Mentoring programmes : a proposal towards management development

Myburgh, Anchen (2004-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2004.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The introduction of Affirmative Action Programmes in South Africa has left managerial development at the centre of management focus with the growing realisation that there is no quick fix. It is argued that, in order to make a substantial contribution to the managerial development process, management should not only seek to obtain the goals of the organisation, but first to obtain the goals of the individual within the organisation after which the first will follow. Against this background mentoring has been used successfully to develop high potential managers to build a diverse organisation and to foster the management of change. The study aimed to highlight not merely the many benefits to be gained from successfully implemented mentoring programmes, but also the many complexities inherent to the process. In the final analyses, mentoring programmes can only add value if the process and underlying critical success factors are understood. It is hoped that this research will result in more mentoring programmes being implemented across a broader spectrum of employees in order to create a sustainable and competitive advantage through the retention of knowledge and increased competencies of employees. The cost of such programmes is relatively low compared to their value if implemented correctly and may well hold the key to unlocking a wealth of talent.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die implementering van Regstellende Aksie Programme in Suid Afrika het bestuursontwikkeling op die voorgrond geplaas met die toenemende besef dat daar geen maklike oplossing voor is nie. Ten einde 'n substansiële bydrae tot die gebied van bestuursontwikkeling te maak sal bestuur nie alleenlik die doelwitte van die organisasie moet nastreef nie, maar ten eerste die doelwitte van die individue binne die organisasie moet nastreef waarna die eerste vanself sal volg. Teen hierdie agtergrond is mentorskapprogramme al suksesvol gebruik om potensiële bestuurders te ontwikkel, om diverse organisasies te bou en om die bestuur van verandering suksesvol te fasiliteer. Die werkstuk sal nie alleenlik die voordele van suksesvol geïmplimenteerde mentorskapprogramme uitlig nie, maar ook die komplekse aard daarvan onderstreep. Mentorskapprogramme kan slegs waarde toevoeg indien die proses en onderliggende kritiese suksesfaktore verstaan word. Die doel van die werkstuk is om mentorskapprogramme as bestuursontwikkelingstrategie te bevorder en sodoende 'n breër spektrum van werknemers te bereik ten einde volhoubare kompeterende voordeel te bewerkstellig. Die koste verbonde aan sulke programme is relatief laag in verhouding tot die waarde wat toegevoeg kan word indien dit korrek geïmplimenteer word en daar bestaan geen twyfel dat dit 'n belangrike bydra tot bestuursontwikkeling kan maak deur die talent wat wel bestaan te ontsluit nie.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/50019
This item appears in the following collections: