LIP Woordfeeskoerant 2008

Abstract
Lize Beekman het geskryf woorde het vlerke. Dit maak vir my sin. Tyd kan glo vlieg en toe ons met woorde begin werk om LIP aanmekaar te sit, het dit ‘n realiteit geword. Woorde kan ook vlieg! Dit vlieg ver en kry voete. Daar waar dit aanklank vind, ontstig, ontroer, laat lag, laat huil, laat hoendervleis kry en waardering kweek. Dit trap diep op plekke, skop elders, drentel hier en hardloop daar, maar staan nooit stil nie. In al hierdie oomblikke kry woorde betekenis en gee aan die leser vlerke om te reis waar praat, luister en kyk nie kan nie. Ek glo dis wat LIP vir jou gaan doen. Daar was te veel stories en te min papier. Ons moes woorde sny en wysig. Ek dink aan die skitterende Drukkoker en ‘n Ander Tongval waarby ons weens logistieke redes nie by uitgekom het nie. Daarom noem ek hulle nou! Ons woorde is steeds eerlik, speels en dartelend. Dis goed so! Lekker Lip-aflek!
Description
The LIP Woordfeeskoerant is an independent Woordfees festival newspaper produced by the BPhil (Journalism) class of that specific year in the Department of Journalism, Stellenbosch University.
Keywords
Lip, Woordfees, Stellenbosch University, Journalism
Citation