Abstract:
“Eregraduandi 1931. By geleentheid van die herdenking van die vyftigjarige bestaan van die Stellenbosch College op 24 Junie 1931 het die Universiteit van Stellenbosch ededoktorsgrade aan sewe van sy skitterende oud-studente en ook aan ’n geliefde oud-professor toegeken. Op die foto verskyn v.l.n.r.: Dr. D.F. Malan, sen. C.J. Langenhoven, genl. J.C. Smuts, dr. P.J. du Toit, dr. H.J. van der Bijl, sen. F.S. Malan.
Hoofregter Jacob de Villiers en prof. N.J. Mansveldt, aan wie eredoktorsgrade in hulle afwesigheid toegeken is, verskyn nie op die foto nie.”