Alternative stories about a girl with autism spectrum disorder

Date
2010-03
Authors
Pentz, Christelle Marie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this research voyage of discovery, we story the voices of me (the research inquirer), my family and a teacher about our experience with a young woman with Autism Spectrum Disorder – my youngest sister Leyna.1 This is our attempt to give Leyna and (dis)ability a voice. Their voices have been silenced from research for too long. I try to explain a narrative research lens as a foundation for this document – one that views autism not as a disorder, but as a difference that needs to be embraced. People often live their lives according to the problem stories they tell themselves, and do not see the alternative stories that surround them every day. On this voyage I therefore tell our story to document the inspirational experiences that people with autism bring about in the lives of those supporting them. Little research that focuses on alternative stories about autism has been done on a global scale. Moreover, little research has been done on autism specifically in the South African context. This thesis relates the stories of the people involved in caring for my sister with autism. It brings a message of hope and suggests possibilities for future research voyages about autism. 1 Pseudonym
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie navorsingsontdekkingsreis vertel ons 'n storie deur verskeie stemme te laat hoor: ek, die navorsingsondersoeker, my gesin en 'n onderwyseres vertel 'n storie oor ons ervaringe met 'n jong vrou met Outisme Spektrum Versteuring – my jongste suster Leyna.2 Hierdie is ons onderneming om vir Leyna en gestremdheid 'n stem te gee. Te veel stemme is al te lank deur navorsing stilgemaak. Ek probeer die narratiewe navorsingslens te verduidelik as 'n grondslag vir hierdie dokument – een wat outisme nie as 'n versteuring sien nie, maar eerder as 'n verskil wat aangegryp en gerespekteer moet word. Mense leef dikwels hul lewens uit op grond van die probleemgesentreerde stories wat hulle aan hulself vertel, en sien nie die alternatiewe stories raak wat hulle daagliks omsluit nie. In hierdie reis vertel ek dus ons storie om die inspirerende ervarings wat mense met outisme in die mense wat hulle ondersteun teweeg bring, te dokumenteer. Min navorsing wat op die alternatiewe stories oor outisme fokus is tot op hede op 'n globale skaal gedoen. Verder is daar nog min navorsing oor outisme spesifiek in die Suid-Afrikaanse konteks gedoen. Hierdie studie vertel die stories van die mense wat betrokke is in die versorging van my suster met outisme. Hiermee word 'n boodskap van hoop gebring en moontlikhede voorgestel vir toekomstige navorsingsreise oor outisme. 2 Skuilnaam is gebruik
Description
Thesis (MEdPsych (Educational Psychology)--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Autism spectrum disorder, Alternative stories, Narrative, Self reflexivity
Citation