosch (US), which will facilitate the marketing and implementation of DE programmes for organisations. More leading-edge organisations are utilising distance education (DE) modes to capitalise on advantages such as rapid assimilation of learning material and the reduction in costs in the long term. An organisation in the health sector was chosen for the application of the model. The health sector faces numerous challenges, prospects and opportunities. The research model's framework is therefore utilised to establish the training needs of the Medi-Clinic hospital group's managers. The results of the research conducted in this study indicate that Medi-Clinic's work environment seems to be favourable for management training programmes to be implemented via DE technologies. Their managers in general favour training to be delivered via more dependent modes. Managers identified mainly direct contact and interaction with the lecturer by means of traditional training and face-to-face contact (TV) as their first choice. Interactive video, computer with instructor involvement, and DE via videotapes were predominantly the managers' second choice. The managers' third choice was primarily computer without instructor involvement, CD-ROM and correspondence. From this study it is also clear that Medi-Clinic's different managerial groups prefer different training modes. Independent DE modes are in general more popular among their higher levels of management. This study can serve as the basic model, which can, with further refinement, be used by the University of Stellenboseh's Distance Education Division as a support tool for the development, marketing and implementation of programmes.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op die ontwikkeling van 'n navorsingsmodel vir die Universiteit van Stellenbosch (US). Die oogmerk van die model is om die bemarking en implementering van afstandsonderrigprogramme vir organisasies te fasiliteer. Organisasies maak toenemend gebruik van afstandsonderrigmetodes om voordele soos vinnige assimilasie van opleidingsmateriaal en die vermindering van koste op lang termyn daaruit te put. 'n Organisasie uit die gesondheidsektor is gekies vir die toepassing van die model. Die gesondheidsektor staar vele uitdagings, vooruitsigte en geleenthede in die gesig. Die navorsingsmodel se raamwerk is daarom gebruik om die opleidingsbehoeftes van die Medi- Clinic hospitaalgroep se bestuurders te bepaal. Uit die resultate van hierdie navorsing blyk dit dat Medi-Clinic se werksomgewing gunstig is vir die implementering van bestuursopleidingsprogramme deur middel van afstandsonderrigmetodes. Bestuurders het hoofsaaklik direkte kontak en interaksie met die dosent deur middel van tradisionele opleiding en persoon-tot-persoon- (TV) kontak as hul eerste keuse geïdentifiseer. Interaktiewe video, rekenaar met instrukteurbetrokkenheid en afstandsonderrig deur middel van videokassette was oorwegend bestuurders se tweede keuse. As derde keuse is rekenaar sonder instrukteurbetrokkenheid, CD-ROM en korrespondensie oor die algemeen gekies. Uit hierdie studie is dit ook duidelik dat Medi-Clinic se verskillende bestuursgroepe, verskillende opleidingsmetodes verkies. Onafhanklike afstandsonderrigmetodes is oor die algemeen meer gewild onder hoër vlakke van bestuur. Hierdie studie kan as 'n basiese model dien, wat met verdere verfyning gebruik kan word as 'n ondersteuningsinstrument om afstandsonderrigprogramme vir die Universiteit van Stellenbosch te ontwikkel.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52086
This item appears in the following collections: