The effect of the changing economical environment on the capital structure of South African listed industrial firms

Mans, Nadia (2010-03)

Thesis (MComm (Business Management))--University of Stellenbosch, 2010.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The determinants of capital structure form an important part of the finance profession. Contemporary capital structure theory began in 1958 when Modigliani and Miller indicated that in a perfect capital market, the value of a firm is not influenced by its capital structure. However, when considering, inter alia, the effect of taxes, bankruptcy costs and asymmetric information, the value of a firm could be affected by its leverage. Capital structure theory offers two contrasting capital structure models, namely the trade-off and pecking order models. According to the trade-off model, firms trade-off the costs and benefits of debt financing in order to reach an optimal capital structure. According to this model, a positive relationship exists between leverage and profitability. In contrast, the pecking order model indicates that firms use a financing hierarchy where internal funds are preferred above debt and equity usage. This model indicates a negative relationship between leverage and profitability. However, in practice, firms often deviate from these models to incorporate the benefits of the other model or to adapt to changing circumstances. Firms' financing decisions may be influenced by both firm-specific and economical factors within the country where they are operating. Therefore, a firm's managers should consider the growth rate, interest rate, repo rate, inflation rate, exchange rates and the tax rate when conducting finance decisions, since these factors could influence the cost and availability of capital. In addition, these economical factors often have a significant influence on each other. Prior capital structure research mainly focused on developed countries. However, South Africa provides the ideal environment to consider the effect of economic changes on capital structure within a developing country, due to South Africa's profound economic changes during 1994 and the years to follow. The primary objective of this study was thus to determine whether the capital structures of South African listed industrial firms are influenced by changes in the South African economical environment. The effect of economic changes on capital structure was examined by using a TSCSREG (time-series cross-section regression) procedure. The regression model is based on a model developed by Fan, Titman and Twite (2008). One-period lags were built into the model to make provision for the effect of economic changes that often only occur after some time. The study was conducted on a sample of firms listed on the industrial sector of the Johannesburg Securities Exchange (JSE Ltd) over the period 1989 to 2008. The data, required to calculate the measures, were obtained from the South African Reserve Bank, the South African Revenue Service and the McGregor BFA database. This database contains standardised financial statements for both listed and delisted South African firms. In an attempt to reduce the possible skewing of results due to survivorship bias, both listed and delisted firms were included in the sample. In order to reflect its true nature, data should be available for consecutive years. Therefore, only firms with data available for more than five years were included in the final sample. The resulting sample consisted of 320 firms and 4 172 observations. The sample was also divided into years before and years after 1994, in order to determine the effect of the economic changes during 1994 and the years to follow on the firms' capital structures. The results of this study indicated that some of the economic factors influenced the D/E ratio as well as each other. However, the effect of economic changes often only occurred after a lagged period. A strong relationship was indicated between the tax rate and the repo rate, which influenced the significance of the regression results. Support was found for both the trade-off and the pecking order models. The combined profitability variable ROA-ROE also had a significant effect on the other variables. Based on these results, the claim that economic changes have an impact on capital structure is supported. The effect is often only indicated after a certain period. It also seems that the combination of the two capital structure models have a significant effect on leverage. Firms therefore appear to consider a combination of these models when conducting finance decisions.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die determinante van kapitaalstruktuur speel belangrike rol in die finansiële professie. Hedendaagse kapitaalstruktuurteorie het in 1958 tot stand gekom toe Modigliani en Miller aangedui het dat die waarde van 'n firma in 'n perfekte kapitaalmark nie deur kapitaalstruktuur beïnvloed word nie. Maar, wanneer die uitwerking van onder andere belastings, die koste van bankrotskap en asimmetriese inligting in ag geneem word, kan die waarde van 'n firma deur sy finansiële hefboomwerking beïnvloed word. Kapitaalstruktuurteorie bied twee kontrasterende kapitaalstruktuurmodelle, naamlik die ruilmodel (trade-off model) en rangorde-model (pecking order model). Volgens die ruilmodel vergelyk firmas die kostes en voordele van finansiering met geleende kapitaal totdat 'n optimale kapitaalstruktuur bereik word. Hierdie model dui op die bestaan van 'n positiewe verband tussen hefboomwerking en winsgewendheid. In teenstelling hiermee dui die rangorde-model aan dat firmas 'n finansieringshiërargie gebruik waar interne fondse verkies word bo skuld en ekwiteit. Hierdie model dui 'n negatiewe verband aan tussen hefboomwerking en winsgewendheid. In die praktyk wyk firmas egter dikwels af van hierdie modelle om die voordele van die ander model te inkorporeer of om by veranderende omstandighede aan te pas. Firmas se finansieringsbesluite kan beïnvloed word deur beide firma-spesifieke en ekonomiese faktore in die land waar hulle sake doen. Daarom moet 'n firma se bestuurders die groeikoers, rentekoers, inflasiekoers, wisselkoerse en die belastingkoers oorweeg wanneer hulle finansieringsbesluite neem, aangesien hierdie faktore moontlik die koste en beskikbaarheid van kapitaal kan beïnvloed. Hierdie ekonomiese faktore het dikwels ook 'n belangrike invloed op mekaar. Vroeëre navorsing insake die kapitaalstruktuur het dikwels op ontwikkelde lande gefokus. Suid-Afrika bied egter die ideale omgewing om die uitwerking van ekonomiese veranderinge op kapitaalstruktuur in 'n ontwikkelende land te ondersoek as gevolg van Suid-Afrika se betekenisvolle ekonomiese veranderinge gedurende 1994 en die daaropvolgende jare. Die primêre doelwit van hierdie studie was dus om te bepaal of die kapitaalstruktuur van genoteerde Suid-Afrikaanse nywerheidsondernemings deur veranderinge in die Suid-Afrikaanse ekonomiese omgewing beïnvloed word. Die uitwerking van ekonomiese veranderinge op kapitaalstruktuur is ondersoek deur gebruik te maak van 'n TSCSREG (tydreeks dwarssnit-regressie)-prosedure. Hierdie regressiemodel is gebaseer op 'n model wat deur Fan, Titman en Twite (2008) ontwikkel is. Enkeltydperk-vertragings is in die model ingebou om voorsiening te maak vir die uitwerking van ekonomiese veranderinge wat dikwels eers ná 'n tydperk sigbaar word. Die studie is uitgevoer op 'n steekproef firmas wat gedurende die tydperk 1989 tot 2008 op die nywerheidsektor van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE Ltd) genoteer is. Die nodige data om die metings te bereken is verkry van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die McGregor BFA-databasis. Hierdie databasis bevat gestandaardiseerde finansiële state vir beide genoteerde en gedenoteerde Suid-Afrikaanse firmas. In 'n poging om die moontlike skeeftrekking van resultate as gevolg van die oorlewingsneiging te verhoed, is beide genoteerde en gedenoteerde firmas by die steekproef ingesluit. Data moet vir opeenvolgende jare beskikbaar wees om die ware aard daarvan aan te dui. Daarom is slegs firmas met data beskikbaar vir meer as vyf jaar in die finale steekproef ingesluit. Die steekproef het gevolglik 320 firmas en 4 172 waarnemings behels. Die steekproef is ook in jare voor en jare ná 1994 verdeel, om die uitwerking van ekonomiese veranderinge gedurende 1994 en die daaropvolgende jare op firmas se kapitaalstruktuur te bepaal. Die bevindinge van die studie het daarop gedui dat sommige van die ekonomiese faktore die skuld/ekwiteit (D/E)-verhouding, maar ook elkeen van hulle beïnvloed het. Die uitwerking van ekonomiese veranderinge het egter dikwels eers ná 'n vertraagde tydperk sigbaar geword. 'n Sterk verhouding is aangedui tussen die belastingkoers en die repokoers, wat die betekenisvolheid van die regressieresultate beïnvloed het. Ondersteuning is gevind vir beide die ruilmodel en die rangorde-model. Die gekombineerde winsgewendheidsveranderlike ROA-ROE het ook 'n betekenisvolle uitwerking op die ander veranderlikes gehad. Die bewering dat ekonomiese veranderinge 'n impak op die kapitaalstruktuur het, word ondersteun op grond van die bevindinge van hierdie studie. Die uitwerking daarvan word egter dikwels eers ná 'n tydperk sigbaar. Die gekombineerde kapitaalstruktuurmodelle het moontlik 'n betekenisvolle uitwerking op hefboomwerking. Dit wil dus voorkom of firmas 'n kombinasie van hierdie modelle oorweeg wanneer hulle finansieringsbesluite neem.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/4266
This item appears in the following collections: