A marketing plan for the export of citrus products to the People's Republic of China

Du Toit, Jacobus Stephan (2001-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Bruce Sherr, commodities research expert, asked the question: "What are the three things that drive global agriculture today?" "China, China, China", he quoted in answering his own question. China has 1,2 billion people with tremendous purchasing power and has maintained an economical growth rate of more than 8% over the past five years. All indications are that this growth rate will be sustained in the immediate future. This naturally makes China an export market worth considering. The South African citrus industry underwent material changes during 1997, which lead to the deregulation of a single marketing structure from the 1st of January 1998 that previously forced citrus producers to deliver all their citrus for export to Outspan, now Capespan. This caught the majority of citrus producers off-guard, as they suddenly had to decide among numerous agents/buyers who joined the industry as role players. A few of the smaller citrus producers even embarked on the direct marketing of their citrus to cut out the "middle man" in an attempt to save costs and negotiate higher prices, with mixed results. It is generally believed that better prices can be achieved by embarking on a direct marketing strategy, but is the process really that simple? This study will investigate the possible exportation of citrus to the People's Republic of China (PRC) by analysing the Chinese market as citrus exports to China has yielded acceptable returns in the past and is certainly an export market to consider. The analysis of the Chinese market will be followed by the broad design of an export marketing plan for citrus to the PRC using a medium sized citrus export company as an example. In conclusion and as a summary certain important issues impacting specifically on the export of South African citrus to the PRC will be addressed and the findings on the viability of implementing an export strategy for citrus to the PRC recommended.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Bruce Sherr, 'n kenner op die gebied van navorsing van kommoditeite het eendag die vraag gevra: "Watter drie dinge dryf die wêreldlandbou deesdae?" "China, China, China" het hy self sy vraag geantwoord. China beskik oor 1,2 biljoen inwoners met 'n ongelooflike koopkrag en handhaaf 'n ekonomiese groeikoers van meer as 8% per jaar oor die laaste 5 jaar. Alle aanduidings is dat hierdie groeikoers volhou sal word vir die afsienbare toekoms. Hierdie feite maak van China 'n vanselfsprekende mark om te oorweeg vir die uitvoer van produkte. Die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf het geweldige veranderings ondervind gedurende 1997, wat gelei het tot die afskaffing van 'n een-kanaalbemarkingstruktuur vir sitrus vanaf 1 Januarie 1998, wat voorheen sitrusprodusente verplig het om alle sitrus vir die uitvoermark aan Outspan, nou Capespan, te lewer. Hierdie wysiging het die meeste sitrusprodusente onkant gevang wat skielik 'n keuse moes maak tussen die menigte agente/kopers wat tot die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf toegetree het. Sommige van die kleiner sitrusprodusente het selfs hul hand aan direkte bemarking gewaag in 'n poging om die "middelman" uit te skakel in 'n poging om koste te bespaar en hoër pryse te beding, met gemengde welslae. Daar word algemeen geglo dat hoër pryse behaal sal kan word deur 'n direkte bemarkingstrategie te volg, maar is die proses werklik so eenvoudig? Hierdie studie sal die moontlike uitvoer van sitrus na die Peoples Republic of China (PRC) ondersoek deur die Chinese mark te analiseer, aangesien sitrusuitvoere na China in die verlede 'n aanvaarbare opbrengs gelewer het, wat dit sekerlik 'n uitvoermark maak om te oorweeg. Die analise van die Chinese mark sal opgevolg word deur die breë ontwerp van 'n uitvoerbemarkingsplan vir sitrus na die PRC deur 'n mediumgrootte sitrusuitvoermaatskappy te neem as voorbeeld. Ter afsluiting en opsomming sal sekere belangrike aspekte wat 'n invloed kan uitoefen op die uitvoer van Suid-Afrikaanse sitrus na die PRC aangespreek word en sal daar 'n finale bevinding gemaak word oor die lewensvatbaarheid van die implimentering van 'n uitvoerbemarkingstrategie vir sitrus na die PRC.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52083
This item appears in the following collections: