Investigation into the adaptations to be made to 'conventional' management systems to enable project management to be applied successfully : a literature study

Williams, K. B. (2000-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2000.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This research project investigates potential solutions for organizations to implement and utilize project management successfully. The focus is on changes required to "conventional" (functionally structured) management systems, in order to achieve project success. This area of investigation is becoming of critical importance to organizations, for two primary reasons: • The ever-increasing magnitude, complexity and multi-disciplinary nature of projects, compounded by a relentless pursuit of more efficient and effective operating procedures, and • The dynamic, uncertain and risky modem business environment, as highlighted by factors such as globalization, rapid technological change and a turbulent economic climate. The topic spans a number of management fields (including organizational development, strategic management and people management) within the broader context of project management. The study consists of a literature review of approximately 80 books and articles, as well as research conducted on relevant Internet-sites. These sources contain the views and findings of leading authors in the abovementioned fields of expertise. The research project is broken down into the following chapters: ~ General introduction to the research topic. ~ Overview of the functional organization; definition of projects; definition and description of project management, project success and the measurement thereof; discussion of environmental factors that make the utilization of project management desirable. ~ Consideration of potential solutions, including a description and evaluation of various organizational structures within the context of project management; emphasis is placed on matrix management and the building of cross-functional communication and coordination. Development of a strategy for the implementation of project management, encompassing: identification of the current organizational structure and culture; determination of the desired/optimal structure; identification of the interventions required to facilitate this transition. Attention is paid to the driving and restraining forces for change, as well as critical success factors. ~ Discussion of transitional management, with emphasis on the important inter-relationship between structure, culture, systems and processes. ~ Conclusions and recommendations summarize the main issues that need to be addressed. The following review is by no means exhaustive, because of the vast amount of literature available on project management and sciences related to this field of study. However, it serves as a comprehensive overview of organizational change to facilitate the successful implementation of project management.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingsprojek ondersoek moontlike oplossings, vir benutting deur organisasies, ter suksesvolle implementering en benutting van projekbestuur. Fokus is geplaas op die nodige veranderinge wat in konvensionele (funksioneel gestruktureerde) bestuurstelsels moet plaasvind om sodoende projeksukses te behaal. Hierdie ondersoekgebied word van kritiese belang vir organisasies, as gevolg van twee primêre redes: • Die toenemende omvang, kompleksiteit en veelvuldige dissiplines van projekte, vererger deur 'n ononderbroke strewe na groter effektiwiteit en doeltreffendheid ten opsigte van operasionele prosedures, en • Die dinamika, onsekerheid en risiko verbonde aan die moderne besigheidsomgewing, soos onderskryf deur faktore soos globalisering, snelle tegnologiese verandering en 'n onseker ekonomiese klimaat. Die onderwerp omvat verskeie bestuursvakgebiede (insluitend organisasie-ontwikkeling, strategiese bestuur en mensebestuur) binne die konteks van projekbestuur. Die studie sluit in 'n literatuuroorsig van ongeveer 90 boeke en artikels, asook navorsingpublikasies op toepaslike Internet-kuberruimtes. Hierdie bronne sluit in die sienings en bevindings van vooraanstaande outeurs in die bogenoemde vakgebiede. Die navorsingsprojek bestaan uit die volgende hoofstukke: ~ Algemene inleiding ten opsigte van die navorsingsonderwerp ~ Oorsig van die funksionele organisasie, definisie van projekte, definisie en beskrywing van projekbestuur, projeksukses en die meting daarvan; bespreking van die omgewingsfaktore wat die gebruik van projekbestuur wenslik maak ~ Oorwegings van moontlike oplossings, insluitend 'n beskrywing en evaluasie van verskeie organisasiestrukture binne die konteks van projekbestuur; daar is klem geplaas op matriksbestuur en die bou van kruisfunksionele kommunikasie en - koordinasie ~ Ontwikkeling van 'n strategie vir die implementering van projekbestuur wat insluit: identifikasie van bestaande organisasiestruktuur en -kultuur; bepaling van die verlangde/optimale struktuur; identifisering van nodige intervensies om hierdie transformasie te fasiliteer. Aandag is geskenk aan die dryf- en stremmingsfaktore ten opsigte van verandering, asook kritiese suksesfaktore ~ Bespreking van oorgangsbestuur, met die klem op die belangrike onderlinge verband tussen struktuur, kultuur, stelsels en prosesse ~ Gevolgtrekkings en aanbevelings som die belangrikste vraagpunte, wat aangespreek moet word, op. As gevolg van die ontsaglike hoeveelheid beskikbare literatuur oor projekbestuur en verbandhoudende wetenskappe, is die volgende oorsig nie veelomvattend nie. Dit dien wel as 'n omvattende/uitgebreide oorsig van organisatoriese verandering soos toegepas om die suksesvolle implementering van projekbestuur te fasiliteer.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/51804
This item appears in the following collections: