Self-neglect in the corporate world

Issel, Rashida (2004-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2004.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Psychological distress, whether caused by personality traits, biochemical imbalances, or difficult circumstances or events, can have a profound effect on a one's physical wellbeing and quality of life as an individual, manager and executive. Personality traits include type A personality, type B personality, being emotional as well as management style. Difficult circumstances or events include changes at work, the birth of a child, the death of a family member as well as a promotion received at work. Experiencing constant stress at work, in addition to having unresolved emotions such as sadness, anger, fear and anxiety can have an effect on one's physical health. This can be observed in management as sluggishness, tiredness, and depression, increasing susceptibility to infections, heart attacks, burnout, and rheumatoid arthritis. Personality, personal experiences and circumstances shape the way one responds emotionally to problems in life. A particular problem may cause one person to become ill, whereas another person might cope comfortably with it. However, because responses to problems are not set in stone, managers can learn to manage their emotional problems more effectively. Above all, managers can teach their subordinates techniques that can help them steer clear of self-neglect. People find themselves living and working in an era dominated by real-time business decision-making, and many managers are struggling to cope. Of course, there are also people who are happy, healthy, peaceful and wealthy and who seem to have it all. They have good positions and seem to have a balanced life regarding their family and work. They have achieved equilibrium. There is a perception that such people are just lucky. Perhaps they are, but more likely they simply possess appropriate coping mechanisms that others too can acquire. The objective of this dissertation is to assist not only managers, but also the individual to overcome the rat race that the new millennium has bestowed upon us. It further aims to show that everyone is capable of achieving the necessary tools to combat self-neglect and destruction of the inner self. It is suggested that by learning to change ones thinking and behavioural approach to an event it is possible to change the outcome of the event. By learning a few thinking (cognitive) and physical (meditation) techniques it is possible to overcome the mere interpretation of an event, which will allow the individual to improve their ability to cope with stress and maintain not only their own physical well being, but also the well being of the organisation. Furthermore, organisations may assist their employees by encouraging or creating a good working culture in order to improve both the coqqitive and physical environment as experienced by the individual. This "looking after the other" relationship can and will only have a positive effect. The poet, Khalil Gibran (2002), reflects: "But I say to you that when you work you fulfil a part of earth's furthest dream, assigned to you when that dream was born. And in keeping yourself with labour you are in truth loving life And to love life through labour is to be intimate with life's innermost secret." Thus to enjoy life through work, one should learn to enjoy what life hands out by changing ones perception of the event as well as the attitude towards life and work.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Sielkundige distres wat ontstaan as gevolg van óf persoonlikheidstrekke, biochemiese wanbalanse, moeilike omstandighede of gebeurtenisse ongeag die oorsaak daarvan, kan 'n wesentlike uitwerking op 'n persoon se liggaamlike welstand en lewensgehalte as 'n individu, bestuurder en bedryfsleier hê. Persoonlikheidstrekke sluit tipe A-persoonlikheid, tipe B-persoonlikheid, emosionaliteit en bestuurstyl in. Moeilike omstandighede of gebeurtenisse sluit veranderinge in die werkplek, die geboorte van 'n kind, die sterfte van 'n familielid sowel as 'n bevordering by die werk in. Voortdurende spanning by die werk tesame met onverwerkte emosies soos hartseer, woede, vrees en angs kan 'n uitwerking op 'n mens se liggaamlike gesondheid hê. In bestuur kan dit waargeneem word as traagheid, moegheid en depressie, wat 'n mens se vatbaarheid vir infeksies, hartaanvalle, uitbranding en rumatiek verhoog. 'n Mens se persoonlikheid, ervarings en omstandighede bepaal hoe jy op die lewe se emosionele probleme reageer. Een mens mag siek word weens 'n probleem wat iemand anders heel maklik sal hanteer. Bestuurders kan egter leer hoe om hul emosionele probleme meer doeltreffend te hanteer. Bowenal kan bestuurders hul onderskiktes tegnieke leer om te verhoed dat hulle hulself verwaarloos. Die individu leef en werk in 'n era wat oorheers word deur die neem van vinnige en goeie sakebesluite en bestuurders sukkel om by te bly. Natuurlik is daar ook mense wat gelukkig, gesond, vreedsaam en welgesteld is, en lyk of hulle alles het. Hulle beklee goeie poste en ly skynbaar 'n gebalanseerde lewe tussen hul gesin en hul werk. Hulle het 'n balans bereik. Die persepsie bestaan dat sulke mense eenvoudig geluk aan hul kant het. Miskien het hulle, maar dalk het hulle net die regte meganismes om probleme doeltreffend te hanteer wat ander ook kan aanleer. Hierdie skripsie se doelwit is nie slegs om bestuurders nie, maar ook die individuele werknemer wat vasgevang is in die "rat race" wat teweeg gebring is deur die nuwe eeu, te help om die effekte daarvan teen te werk. Dit streef verder om te bewys dat elke persoon instaat is om die nodige hulpmiddele te bekom om eie-nalatigheid en uiteindelik die selfvernietiging van die innerlike mens te oorkom. Dit word verder voorgestel dat deur die aanlering om mens se denkwyses en gedragspatroon benadering tot die aangeleentheid te verander, is dit moontlik om sodoende die uitslag van die aangeleentheid te verander. Deur die aanleer van 'n paar denkwyses (kognitiewe) en fisiese (meditasie) tegnieke is dit moontlik om selfs die interpretasie van die aangeleentheid te oorkom, wat sal toelaat dat die individu sy vermoë om spanning te hanteer en die instandhouding van hulle fiesieke toestand te verbeter. Maatskappye kan ook sy werknemers bystaan deur die aanmoediging van, of die daarstelling van 'n goeie werkskultuur om sodoende beide die kognitiewe en die fisiese omgewing soos deur die individu beleef, te verbeter. Hierdie "omsien na die ander" verhouding kan, en sal net 'n positiewe uitwerking hê. Die digter, Khalil Gibran (2002), reflekteer: "But I say to you that when you work you fulfil a part of earth's furthest dream, assigned to you when that dream was born. And in keeping yourself with labour you are in truth loving life And to love life through labour is to be intimate with life's innermost secret." Dus, om die lewe deur middel van werk te geniet, moet mens leer om dit wat die lewe uitdeel, te geniet. En dit kan slegs bewerkstelling word indien 'n mens se persepsie van die aangeleentheid sowel as mens se houding teenoor die lewe en werk verander.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/50091
This item appears in the following collections: