Towards the development and application of representative lexicographic corpora for the Gabonese languages

Soami, Leandre Serge (2010-03)

Thesis (DLitt (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2010.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The compilation of dictionaries is a laborious activity and it takes time, money and staff to achieve the objectives of any dictionary project. Many dictionaries have been compiled using the lexicographers’ personal intuition and guessing rather than being corpus based. That resulted in some dictionaries often being criticised by users because of the lack of representation of some important lexical items. This can probably be explained by the fact that most of these dictionaries were compiled in an era when theoretical lexicography was lacking or not well established. The last decades have witnessed the emergence of metalexicography as a theory directed also at dictionary planning in order to enhance the quality of lexicographic practice and the way in which the management and the compilation of dictionaries are dealt with. The planning of dictionaries takes into account not only the gathering of language material to be used but also the way in which this material will be treated and presented on both the macrostructural and the microstructural level as well as in the front matter texts and the back matter texts. In order to enhance the quality of the presentation in dictionaries, this dissertation pleads in favour of the formulation of a data collection policy that takes into consideration all the different sources of material, written and spoken, used in the different phases of the compilation of a dictionary. The three phases that form the main focus of this study are the material acquisition phase, the material preparation phase and the material processing phase. The involvement of the speech community in the compilation of a lexicographic corpus ensures the collection of representative and balanced data, and the different needs of that community are central to the dictionary project. The different language materials can be organised into different corpus types. The efficiency of a corpus resides in its capacity to provide different data types that can be included in the comment on semantics and the comment on form of each article in the central list of each dictionary. Some dictionaries lack a good representation of data in both these comments in the different articles. However, languages such as the Gabonese languages are in a privileged situation because they can still avoid the mistakes of other dictionary compilers by investing in corpus-based dictionaries at this early stage. Therefore, the establishment of lexicographic units with multifunctional tasks can play an important role. In a multilingual environment such as Gabon the issue of language status needs to be dealt with carefully because it is realistic to choose a certain number of languages to function as official languages. Different alphabets are presented in this study and realistic choices are made. The way in which the language material is organised will impact on the quality of the macrostructure and microstructure; this is essential because dictionaries are consulted most of the time for the spelling of a given lexical item, for a translation equivalent or for the explanation of the meaning of a lemma sign. The computerisation of a corpus is a focal point and needs to be done in a satisfactory manner that presents a clean and helpful corpus in order to provide the lexicographer with useful statistics, frequency word lists and the different concordance lines that are very important for the wording of definitions and the extraction of example sentences. This is why a corpus is seen as an indispensable tool in the improvement of the macro- and the microstructure of any type of dictionary.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die saamstel van woordeboeke is ’n moeisame aktiwiteit, en dit verg tyd, geld en personeel om die doelstellings van ’n woordeboekprojek te bereik. Talle woordeboeke is op grond van die navorsers se persoonlike intuïsie en raaiwerk saamgestel, in stede daarvan dat dit korpusgebaseerd is. Die gevolg is dat baie woordeboeke dikwels deur gebruikers gekritiseer word weens die gebrek aan verteenwoordiging van enkele belangrike leksikale items. Dít kan moontlik verklaar word deur die feit dat die meeste van hierdie woordeboeke saamgestel is in ’n era waartydens teoretiese leksikografie gebrekkig en nie goed gevestig was nie. In die afgelope dekades het metaleksikografie na vore getree as a teorie wat op woordeboekbeplanning gerig is ten einde die gehalte van die leksikografie-praktyk en die manier waarop die bestuur en samestelling van woordeboeke hanteer word, te verbeter. By die beplanning van woordeboeke word nie net die versameling taalmateriaal wat gebruik kan word in berekening gebring nie, maar ook die manier waarop hierdie materiaal op sowel makro- as mikrostrukturele vlakke, asook in die voorwerk en die agterwerk, hanteer en aangebied gaan word. Ten einde die gehalte van die aanbieding in woordeboeke te verbeter, lewer hierdie proefskrif ’n pleidooi vir die formulering van ’n dataversamelingsbeleid wat al die verskillende materiaalbronne, hetsy skriftelik of mondelings, wat in die verskillende stadia van die samestelling van ’n woordeboek gebruik word, in ag neem. Die drie stadia wat die hooffokus van hierdie studie is, is die stadia waarin die materiaal aangeskaf, voorberei en verwerk word. Die spraakgemeenskap se betrokkenheid by die saamstel van ’n leksikografiese korpus verseker die versameling van verteenwoordigende en gebalanseerde data, en die verskillende behoeftes van sodanige gemeenskap is die kern van die woordeboekprojek. Die verskillende taalmateriale kan in verskillende korpussoorte georden word. Die doeltreffendheid van ’n korpus berus op die vermoë daarvan om verskillende datasoorte te verskaf wat in die kommentaar op semantiek en die kommentaar op vorm van elke item in die sentrale lys van elke woordeboek ingesluit kan word. Sommige woordeboeke toon ’n gebrek aan goeie verteenwoordiging van data in albei hierdie soorte kommentaar in die verskillende items. Tale soos die Gaboenese tale is egter in ’n bevoorregte posisie, aangesien hulle nog die foute van ander woordeboeksamestellers kan vermy deur op hierdie vroeë stadium in korpusgebaseerde woordeboeke te belê. Die stigting van leksikografiese eenhede met multifunksionele take kan dus ’n belangrike rol speel. In ’n veeltalige omgewing soos Gaboen moet die kwessie van taalstatus versigtig hanteer word, aangesien dit realisties is om ’n sekere hoeveelheid tale as amptelike tale te kies. Verskillende alfabette word in hierdie studie aangebied en realistiese keuses word gemaak. Die manier waarop die taalmateriaal georden is, sal ’n uitwerking op die makro- en mikrostruktuur hê; dit is van belang omdat woordeboeke meestal vir die spelling van ’n gegewe leksikale item, vir ’n vertaalekwivalent of vir die verklaring van die betekenis van ’n lemmateken geraadpleeg word. Die rekenarisering van ’n korpus is ’n belangrike aspek en moet op ’n bevredigende wyse uitgevoer word wat ’n skoon en nuttige korpus lewer ten einde die leksikograaf van goeie statistieke, frekwensiewoordlyste en die verskillende konkordansielyne te voorsien, wat baie belangrik is vir die skryf van definisies en die onttrekking van voorbeeldsinne. Om hierdie rede word ’n korpus as ’n onmisbare instrument in die verbetering van die makro- en mikrostruktuur van enige soort woordeboek beskou.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/4217
This item appears in the following collections: