Die verband tussen koherensie en die benutting van ondersteuningsbronne deur eerstejaarstudente

Wickens, Liesl (2000-12)

Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2000.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The primary aim of this research project was to determine the relationship between the way students experience family and personal coherence and the extent to which students used potential sources of support. A secondary aim was to determine the relationship between the way the students and their parents experience the type of coping strategies used by the family during crisis situations. A Biographical questionnaire, Use of Resources Questionnaire, Orientation to Life Questionnaire (OLQ), Family Sense of Coherence Scale (FSOC) and the Family Crisis Oriented Personal Evaluation Scale (F-COPES) were completed by 145 first-year students at the University of Stellenbosch. Only the FSOC and the F-COPES scales were completed by parents. The results show that there is a significant positive relationship between the way students experience family and personal coherence and the importance of using sources of support. It was found that female students have a stronger sense of family coherence than male students. Significant differences were found between the experience of students and their parents of the type of coping strategies used by the family during crisis situations. Significant differences were found specifically between the way students and their parents experience obtaining social support, mobilising the family to get and accept help and the passive appraisal of a problem. The results of the research have important implications for the development and implementation of support groups and also social and life skills programmes at secondary and tertiary training establishments.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoofdoelstelling van hierdie ondersoek was om die verband te bepaal tussen studente se belewing van gesins- en persoonlike koherensie en die mate waarin studente potensiële ondersteuningsbronne benut het. 'n Sekondêre doelstelling was om die verband tussen die studente en hulouers se belewing van die tipe hanteringstrategieë wat deur die gesin tydens krisissituasies gebruik word, te bepaal. 'n Biografiese vraelys, Benutting van bronne vraelys, Lewensoriënteringsvraelys (Orientation to life Questionnaire (OLQ)), Gesinskoherensieskaal (Family Sense of Coherence Scale (FSOC)) en 'n Gesinskrisisgeoriënteerde Persoonlike Evaluasieskaal (Family Crisis Oriented Personal Evaluation Scale (F-COPES)) is voltooi deur 145 eerstejaarstudente aan die Universiteit van Stellenbosch. Slegs die FSOC en F-COPES skale is deur ouers voltooi. Die resultate dui daarop dat daar 'n beduidend positiewe verband bestaan tussen studente se belewing van gesins- en persoonlike koherensie en die belangrikheid van die benutting van ondersteuningsbronne. Daar is gevind dat vroulike studente 'n sterker belewing van gesinskoherensie as manlike studente het. Beduidende verskille is gevind tussen die studente en hulle ouers se belewing van die tipe hanteringstrategieë wat deur die gesin tydens krisissituasies gebruik word. Beduidende verskille is gevind spesifiek tussen die studente en hulle ouers se belewing van die gesin se verkryging van sosiale ondersteuning, die mobilisering van die gesin om hulp te verkry en te aanvaar, en die gesin se passiewe waardering van 'n probleem. Die navorsingsresultate het belangrike implikasies vir die ontwikkeling en implementering van ondersteuningsgroepe asook sosiale en lewensvaardigheidsprogramme aan sekondêre en tersiêre opleidingsinstansies.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/51726
This item appears in the following collections: