Hoe spoed koppelvlak vir n nuwe generasie SUNSAT mikrosatelliet

Strydom, H. L. (1999-12)

Thesis (M.Ing.) -- University of Stellenbosch, 1999.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: A micro-satellite is a complex system constructed of a number of subsystems. Communication interfaces must exist between these subsystems to exchange data, for example telemetric and telecommand. In order to receive all data, these interfaces must be efficient and reliable. Failure of an interface can result in an unuseable subsystem, which could affect the satellite. The aim of this thesis was to investigate alternative possibilities for the implementation of a high-speed interface between the main camera and mass-memory. On the first generation SUNSAT the interface was realised by sending the analog image-information of the different colours, parallel to the mass-memory, where information is converted to digital data and latched into the main memory. This leads to limitations of the interface, and the disadvantages will be discussed. Various parallel and serial technologies are investigated and discussed. LVDS was chosen as the most suitable technology and was used to design the interface. This technology has the advantage of implementing a serial bus, using low differential voltages for the transmission of data. This minimises the use of power and noise. The high bandwidth of LVDS also allows an errorprotocol to be implemented. As part of the errorprotocol, an EDAC is implemented to correct single biterrors, but it needs a higher bandwidth, which is a disadvantage. A limited-queue can be used to resend data for any other errors, but it is impractical to implement a bigger memory on the sending side. The errorprotocol is implemented and simulated and is discussed in this thesis.

AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Mikrosatelliet is 'n komplekse stelsel wat opgebou is uit 'n aantal substelsels. Kommunikasie koppelvlakke moet tussen hierdie substelsels bestaan vir die uitruil van data soos byvoorbeeld telemetrie en telebevel. Sulke koppelvlakke moet betroubaar en effektiefwees, sodat data nie verlore gaan nie. Faling van 'n koppelvlak kan veroorsaak dat 'n korrek-funksionerende substelsel onbruikbaar word en sodoende die werking van die hele satelliet benadeel. Die doel van hierdie werkstuk was die ondersoek na alternatiewe moontlikhede vir die implementering van 'n hoe spoed koppelvlak tussen die hoofkamera en die massageheue. Op die eerste generasie SUNSAT is die koppelvlak gerealiseer deur die verskillende kleure se beeldinligting parallel analoog tot by die massageheue oor te stuur. By die massageheue is dit versyfer en parallel ingeklok. Dit plaas beperkings op die stelsel en die nadele word in hierdie werkstuk bespreek. 'n Verskeidenheid parallelle en serie1e tegnologiee is ondersoek en word bespreek. LVDS is as die optimaalste tegnologie uitgewys en die koppelvlak is daar rondom ontwerp. Die tegnologie het die voordeel dat dit 'n seriele bus is wat gebruik maak van lae differensiele spannings, vir die transmissie van data. Sodoende word die kragverbruik en invloed van ruis geminimeer. Die hoe bandwydte van LVDS maak ook voorsiening vir' n mate van foutprotokol. As deel van die foutprotokol word 'n EDAC geimplementeer om enkel bisfoute te korrigeer, maar het die nadeel dat 'n hoer bandwydte hiervoor benodig word. Vir alle ander moontlike foute word van 'n skuifregister met beperkte stoorarea gebruik gemaak om data te herversend. Dit is onprakties om 'n groter geheue aan die stuurkant te implementeer. Die foutprotokol is geimplementeer en gesimuleer, en word in die werkstuk bespreek.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/51288
This item appears in the following collections: