Sportlui se kognitiewe en emosionele belewing van beserings

Date
1999-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: This research sought to extend the existing scientific literature regarding the psychological effect of injuries. According to the related literature sportspersons react differently to injuries. A number of models are used in the description of the reaction to injuries of which Kubler-Ross's model (1969) is most cited. Interviews were conducted with 21 sportspersons who competed on at least provincial level. They represented different age groups, sport types, genders and cultural groups. All the sportspersons were unable to compete in competitive sport due to injury for at least two months. A semi-structured interview guide was used during the interviews. Psychology-based literature as it pertained to the experience of loss and models of injury response, as well as existing qualitative methodological sources, and the researcher's own experience of working with people who suffered losses, were used in the composition of the interview guide. The injury process was divided into different phases, namely: • Pre-injury phase • Injury phase • Treatment decisions and planning phase • Early rehabilitation phase • Late rehabilitation phase • Return to competition A pilot study was conducted with two injured sportsmen. The purpose of the pilot interview was to ensure that the interview questions were tapping into the appropriate information and that the questions were clear. Changes were made and the interview guide was presented to psychologists in order to verify the contents. All the interviews were tape-recorded and transcribed verbatim. The QSR NUD*IST computer programme, specifically designed to manage qualitative data, was used in the coding and analysis of the data. Triangulation was used to ensure the validity of the coded data and analyzed data. A fellow psychologist with an interest in sport was used in the process of triangulation for the coding of the data and data analysis. The sportspersons reacted differently to injuries. These differences were also evident within the different phases of the injury management process. The injured sportspersons identified different types of losses experienced during the different phases. A number of factors affecting their cognitions and emotions during the different phases of the injury management process were identified. Their perception and the degree of the experienced loss, as well as the cognitive and emotional reactions were largely influenced by the meaning that sport participation has for them. A number of advantages related to being injured were also identified. The purpose of the research was reached through the identification of the different cognitive and emotional reactions to injuries within the different phases of the injury management process.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing het die uitbreiding van bestaande wetenskaplike kennis oor die sielkundige effek van beserings ten doel gehad. Uit die literatuur blyk dit dat sportpersone verskillend op beserings reageer. Verskeie modelle word in die verduideliking van beseerde sportpersone se kognitiewe en emosionele belewenis van beserings gebruik. Die model van Kubler-Ross (1969) word veral gebruik. Die ondersoekgroep het bestaan uit 21 sportpersone. Hierdie persone het sport ten minste op provinsiale vlak beoefen. Hulle het verskillende ouderdomsgroepe en geslagte verteenwoordig, het verskillende kultuuragtergronde gehad en het verskillende sportsoorte beoefen. Al die sportpersone kon as gevolg van beserings vir 'n minimum tydperk van twee maande nie aan sport deelneem nie. Onderhoude is met die toetslinge aan die hand van 'n half-gestruktureerde onderhoudsgids gevoer. Laasgenoemde is ontwikkel op grond van 'n literatuurstudie oor die sielkundige reaksie op verliese en beserings, asook bestaande navorsingsmetodologie. Die ervaring van die navorser in konsultasie met persone wat verliese gely het, is ook by die ontwikkeling van die onderhoudsgids gebruik. Die beseringsproses is opgedeel in verskillende fases, naamlik: • Voorbeseringsfase • Beseringsfase • Behandelingsbesluite- en beplanningsfase • Vroee-rehabilitasiefase • Laat-rehabilitasiefase • Terugkeer na kompeterende sport Die onderhoudsgids is getoets deur 'n loodsstudie op twee beseerde sportpersone. Die loodsstudie is ondemeem om te verseker dat die regte inligting verkry sou word en die vrae duidelik sou wees. Veranderinge is hiema aangebring en die inhoud van die gids is aan sielkundiges voorgele om die inhoud daarvan te verifieer. Die onderhoude is op band geneem. Al die opnames is verbatim getranskribeer. Die inligting is hiema volgens die QSR NUD*IST rekenaarprogram gekodeer en geanaliseer. Die QSR NUD*IST program is spesifiek vir die beheer van kwalitatiewe data ontwikkel. Die betroubaarheid en geldigheid van die datakodering en -analisering is deur 'n proses van driehoekige konsensus ondervang. 'n Mede-sielkundige wat ook 'n belangstelling in sport het, is by die kodering en ontleding van die data betrek. Soos verwag het sportpersone verskillend op die beserings gereageer. Hierdie verskil in reaksie het egter ook binne die verskillende fases van die beseringsbestuursproses voortgeduur. Uiteenlopende verliese wat hul as gevolg van die besering gely het, is deur die sportlui geidentifiseer. Uiteenlopende faktore wat hul kognisies en emosies tydens die beseringsbestuurproses bemvloed het, is geidentifiseer. Die betekenis wat aan sportdeelname geheg word bepaal grootliks die persepsie en graad van die beleefde verlies, asook die kognitiewe en emosionele reaksie. Verskeie voordele verwant aan beseer wees, is ook geidentifiseer. Die doelwit van die navorsing is bereik deurdat die verskillende kognitiewe en emosionele reaksies op beserings binne die verskillende fases van die beseringsbestuursproses bepaal is.
Description
Dissertation (Ph.D.) -- University of Stellenbosch, 1999.
Keywords
Sports injuries -- Psychological aspects, Dissertations -- Human movement studies
Citation