n Waardeketting ontleding van die Suid-Afrikaanse wynbedryf

Meissenheimer, Dirk Johann (2000-12)

Thesis (MAgricAdmin.)--Stellenbosch University, 2000.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The South African wine industry produces a million tons of grapes annually and supports approximately 300 000 people, including dependants. For the biggest part of the zo" century the industry was governed by a system of statutory control, being isolated from the international market by politically-induced sanctions. As a result the main focus of the industry was on the domestic market and the value chain was structured to produce volume. In the 1990's, the removal of sanctions and statutory control, together with the global shift towards free international trade, created a new operational environment for the South African wine industry. New opportunities and threats emerged for the industry. This dissertation starts by creating a theoretical base for the value chain, including value chain management and the transaction costs that influence the economics of the value chain. The domestic wine market is stable, thus future growth of this industry will depend on exports. Chapter three identifies the characteristics of the international wine market, as well as the major trends in global wine consumption. This is followed by a discussion on the four primary drivers in the international wine industry along with an overview of the value chains of leading wine-producing countries. Chapter four commences with a historical overview of the development of the South African liquor industry. This is followed by a discussion on how the reopening of the international market, influenced the structure and composition of the value chain in the South African wine industry. The purpose of this chapter is to outline the value chain of the South African wine industry, stress problems and to investigate the international competitiveness of the chain. It is concluded by identifying the strengths and weaknesses in the value chain. The strengths in the chain were then used to create opportunities, while the weaknesses were used to highlight threats that give rise to transaction costs. The ownership structure and composition within the value chain of the South African wine industry, is the product of the current institutional structure of the industry. The current structure creates transaction costs in the respective links of the value chain. Chapter five identifies 34 problems that cause transaction costs, along with the implications for the wine industry. From these problems, strategies are derived that will enhance the international competitiveness·of the chain, inducing a greater focus on the market. Chapter five concludes by looking at five international markets, with practical suggestions for the future vision of the value chain in the South African wine industry.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse wynbedryf produseer jaarliks gemiddeld 'n miljoen ton druiwe en voorsien 'n bestaan aan ongeveer 300 000 persone. Die bedryf het vir die grootste gedeelte van die 20ste eeu gefuksioneer onder 'n stelsel van statutêre beheer en was as gevolg van politieke sanksies ge-isoleer van die internasionale mark. Die waardeketting van die wynbedryf was gestruktureer om volume te produseer en hoofsaaklik gefokus op die binneland as mark. Met die verwydering van statutêre beheer en sanksies, gepaardgaande met die globale verskuiwing na vrye internasionale handel gedurende die 1990's, het die waardeketting van die Suid-Afrikaanse wynbedryf skielik 'n nuwe operasionele omgewing betree. Dit het aan die bedryf nuwe geleenthede en bedreigings gebied. Die tesis begin deur 'n teoretiese basis te skep van 'n waardeketting, die bestuur daarvan en transaksiekostes wat die ekonomie van 'n waardeketting beïnvloed. Die plaaslike mark vir wyn het gestabiliseer en toekomstige groei van die Suid-Afrikaanse wynbedryf is afhanklik van uitvoere. In hoofstuk drie word na die kenmerke van die internasionale wynomgewing waarin die Suid-Afrikaanse wynbedryf meeding, en die belangrikste globale wynverbruiks tendense gekyk. Die vier primêre drywers in die internasionale wynbedryf word bespreek gevolg deur 'n kort oorsig oor die waardekettings van leier produserende wynlande. Hoofstuk vier begin deur 'n historiese oorsig oor die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse drankbedryf te gee. Dit word gevolg deur na die invloed te gaan kyk wat die heropening van internasionale markte op die struktuur en samestelling van die waardeketting in die Suid- Afrikaanse wynbedryf gehad het. Die doel van die hoofstuk is om 'n beskrywing van die waardeketting in die Suid-Afrikaanse wynbedryf te gee, probleme te identifiseer en die mededingendheid van die ketting internasionaal te ondersoek. Die hoofstuk word afgesluit deur sterk- en swakpunte in die waardeketting van die Suid-Afrikaanse wynbedryf af te lei. Uit die sterkpunte is geleenthede vir die bedryf geïdentifiseer, en vanuit die swakpunte is bedreigings wat aanleiding gee tot transaksiekostes, geïdentifiseer. Eienaarskapstrukture en eiendomsverhoudings binne die waardeketting van die Suid- Afrikaanse wynbedryf is die gevolg van die institusie waarbinne die bedryf oor tyd ontwikkel het. Die manier wat die ketting egter tans gestruktureer is bring transaksiekostes binne die onderskeie skakels in die ketting mee. In hoofstuk vyf word 34 probleme wat transaksiekostes genereer, met die onderskeie implikasies vir die bedryf, geïdentifiseer. Vanuit die probleme word strategiese opsies geïdentifiseer wat die ketting internasionaal meer mededingendheid sal maak, met grootter markgerigtheid. Die hoofstuk word afgesluit deur na vyf markte te gaan kyk, met praktiese voorstelle, waar die waardeketting van die Suid- Afrikaanse wynbedryf homself behoort te fokus.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/51858
This item appears in the following collections: