Abstract:
Toespraak deur Russel Botman, Rektor en Visekanselier, Universiteit Stellenbosch, by die Afrikaanse Taalraad-onderwyskonferensie, Kunstekaap, Kaapstad, 28 Augustus 2010: Our discussion will focus on issues of the future, and I would like to do that as well – specifically the future of Afrikaans as a medium of instruction in tertiary education.
My point is simple: the future is multicultural and multilingual, where Afrikaans will be an important asset in the graduate attributes of a Stellenbosch student.
Die debat oor meertaligheid is op verskillende platforms aan die gang, ook by ons op Stellenbosch. Daar is verskeie definisies, maar breedweg kom dit daarop neer dat ‘n student nie aan ʼn enkele taal as onderrigmedium blootgestel word nie, maar aan twee of meer tale. Die student word in die leersituasie deurentyd uitgedaag om in die leefruimte van meertaligheid sy of haar vaardighede te slyp.