The standard translation dictionary as an instrument in the standardization of Fang

Afane Otsaga, Thierry (2004-04)

Dissertation (PhD)--Stellenbosch University, 2004.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This dissertation offers metalexicographical criteria for the compilation of standard translation dictionaries in non-standardized languages. It particularly focuses on the role that the proposed dictionary model can play in the language standardization, with special reference to Fang. These criteria are based on different theoretical frameworks. Criteria for the dictionary structure are particularly based on Hausmann & Wiegand's General Theory of Lexicography, while a discussion of the role that dictionaries can play in the standardization process of languages is particularly based on criteria introduced by Zgusta. This dissertation is structured as follows: • Chapter 1, Introduction and problem statement, presents the motivation for the choice of the present topic, as well as the theoretical frameworks that I use to build my metalexicographical criteria. • Chapter 2, Fang and its dialects, focuses on the concerned language and its dialects. Apart from a historical overview of the Fang people, a wide inventory of works that have been implemented in Fang, as well as the choice and the motivation of the standard dialect are presented. • Chapter 3, Dictionaries and corpora, highlights the strong relationship between the compilation of modern dictionaries and electronic corpora. More precisely this chapter intends to demonstrate the importance of electronic corpora in the lexicographic practice. In this regard, the importance of some software and new corpus methods are also demonstrated. • Chapter 4, Aspects of the dictionary structure, mainly focuses on different structures of the dictionary and how data should be spread and organized in each dictionary component. A detailed account is given of the structure of each dictionary component. • Chapter 5, Dictionaries and standardization, focuses on the main purpose of the dissertation and demonstrates why and how the dictionary can be an instrument in the standardization process of languages, with specific reference to Fang. • Chapter 6, Concluding remarks, reviews all chapters by highlighting the focal points of each of them. Some perspectives or potential new developments are foreseen in order to pave the way for the elaboration of new theoretical frameworks and the improvement of the proposed dictionary model.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif bied metaleksikografiese kriteria vir die samestelling van standaard vertalende woordeboeke vir nie-gestandaardiseerde tale. Die fokus is veralop die rol wat die voorgestelde woordeboekmodel kan speel in taalstandaardisering, met spesifieke verwysing van Fang. Hierdie kriteria is gebaseer op verskillende teoretiese raamwerke. Kriteria vir die woordeboekstruktuur is veral gebaseer op Hausmann en Wiegand se algemene leksikografieteorie, terwyl 'n bespreking van die rol van woordeboeke in die standaardiseringsproses van tale veral gebaseer is op kriteria wat deur Zgusta voorgestel is. Die proefskrif is soos volg saamgestel: • Hoofstuk 1 bied 'n motivering vir die keuse van die betrokke onderwerp asook vir die teoretiese raamwerke waarvolgens die metaleksikografiese kriteria geformuleer is. • Hoofstuk 2 fokus op die betrokke taal, Fang, en sy dialekte. Naas 'n historiese oorsig van die Fang sprekers word 'n wye keuse uit die Fang literatuur asook die keuse van 'n standaarddialek aan die orde gestel. • Hoofstuk 3 wys op die sterk verhouding tussen die samestelling van 'n moderne woordeboek en elektroniese korpora. Hierdie hoofstuk benadruk die belang van elektroniese korpora vir die leksikografiese praktyk. In hierdie verband word daar ook verwys na die belang van sekere sagtewareprodukte asook nuwe korpusmetodes. • Hoofstuk 4 is veral gerig op die verskillende woordeboekstrukture en op hoe data versprei en in die verskillende woordeboekkomponente aangebied moet word. Die struktuur van elke woordeboekkomponent word in besonderhede bespreek. • Hoofstuk 5 fokus op die hoofdoel van die proefskrif en wys hoe en waarom In woordeboek, met spesifieke verwysing na die situasie van Fang, In instrument kan wees in die taa Istandaardiseri ngsproses. • Hoofstuk 6 gee In oorsig oor die voorafgaande hoofstukke en wys op sekere belangrike aspekte wat bespreek is. Nuwe ontwikkelinge wat voorsien word om die weg te baan vir die ontwerp van nuwe teoretiese raamwerke ter verbetering van die voorgestelde model word beklemtoon.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/50193
This item appears in the following collections: