A wideband signal conditioning system for high voltage measurements using a transconductance topology

Agjee, F. M. D. E. (Faatima, Moosa, Dawood, Ebrahim) (2000-03)

Thesis (MScEng)--Stellenbosch University, 2000.


ENGLISH ABSTRACT: Recent research has shown that standard substation capacitive voltage transformers (CVTs) and current transformers (CTs) can be used for the measurement of wideband high voltage phenomena by employing these apparatus in a transconductance topology. With this topology the voltage waveform can be obtained by integration of the ground return current in the earth straps of the CVT and the CT. This technique does, however, impose unique requirements on the amplification and integration instrumentation due to large dynamic range requirements and the strict offset specifications required for accurate integration. This thesis describes a programmable, wideband signal conditioning system for high voltage (HV) measurements using the transconductance topology. A suitable system topology, optimised to reduce the problems usually associated with grounding and electromagnetic interference (EMI) in HV environments, is proposed. This system consists of an analog signal conditioning subsystem, a digital signal conditioning subsystem and a high speed serial fibre-optic link. The analog signal conditioning subsystem conditions the signals from a sensor to levels suitable for the digitiser of the digital signal conditioning subsystem. The high bandwidth specification of the application made it necessary to consider both discrete and integrated implementation of the analog signal conditioning subsystem. Based on the simulated and laboratory test results of both implementations, the optimum design was chosen for the developed system. The digital signal conditioning subsystem, which performs the integration, as well as the serial optic-fibre link control logic was implemented using programmable logic array (PLA) technology. The digital data is transmitted across the fibre-optic link. This data is then converted back to an analog signal. Keywords: High voltage measurements, Transconductance topology.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Onlangse navorsing het aangetoon dat standaard substasie kapasitiewe spanningstransformators en stroomtransformators gebruik kan word om wyeband hoogspanningsverskynsels te meet deur hierdie apparatuur in 'n transkonduktansie topologie aan te wend. Met hierdie topologie kan die spanningsgolfvorm verkry word deur die integrasie van die aardstrome in die aardverbindings van die kapasitiewe spanningstransformators en stroomtransformators. Hierdie tegniek stel egter unieke vereistes vir die versterkings- en integrasieinstrumentasie te wyte aan groot dinamiese bereik vereistes en die streng afset spesifikasies wat benodig word vir akkurate integrasie. Hierdie tesis beskryf 'n programmeerbare, wyeband seinkondisioneringstelsel vir hoogspanningsmetings deur van die transkonduktansie topologie gebruik te maak. 'n Geskikte stelseltopologie, wat geoptimiseer is om probleme, wat gewoonlik met aarding en elektromagnetiese interferensie in hoogspanningsomgewings geassosieer word, te verminder, is voorgestel. Die stelsel bestaan uit 'n analoog seinkondisioneringsubstelsel, 'n digitale seinkondisioneringsubstelsel en 'n hoëspoed seriële optiese vesel koppelvlak. Die analoog seinkondisioneringsubstelsel kondisioneer die seine vanaf 'n sensor na geskikte vlakke vir die versyferaar van die digitale seinkondisioneringsubstelsel. Die hoë bandwydte spesifikasie van die toepassing vereis die inagneming van beide diskrete en geïntegreerde implementerings van die analoog seinkondisioneringsubstelsel. Gebaseer op gesimuleerde en laboratorium toetsresultate van beide implementerings is die optimale ontwerp vir die ontwikkelde stelsel gekies. Die digitale seinkondisioneringsubstelsel wat die integrasie uitvoer, asook die seriële optiese vesel koppelvlak beheerlogika is geïmplementeer met behulp van programmeerbare logika skikking tegnologie. Die digitale data word gestuur oor die optiese vesel koppelvlak. Hierdie data word dan terug geskakel na 'n analoog sein. Sleutelwoorde: Hoogspanningsmetings, Transkonduktansie topologie.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/51633
This item appears in the following collections: