The potential for FDI: Malaysia and South Africa : a comparative study

Michau, Jarrett (2005-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2005.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Please refer to fulltext for abstract

AFRIKAANSE OPSOMMING: Buitelandse Direkte Investering (BDI) kan 'n beduidende rol in die ontwikkelingsproses van 'n land speel. Vir hierdie rede is gasheerlande begerig om investering te lok en wel vir die voordele wat dit bring. Meeste ontwikkelende lande promoveer hulleself vir hierdie doel. Voorbeelde hiervan is die liberalisering van wetgewing en regulasies om dit vir BDI aantreklik te maak soos die verskaffing van waarborge oor die repatriasie van winste en die skep van meganismes vir die beslegting van investeringsgeskille. Dit lei egter nie outomaties tot verhoogde investering nie. Oor die afgelope 10 jaar het die VN se Konferensie vir Handel en Ontwikkeling (VNKHO) byvoorbeeld bevind dat Suid-Afrika se beleggingspotensiaal nie ten volle benut word nie. Die doel van hierdie studie is om uit te vind wat die redes hiervoor is. Oënskynlik beskik Suid-Afrika oor alle vereistes: 'n stabiele ekonomie en politieke sisteem en 'n goeie beleggingsklimaat. Ten einde die probleem beter te verstaan, is 'n vergelykende BDI studie met Maleisië onderneem wat veel meer suksesvol was. 'n Vergelykende metodologie is ontwerp wat gebaseer is op kriteria van die VNKHO se World Investment Reports en die World Association of Investment Promotion Agency (WAIPA). Beleide, vergelykende mededingendheid, handelsooreenkomste en belastingaansporings is ook by die vergelykings ingesluit. Dit is spesifiek gedoen omdat die kwessie van belastingaansporings 'n kontroversiële saak is. Lok dit regtig beleggings? Is daar dalk ander kostes hieraan verbonde? Die vergelykende metodologie het nuttige insigte opgelewer, ook hoekom BDI nie altyd plaasvind nie. Daar is vier faktore wat Suid-Afrika benadeel: arbeidshulpbronne, beperkte plaaslike en streeksmarkte in Afrika, politieke en ekonomiese onsekerheid, en yslike maatskaplike probleme met armoede en vigs. Daar mag egter ook ander faktore wees waarom spesifieke transnasionale korporasies nie belê nie. Dit is bevind dat die SA regering méér kan doen om aktiewe BDI te bevorder, selfs met gerigte aansporings. Dit is van die grootste verskille met Maleisië. Hierdie studie het ook bevind dat vergelykende metodologieë meer kan doen om van groot maatskappye te verneem waarom beleggingsbesluit geneem, of nie geneem word nie. Die volgende drie leemtes kan ook uitgewys word: wat is die spesifieke impak wat BDI op die Suid-Afrikaanse ekonomie het? Dis onseker. Wat beplan die regering ten opsigte van BDI strategieë en aansporings? Geen nuwe beleide is die afgelope jare geformuleer nie. Laastens, behoort soortgelyke tersaaklike inligting in aanbevelings bevat te word wat Suid-Afrika se BDI prestasie verhoog.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/50508
This item appears in the following collections: