Die korttermyneffek van 'n lewensvaardigheidsprogram op die selfkonsep en lokus van kontrole van jeugoortreders by 'n gevangenis in die Wes-Kaap

Date
2000-03
Authors
Van Zyl, Mariette
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In the research project reported below, the researcher investigates the shortterm effect. of a life skills program, Free to Grow, on the self-concept and locus of control of juvenile offenders in the Allandale-prison, by means of the following questionnaires: the Greeff Self-concept Questionnaire, the Nowicki-Strickland Locus of Control Scale for Children and the Desired-Undesired Eve.nts Locus of Control Scale. The life skills program is based on experiential learning principles and focusses on self-development and the acquisition of a wide spectrum of social skills. The 21 subjects participating in the project were divided into two groups: The experimental group consisting of 11 subjects participated in the program over a two week-period for altogether 32 hours, while the remaining 10 subjects formed the control group. The most important findings of the study were that the program participants' self-concept showed no statiscally meaningful improvement, but their locus of control as measured by the Nowicki Strickland Locus of Control Scale for children, made a statistically meaningful internal shift. The study concludes with important recommendations for follow-up studies.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In die onderstaande studie is die korttermyneffek van 'n lewensvaardigheidsprogram, Free to Grow, op die selfkonsep en lokus van kontrole van jeugoortreders in die Allandale-gevangenis ondersoek met behulp van die volgende vraelyste: die Greeffselfkonsepvraelys, die Nowicki-Strickland Lokus van Kontrole Skaal vir Kinders en die Wenslike en Onwenslike Gebeurtenisse Lokus van Kontrole Skaal. Die program is gebaseer op eksperensiële leerbeginsels en fokus op selfontwikkeling en die aanleer van 'n wye spektrum van sosiale vaardighede. Die 21 subjekte wat aan die projek deelgeneem het, is in twee groepe verdeel: Die eksperimentele groep bestaande uit 11 subjekte het oor 'n periode van twee weke vir altesaam 32 uur die program deurloop, terwyl die oorblywende 10 subjekte die kontrolegroep gevorm het. Die belangrikste bevindings van die studie was dat die programdeelnemers se selfkonsep nie statisties betekenisvol verbeter het nie, maar dat hulle lokus van kontrole, soos gemeet deur die Nowicki-Strickland Lokus van Kontrole Skaal vir Kinders, wel statisties beduidend meer intern geword het na afloop van die program. Die studie word afgesluit met belangrike aanbevelings vir opvolgstudies.
Description
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2000.
Keywords
Juvenile delinquents, Locus of control, Life skills, Self-esteem, Dissertations -- Psychology
Citation