Exploring the factors influencing non-participation of women living with HIV/AIDS in empowerment projects attached to primary health care clinics, Tembisa, South Africa

Papole, Magdeline Kgomotso (2010-03)

Thesis (MPhil (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 2010.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The research was conducted to explore the experiences of people living with Acquired Immunodeficiency Syndrome (AIDS) (PLWAs), especially women, as well as the factors influencing their non-participation in development projects aimed at improving their socio-economic status. The study was conducted amongst PLWAs who are members of the Tembisa Main Clinic and Winnie Mandela Clinic support groups in Tembisa, South Africa. The researcher was motivated to conduct the research because in her work as a social worker she is confronted daily with PWLAs who are from disadvantaged backgrounds and are struggling to make ends meet. Initiatives have been undertaken to try and encourage self–reliance and improve the health status of these women by developing food gardens to provide them with fresh vegetables and possible income sources from these gardens. The reluctance of members of two support groups of PLWAs to stay involved in these projects encouraged the researcher to explore these issues. The researcher consulted various sources to obtain literature on the factors influencing non-participation in development projects. In addition she undertook a qualitative study, wherein twenty participants participated. The data from this study was then interpreted and compared to the literature. The findings of this study highlighted several factors such as discrimination, local beliefs, stigma and lack of support, which influence the non- participation of PWLAs in sustainable development projects. The findings of this research also indicate that developments projects often fail to thrive because of topdown decisions about the projects, the fact that there is no start-up funding available for the projects and participants who become demotivated to participate. The research therefore concludes with recommendations in order to address these problems.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsing is onderneem om die ondervinding van mense, veral vroue, wat met Verworwe Immuniteitsgebrek Sindroom (VIGS) lewe, te ondersoek, asook die faktore wat hulle daarvan weerhou om deel te neem aan ontwikkelingsprojekte wat daarop gemik is om hul sosio-ekonomiese status te verbeter. Die studie is onderneem onder pasiënte wat lede was van ondersteuningsgroepe by Tembisa Hoofkliniek en Winnie Mandela Kliniek in Tembisa, Suid-Afrika. Die navorser is gemotiveerd om die studie te onderneem omdat sy daagliks in haar werk as sosiale werker gekonfronteer is deur mense wat met VIGS lewe, wat uit minder bevoorregte agtergronde kom en wat sukkel om te oorleef. Inisiatiewe is onderneem om hierdie vroue se selfstandigheid te bevorder en om hul gesondheidstatus te verbeter deur groente tuine te ontwikkel om hulle van vars groente te verskaf, asook moontlike inkomstebronne uit hierdie tuine. Die onwilligheid van die lede van twee ondersteuningsgroepe om in hierdie projekte betrokke te bly, het die navorser aangemoedig om hierdie aangeleentheid verder te ondersoek. Die navorser het verskeie bronne geraadpleeg om literatuur te verkry oor die faktore wat die nie-deelname in ontwikkelingsprojekte beïnvloed. Sy het ook kwalitatiewe studie onderneem waaraan twintig respondente deelgeneem het. Die data van hierdie navorsing is daarna geïnterpreteer en met die literatuur vergelyk. Die bevindinge van hierdie navorsing het verskeie faktore uitgelig wat die niedeelname beïnvloed van mense wat met VIGS lewe, soos diskriminasie, plaaslike gelowe, stigma en gebrek aan ondersteuning. Die navorsing het ook bevind dat ontwikkelingsprojekte dikwels nie floreer nie as gevolg van die ‘topdown’ besluitneming oor die projekte en omdat daar nie genoegsame vooraf befondsing beskikbaar is vir die projekte nie en die deelnemers dus demotiveer om verder deel te neem. Die navorsing sluit dus af met voorstelle om hierdie probleme aan te spreek.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/4322
This item appears in the following collections: