Application of commodity management principles in the restructuring of the procurement function at Iscor Steel

Joubert, Christo (2004-03)

Mini-study project (MBA)--University of Stellenbosch, 2004.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The traditional role of the procurement functions within large organizations has changed significantly over the last couple of years. Moving away from a function purely directed at rendering a supply of material service to the relevant plants, the procurement departments are now a vital link in the chain to improve global competitiveness. In this changing role, procurement is expected to work closely with the organization's internal operations, as well as with suppliers to ensure that opportunities for gaining competitive advantages are fully explored. The procurement manager and his team will have to focus on building links to ensure that the organization's goals and objectives are met. This paper serves to describe the changes made by Iscor Steel to ensure that its procurement department is adequately equipped to manage these new challenges. The changing face of the department, its organizational structure, the operational methodology and focus are explained. The methodology of modem supply chain cost reduction initiatives undertaken by Iscor and its suppliers is explained and the results thereof are presented. The paper highlights the successes achieved by Iscor in transforming the traditional service orientated procurement function into a world class, continuous business improvement orientated department. The success revolves around changing the organizational structure in such a way as to equip the procurement function with the commercial and technical expertise to focus on specific commodities in such detail that maximum cost and efficiency advantages are realized. As an example, the latter part of the paper gives a detailed explanation of one of the tools used by the procurement department to minimize cost and maximize efficiency, and describes in general the considerable success achieved by using these tools.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die tradisionele rol van die aankopefunksie binne groot organsisasies het geweldig verander oor die laaste aantal jare. Dit het wegbeweeg van 'n funksie wat uitsluitlik gemik was op die verskaffing van materiaal aan betrokke aanlegte. Die aankope departement speel vandag 'n belangrike rol in die verbetering van 'n maatskappy se internasionale kompeteringsvermoê. In hierdie veranderende rol word van die aankopefunksie verwag om baie nou met die interne bedrywighede van die maatskappy, sowel as met die verskaffers saam te werk om te verseker dat geleenthede vir die benutting van kompeterende voordele ten volle ontgin word. Die aankopebestuurder en sy span moet fokus daarop om bande te bou wat kan verseker dat die organisasie sy doelwitte bereik. Hierdie studie ondersoek en illustreer die veranderinge wat deur Iscor Staal gemaak is om te verseker dat die aankopefunksie toegerus is om hierdie nuwe uitdagings te hanteer en te bestuur. Die veranderende funksie van die aankopedepartement, die organsisasiestruktuur, die bestuursmetodologie en die nuwe fokus word beskryf in die studie. Die metodologie van moderne kosteverminderings inisiatiewe binne die verskaffingsketting van Iscor en sy verskaffers word verduidelik en die resultate daarvan weergegee. Hierdie studie reflekteer die suksesse wat Iscor behaal het deur die verandering van die tradisionele diensgeorienteerde aankopefunksie na 'n wêreldklas aaneenlopende besigheidsverbeterings georienteerde funksie. Die sukses wentel rondom die verandering van die organisasiestruktuur op so 'n wyse dat die aankopefunksie toegerus is met kommersiële en tegniese kundigheid om te fokus op spesifieke kommoditeite sodat maksimum koste en effektiwiteitsvoordele verwesenlik word. 'n Gedeelte van die studie gee 'n gedetaileerde verduideliking van een van die metodes wat deur die aankopefunksie gebruik word om koste te verminder en effektiwiteit te verbeter en beskryf in die algemeen die sukses wat behaal is deur hierdie metodes te gebruik.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/49849
This item appears in the following collections: