Modelling risk of Blue Crane (Anthropoides paradiseus) collision with power lines in the Overberg region

Kotoane, Mapule (2004-12)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2004.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This study addresses the problem of Blue Crane (Anthropoides paradiseus) collisions with power lines in the Overberg region, home to approximately 50% of South Africa's national bird's global population. The low visibility of power lines against the landscape is considered to be the major cause of collisions. These claim at least 20 birds annually, which is a considerable loss to a vulnerable species. For this study, expert knowledge of the Blue Cranes' biology, general behaviour and use of its habitat were compiled. These were then translated into rules that were integrated into a Geographic Information System (GIS) to establish a predictive model, which attempts to identify and quantify risk power lines that Blue Cranes are most likely to collide with. The criteria that were considered included landscape proximity of power lines to water bodies arid congregation sites, land cover, power lines orientation in relation to predominant wind directions (North Westerly and South Easterly) and visibility of the power lines against the landscape. The power lines were ranked as highest, high, medium, low and no risk. It is recommended that this classification be used to prioritize the proactive marking of power lines with bird flappers in order to reduce collisions. The results show that 27% of the power lines in the study area pose the highest risk and should therefore be marked immediately. The power lines classified as high (1%), medium (28%) and low risk (21 %) should be marked over short, medium and long term, respectively .. The study demonstrated the potential of GIS in the conservation of Blue Crane. The GIS model developed in this study can be applied in areas of similar habitat such as the Swartland or with some modifications in a slightly different habitat such as the Karoo. It is envisaged that the results of this study will be of great value to the ESKOM (South African Electricity Commission) and Endangered Wildlife Trust (EWT) Partnership and conservation authorities in the effort to save the Blue Crane.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het die probleem van botsings deur Bloukraanvoëls met kraglyne in die Overberg-omgewing van die Wes-Kaap ondersoek. Die Overberg-omgewing huisves ongeveer 50% van Suid Afrikaanse nasionale voël se wêreldbevolking van Bloukraanvoëls, en aangesien kraglyne normaalweg nie maklik sigbaar is teen die landskapsagtergrond nie, verhoog dit, tesame met die biologiese eienskappe van Bloukraanvoëls, die waarskynlikheid dat die voëls met kraglyne sal bots. Hierdie botsings met kraglyne eis minstens 20 Bloukraanvoëls per jaar, wat 'n aansienlike en beduidende aantal vir 'n kritiese bedreigde spesie is. Die studie het gepoog om spesialiskennis oor Bloukraanvoël-biologie, algemene gedrag en habitatgebruik, om te sit in 'n stel reëls, wat in 'n Geografiese Inligtingstelsel (GIS) geïntegreer is om 'n voorspellingsmodel te bou. Hierdie voorspellingsmodel is aangewend om kraglyne wat 'n hoë risiko vir Bloukraanvoëls inhou, te identifiseer en die waarskynlikheid vir botsings te kwantifiseer. Die model aanvaar dat die volgende omgewingsfaktore in die Overberg-omgewing verband hou met die waarskynlikheid van botsings, naamlik: die nabyheid van kraglyne aan waterliggame of gebiede waar voëls saamtrek, die voorkoms van natuurlike veld, die heersende windrigtings (Noordwes en Noordoos) en lae sigbaarheid van kraglyne teen die donker landskapsagtergrond. Die geïdentifiseerde kraglyne is as eerste-, tweede, derde. en vierderangse prioriteit geprioritiseer om as riglyn te dien vir die proaktiewe aanbring van flappers (wat dit ten doel het om voëlbotsings te verminder) deur ESKOM. Die studie het bevind dat 27% van die kraglyne in die Overberg-omgewing eersterang prioriteite is, en dat hierdie kraglyne onmiddellik gemerk sal moet word. Die tweederang prioriteit kraglyne (1%) saloor die mediumtermyn gemerk word, terwyl die derderangse prioriteit kraglyne (28%) oor die langtermyn gemerk sal word. Die vierde prioriteit kraglyne (21 %) kon oor die langertermyn gemerk word. Die studie het die omvang van die probleem, sowel as die rol van GIS in die bewaring van die Bloukraanvoëls beklemtoon. Die GIS-model wat in die studie ontwikkel en gebruik is, kan in soortgelyke gebiede soos die Swartland, of in ietwat verskillende omgewings soos die Karoo getoets word, met die doelom die habitatvoorkeure van Bloukraanvoëls beter te verstaan en navorsers te help om 'n beter begrip van die model te ontwikkel en sodoende die resultate te verbeter. Dit word voorsien dat hierdie studie en verslag baie belangrik sal wees vir die ESKOM-EWT Vennootskap en ander betrokke bewaringsorganisasies in 'n poging om Bloukraanvoël-bewaring aan te help.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/50024
This item appears in the following collections: