Factors influencing communication between the patient diagnosed with cancer of the breast and the professional nurse

Paterson, Lesley Alison (Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2009-03)

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Communication in nursing is to establish a nurse-patient relationship. Some nurses are quite effective at this whilst others are not so effective. The female patient diagnosed with cancer of the breast can face many dilemmas ranging from a physical, psychological and psychosocial domain. Nursing, being an interactive skill, requires the nurse to be able to communicate with the patient. The inability to communicate can hamper this very crucial relationship. For the purpose of this study it was decided to provide an in-depth account of the management of the nurse-patient communication in the ward. The rationale for choosing this setting (ward) were based on the comprehensive functions of a professional nurse and his/her ability to communicate. The objectives set for the study were to describe the manner in which professional nurses communicated with the patient diagnosed with cancer of the breast and who underwent a mastectomy, barriers that prohibited the communication and the patient’s perception of the communicative processes. A quantitative, exploratory and descriptive approach was applied to investigate and describe factors that influence communication between the patient with breast cancer and the professional nurse within a provincial hospital in the Western Cape. The total population included only female patients diagnosed with cancer of the breast who underwent a mastectomy and who were referred to the breast outpatient clinic. These female patients had to be diagnosed during a twenty month period as of January 2007 to August 2008 and had to be hospitalised within a ward setting after their diagnosis. The population size consisted of 27% of the total population with a 9% refusal rate. A survey was done using a six point Likert scale ranging from strongly disagree, disagree and mildly disagree to mildly agree, agree and strongly agree. The questionnaire consisting of close-ended questions were used for the collection of data and the researcher personally collected data. Ethical approval was obtained from the Committee of Human Science Research at Stellenbosch University and the Department of Health - Cape Town. Consent to conduct the research was obtained from the institution and informed consent from the participants. A pilot study was conducted to test the questionnaire which did form part of the study. A 10% sample of the population, namely 10 participants, was involved in this study. The validity and reliability was assured through the pilot study and the use of a statistician, experts in oncology nursing, an oncology doctor and the research methodologist. Data was tabulated and presented in histograms and frequencies. Statistical significant associations were drawn between variables, using the Chi square test. The Spearman rank (rho) order correlation was used to show the strength of the relationship between two continuous variables. Findings included statistical significance between the level of schooling and the nurse, who took the respondents at face value and communicated what she deemed necessary (rho=0.29, p=0.00). The respondents also showed concern and disagreed that the ward nurses provide their family with relevant information (p=0.00). R ecommendations include:  Nursing education should include a module in communication on a graduate and post graduate level  In-service training programmes should focus on the interpersonal relationship between the nurse and the patient and the importance thereof.  Continuous Quality Improvement should include patient satisfaction surveys.  Awareness campaigns about the importance of communication between the patient and the health professional should be conducted  Developing protocols and policy guidelines that can assist the nursing staff with the communication process. Since communication is an interactive process it requires skillful conduct. Nurses need to realize the importance communication plays in the health sector and the impact it has on patients, irrespective of whether it is from a verbal or non-verbal content. Effective communication or not can have an everlasting impact.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Kommunikasie in verpleging behels die vestiging van ’n verpleegster-pasiënt verhouding. Sommige verpleegsters is taamlik effektief hierin, terwyl andere nie so effektief is nie. Die vroulike pasiënt wat met borskanker gediagnoseer is, kan baie dilemmas in die gesig staar wat wissel van ’n fisiese, psigologiese tot ’n psigo-sosiale domein. Verpleging, wat ’n interaktiewe vaardigheid is, vereis dat die verpleegster met die pasiënt moet kan kommunikeer. Die onvermoë om te kan kommunikeer, kan hierdie beslissende verhouding belemmer. Vir die doel van die studie is besluit om ’n indringende verslag van die bestuur van die verpleegster-pasiënt kommunikasie in die saal te doen. Die rasionaal vir die keuse van die omgewing (saal) is gebaseer op die komprehensiewe funksies van ’n professionele verpleegster en sy/haar vermoë om te kan kommunikeer. Die doelstellings wat uiteengesit is vir hierdie studie is om die manier te beskryf waarop professionele verpleegsters met die pasiënt wat met borskanker gediagnoseer is, en wat ’n mastektomie ondergaan het, omgaan, asook die hindernisse wat kommunikasie en die pasiënt se persepsie van die kommunikatiewe prosesse belemmer het. ’n Kwantitatiewe, verkennende en beskrywende benadering is toegepas om faktore te ondersoek en te beskryf wat kommunikasie tussen die pasiënt met borskanker en die professionele verpleegster in ’n provinsiale hospitaal in die Wes-Kaap beïnvloed. Die totale bevolking het slegs vroulike pasiënte wat met kanker gediagnoseer is en ’n mastektomie ondergaan het en na die bors buite-pasiënt kliniek verwys is, ingesluit. Hierdie vroulike pasiënte moes gedurende ’n periode van twintig maande vanaf Januarie 2007 tot Augustus 2008 gediagnoseer en gehospitaliseer gewees het in ’n saalomgewing na hul diagnose. Die bevolking grootte het bestaan uit 27% van die totale bevolking met ’n 9% verwerpingskoers. ’n Opname was gedoen wat die ses punt Likert skaal gebruik wat wissel vanaf sterk verskil van mening, verskil en effense verskil van mening tot effens saamstem, saamstem en sterk saamstem. Die vraelys wat uit geslote vrae bestaan, was gebruik vir die insameling van data en die navorser het die data persoonlik gekollekteer. Etiese goedkeuring was verkry van die Raad vir Geesteswetenskaplike navorsing aan die Universiteit van Stellenbosch en die Departement van Gesondheid – Kaapstad. Toestemming om die navorsing uit te voer is verkry van die inrigting en ingeligte toestemming van die deelnemers. ’n Loodsprojek is uitgevoer om die vraelys te toets wat deel van die navorsing uitgemaak het. ’n 10% Steekproef van die bevolking, naamlik 10 deelnemers, was betrokke by die studie. Die geldigheid en betroubaarheid was verseker deur die loodsprojek en die gebruik van ’n statistikus, kenners in onkologie verpleging, ’n onkologiese dokter en die navorsingsmetodoloog. Data is getabulleer en aangebied in histogramme en frekwensies. Statistiese beduidende assosiasies is gemaak tussen veranderlikes, deur gebruik te maak van die Chi-kwadraat toets. Die Spearman rang (rho) orde korrelasie is gebruik om die sterkte van die verhouding tussen die aaneenlopende veranderlikes te wys. Bevindings het statistiese beduidendheid ingesluit tussen die vlak van geleerdheid en die verpleegster wat die respondente op sigwaarde geneem het en die kommunikasie wat sy noodsaaklik gevind het (rho=0.29, p=0.00). Die respondente het ook besorgdheid getoon en het nie saamgestem dat die saalverpleegsters hul gesinne van die relevante inligting voorsien het nie (p=0.00). A anbevelings sluit in:  Verpleegopleiding behoort ’n module in kommunikasie op graad en nagraadse vlak in te sluit.  Indiensopleidingsprogramme behoort te fokus op die interpersoonlike verhouding tussen die verpleegster en die pasiënt en die belangrikheid daarvan.  Deurlopende kwaliteitsverbetering behoort pasiënt tevredenheidsopnames in te sluit.  Bewusmakingsveldtogte oor die belangrikheid van kommunikasie tussen die pasiënt en die gesondheidsprofesioneel behoort geloods te word.  Protokolle en beleidsriglyne wat die verpleegpersoneel kan help met die kommunikasie proses behoort ontwikkel te word. Sienende dat kommunikasie ’n interaktiewe proses is, word vaardige gedrag geverg. Verpleegsters behoort die belangrikheid wat kommunikasie speel in die gesondheidssektor te besef en die impak wat dit op die pasiënte het, ongeag of dit verbaal of nie-verbaal is. Effektiewe kommunikasie aldan nie, kan ’n ewigdurende impak hê.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/4071
http://hdl.handle.net/10019.1/4071
This item appears in the following collections: