The relevance of outsourcing in construction project management companies : a literature study

Venter, J. J. (Johan Jacobus) (2000-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2000.


ENGLISH ABSTRACT: This research project focuses on the relevance of outsourcing in construction project management companies, and will be conducted in the field of project management, for it is closely related to matrix management and other project management elements. The primary aim of this study is to review and summarise some of the more important literature on outsourcing published in various sources during the past decade. Similar literature related to project management would also be studied in order to relate the mostly generic articles on outsourcing to the field of Project Management. A number of general conclusions will be drawn on the basis of similarities encountered in the various published works. The research is divided into the following sections: • An introduction, explaining the relationship between outsourcing, project management and a construction project management company. • The definition of a construction project management company. This entails a description of a construction project management company and the organisational structure of such a company. The properties and advantages of a matrix organisation structure are also discussed, because of the close resemblance between a construction project management company's organisational structure and that of a pure matrix organisation structure. • The definition of outsourcing, to enable the reader to comprehend the title of this research project. The difference between outsourcing and traditional subcontracting is explained, and drivers of the outsourcing process are identified. • The relevance of outsourcing in construction companies is then investigated. This involves the study of the formulation and implementation of a successful outsourcing strategy, the establishing of core and non-core activities and the outsourcing of these activities, specifically in a construction project management company. • The relationship between outsourcing and project success is then studied. In this process, both project success and the critical success factors are investigated and defined that are crucial to the successful implementation of an outsourcing strategy, together with its advantages and disadvantages. • All stakeholders play an important role in the implementation of an outsourcing strategy. It is therefore important to define the roles of the directors, operations manager, resource manager and project managers in this process. • In conclusion emphasis is placed on the fact that all construction companies will have to adopt this strategy or a similar one to become a true virtual construction company, thus a construction project management company, if their aim is to be successful by international standards.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studieprojek fokus op die toepaslikheid van uitkontraktering in konstruksieprojekbestuurmaatskappye. Die studie sal onderneem word in die veld van projekbestuur aangesien dit in nou verband staan met matriksbestuur en ander projekbestuur elemente. Die hoofdoel van die studie is om van die belangrikste literatuur oor hierdie onderwerp wat oor die afgelope dekade gepubliseer is, te bestudeer en op te som. Soortgelyke literatuur oor projekbestuur sal ook bestudeer word om die onderwerp van toepassing te maak op projekbestuur, aangesien die artikels oor uitkontraktering meestal generies van aard is. Gevolgtrekkings sal gemaak word na aanleiding van ooreenkomste tussen die verskillende gepubliseerde werke. Die studieprojek sal verdeel word in die volgende gedeeltes: • 'n Inleiding wat die verband aantoon tussen uitkontraktering, projekbestuur en 'n konstruksie-projekbestuurmaatskappy. • Die definisie van 'n konstruksie-projekbestuurmaatskappy. Dit behels onder meer 'n beskrywing van 'n konstruksie-projekbestuurmaatskappy en die organisasiestruktuur van so 'n maatskappy. Die eienskappe en die voordele van 'n matriks-organisasiestruktuur word ook bespreek, aangesien daar 'n sterk ooreenkoms is tussen die organisasiestruktuur van 'n konstruksieprojekbestuurmaatskappy en 'n suiwer matriks-struktuur. • Uitkontraktering word gedefinieer sodat die leser 'n geheelbeeld kan skep t.o.v. die titel van hierdie studieprojek. Die verskil tussen uitkontraktering en tradisionele subkontraktering word verduidelik en die drywers van uitkontraktering word geidentifiseer. • Die toepaslikheid van uitkontraktering in konstruksie-projekbestuurmaatskappye word dan ondersoek. Die studie omvat die formulering en toepassing van 'n suksesvolle uitkontrakteringstrategie, die bepaling van kern en nie-kern aktiwiteite, en die uitkontraktering van hierdie aktiwiteite, spesifiek in die geval van 'n konstruksie-projekbestuurmaatskappy. • Die verband tussen suksesvolle uitkontraktering en projeksukses word ook ondersoek. In die proses word projeksukses, die kritieke suksesfaktore met die toepassing van 'n uitkontrakteringstrategie en die voor- en nadele van uitkontraktering gedefinieer en ondersoek. • Alle aandeelhouers speel 'n belangrike rol in die toepassing van 'n uitkontrakteringstrategie. Dit is dus belangrik om die rol van die direkteure, operasionele bestuurder, hulpbronbestuurder en die projekbestuurders te definieer en te identifiseer. • In die slotsom van die studieprojek word beklemtoon dat alle konstruksieprojekbestuur- maatskappye hierdie of 'n soortgelyke strategie sal moet volg indien hulle in die toekoms suksesvol wil wees.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL:
This item appears in the following collections: