Tourism and the impact thereof on the economy of the Western Cape

Hulk, Helga (2001-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Tourism is seen and promoted as the economic cure in the developing world. However, in recent years it has been realised that tourism is not an easy or quick solution to economic growth. Business and government have identified tourism as one of the country's critical job providers. In 1989 Smith (1989: 15) identified the following challenges confronting the tourism industry: • A lack of credible measures and objective analysis. • Diversity of the industry. • Complexities created by geographical characteristic of the industry. • The lack of industry organisation. • The need to anticipate future developments. Can the Tourism Industry stimulate the economy and be a solution to unemployment? As the Western Cape is seen as the tourism leader in South Africa, this study will determine whether the industry will lead to an economically stronger Western Cape and ultimately be a helpful and healthy source of income to South Africa. The writer will start this study with world tendencies and the realities of tourism and then move onto tourism in South Africa, including both international and domestic tourism. An important factor for economic growth is the tourism potential in the Western Cape, which will be examined. It is clear from all the data and literature that the tourism industry hold potential for growth in South Africa. Wesgro (2001) has identified the Western Cape as the strongest tourism region. The Western Cape can offer unusual and alternative experience to tourists as facilities are in place for eco-tourism with excursions such as shark diving. The Western Cape is furthermore ensuring that more business tourists can be accommodated with the building of the Conference Centre in Cape Town. Government has realised the potential of the tourism industry and as such has increased the budget allocation drastically. This means that marketing can be done more aggressively ensuring that both the domestic and international tourist markets grows. On the negative side is the effect that crime and political instability has on the tourism industry. It is interesting to note that despite crime, tourism arrivals are still increasing. A vital challenge for the tourism industry is to develop and promote our cultural assets and experiences. Repositioning the role of the previously disadvantage within the tourism infrastructure is an issue that needs to be addressed. We need to re-evaluate, re-package and re-interpret our distinct resources. The Western Cape's growth potential lies in its natural beauty and favourable weather, the wide variety of internationally renowned natural tourist attraction, and a well established infrastructure, all available at a relatively low cost to foreigners.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Toerisme word gesien en adverteer as die ekonomiese oplossing in die ontwikkelende wêreld. Dit is egter die afgelope jare besef dat toerisme nie 'n maklike of vinnige oplossing vir ekonomiese groei is nie. Die besigheidswêreld en die regering het toerisme geïdentifiseer as een van die land se kritiese werkvoorsieners. Smith (1989: 15) het in 1989 die volgende uitdagings wat die toerisme industrie konfronteer, geïdentifiseer: • 'n Tekort aan geloofwaardige maatstawwe en objektiewe ontleding. • Die uiteenlopendheid van die industrie. • Ingewikkeldhede geskep deur die geografiese eienskappe van die industrie. • 'n Tekort aan industrie organisasie. • 'n Behoefte om toekomstige ontwikkelings te voorspel. Kan die toerisme industrie die ekonomie stimuleer en die oplossing vir werkloosheid wees? Aangesien die Wes-Kaap gesien word as die toerisme leier in Suid Afrika sal hierdie studie poog om te bepaal of die industrie sal lei tot 'n ekonomies sterk Wes-Kaap en uiteindelik 'n gesonde bron van inkomste vir Suid Afrika. Die skrywer sal die studie begin met wêreldneigings en die realiteite van toerisme en dan oorgaan tot toerisme in Suid Afrika, insluitend beide internasionale en binnelandse toerisme. 'n Belangrike faktor vir ekonomiese groei wat bestudeer sal word is die toerisme potensiaal in die Wes-Kaap. Dit blyk duidelik uit data en literatuur wat bestudeer is dat die toerisme industrie groot potensiaal vir Suid Afrika inhou. Wesgro (2001) het die Wes-Kaap as die sterkste toerisme streek geïdentifiseer. Die Wes-Kaap kan buitengewone en alternatiewe ervarings aan toeriste bied aangesien fasiliteite reeds bestaan vir eko-toerisme met ekskursies soos haai-duik. Die Wes-Kaap is verder besig om te verseker dat besigheidstoeriste geakkommodeer kan word met die aanbou van die nuwe konferensie sentrum in Kaapstad. Die regering het ook die potensiaal van die toerisme industrie besef en het as sulks die begroting aanwysing drasties verhoog. Dit het tot gevolg dat bemarking meer aggressief kan plaasvind en verseker sodoende dat beide die binnelandse en internasionale toerisme markte groei. Aan die negatiewe kant is die effek wat geweld en politieke onstabiliteit op die toerisme industrie het. Dit is egter interessant om daarop te let dat toerisme aankomste nog steeds groei ten spyte van misdaad. 'n Belangrike uitdaging vir die toerisme industrie is om ons kulturele bates en ervarings te ontwikkel en bevorder. 'n Saak wat aandag moet geniet is die herposisionering van vorige agtergeblewende mense binne die toerisme infrastruktuur. Ons sal ons hulpbronne moet herevalueer, herverpak en herinterpreteer. Die Wes-Kaapse groeipotensiaal is geleë in sy natuurlike skoonheid en gunstige weer, die wye verskeidenheid van internasionaal erkende natuurlike toeriste attraksies en 'n goed gevestigde infrastruktuur wat alles beskikbaar is teen 'n relatiewe lae prys vir buitelanders.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/49713
This item appears in the following collections: