Faktore wat die prys van koring in die Wes-Kaap bepaal en die effek daarvan op die bemarkingstrategie van landbouers

Smit, Niklaas Jacobus (2000-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2000.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Before 1930 the marketing of most agricultural products took place in a market environment. The agricultural marketing boards were establish in 1930, for example the Wheat Board and Maize Board. The Maize Board was establish in 1931 as a advisory board for the Government on marketing of maize. The need for a Maize Board was due to the shortfalls in marketing of maize. The most important shortfalls were the lack of marketing information and a mechanism to manage price risks, as well as price fluctuations. On the 2 October 1996 an Act on the Marketing of Agricultural Products Act 47 of 1996 was published in the Government Gazette. With this act the deregulation of the Agricultural Marketing Boards started. The cause of this was that agricultural products were back in a market environment. The act have specific aims, namely the increasing of market involvement for all roleplayers, the promotion of the efficiency of the marketing of agricultural products, the optimizing of export turnover for agricultural products and the strengthening of the viability of the agricultural sector. Naisbitt and Aburdene (1990:96) documented the folowing as one of the international trends (Megatrends): "The world is undergoing a profound shift from economies run by governments to economies run by markets". The efficiency of a market economy is illustrated in China: Only four percent of the arable land of China is cultivated by small farmers. The rest of the arable land is governmentowned farms. The Chinese government is slowly doing away with these government farms. The small farmers, their workers and their dependents make up 800 million people. They produced a third of the meat and milk and half of China's potatoes (Naisbitt & Aburdene, 1990:104). The producers in the Western Cape are not use to the situation as it was before 1930. The free market is an unknown territory for them. All the roleplayers in the market need to develop skills to train the producers on risk involved with this market environment. The author hope to help the process on the way with this thesis.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die bemarking van die meeste landbouprodukte het tot ongeveer 1930 in 'n markomgewing plaasgevind. Vanaf 1930 is landboubemarkingsrade ingestel, waarvan die Mielieraad en Koringraad enkeles is. Die Mielieraad is in 1931 gestig, aanvanklik as 'n adviesraad vir die Regering omtrent die bemarking van mielies. Die behoefte aan die Mielieadviesraad het ontstaan vanweë gebreke in die mark. Die vernaamste gebreke was onder andere gebrekkige markinligting, die afwesigheid van meganismes om prysrisiko mee te bestuur en prysskommelinge wat buite verhouding was. Die gevolg van die instelling van die Mielie-adviesraad was die omvorming daarvan na die Mielieraad in 1945. Die Mielieraad was beklee met statutêre bemarkingsbevoegdhede. Op 2 Oktober 1996 is die Wet op Bemarking van Landbouprodukte Wet 47 van 1996 in die Staatskoerant gepubliseer. Hierdie wet maak voorsiening vir die deregulering van die Landboubemarkingsrade. Die gevolg hiervan is dat die bemarking van Landbouprodukte weer in 'n markomgewing geplaas word soos voor 1930. Die wet het bepaalde oogmerke, naamlik die vergroting van marktoegang vir alle markdeelnemers, die bevordering van die doeltreffendheid van die bemarking van landbouprodukte, die optimalisering van uitvoerverdienste vir landbouprodukte en die versterking van die lewensvatbaarheid van die landbousektor. Die bevryding van die bemarking van landbouprodukte plaas die Suid-Afrikaanse landboubedryf midde-in 'n markomgewing. Naisbitt en Aburdene (1990:96) dokumenteer juis bogenoemde as een van die internasionale neigings ("Megatrends") wanneer hul skryf: "The world is undergoing a profound shift from economies run by governments to economies run by markets ". Die doelmatigheid van 'n markekonomie word geïllustreer deur China as 'n voorbeeld te gebruik: Slegs vier persent van die bewerkbare oppervlakte van China word bewerk as kleinboere. Die res van die bewerkbare grond word deur staatsbeheerde boerderye bewerk. Die Chinese regering is toenemend besig om weg te doen met staatsbeheerde boerdery. Die kleinboere, hulle werkers en hulle afhanklikes verteenwoordig 800 miljoen mense. Hulle produseer 'n derde van China se vleis en melk en die helfte van die aartappels verbruik, dit op slegs vier persent van die bewerkbare oppervlakte (Naisbitt & Aburdene, 1990:104). Produsente in die Wes-Kaap wat aan die omstandighede soos voor 1930 gewoond was, is dun gesaai. Daar is dus boere wat onbekend is aan 'n vrye markomgewing. 'n Groot opvoedingstaak rus op die skouers van rolspelers in die mark om produsente so op te lei en die regte leiding te gee, dat hul voorberei kan wees op al die risiko's wat saam met deregulering gekom het. Die skrywer hoop om met hierdie werkstuk 'n klein bydrae te lewer om hierdie proses aan te help.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/51760
This item appears in the following collections: