ENGLISH ABSTRACT:
Regenerated bamboo, also known as bamboo viscose, is a man-made cellulose fibre that has recently appeared on the market as an apparel and home-furnishing textile. The products are marketed as having exceptional properties such as superior comfort and hand, as well as antimicrobial properties. Apart from the claimed “cool feeling”, the comfort properties referred to in the promotion of bamboo viscose fabrics can generally be ascribed to most cellulose fibres or fabrics. The purpose of this study was to investigate whether the moisture management and thermo-physiological properties of regenerated bamboo fabrics differ significantly from those of cotton and viscose rayon fabrics. A knitted regenerated bamboo fabric was compared to cotton and viscose rayon fabrics of comparable construction by using the results of objective measurements. Test apparatus used included the WALTERTM sweating manikin to measure thermal resistance, water vapour permeability, water absorbency and the moisture permeability index, the ALAMBETA instrument to measure thermal resistance and absorption and the PERMETEST instrument to measure water vapour permeability. To compare the structure of the regenerated bamboo fibre with that of cotton and viscose rayon fibres, the longitudinal character and cross-section of fibres were studied using scanning electron microscopy (SEM).
Results confirmed that regenerated bamboo fibre fabrics have excellent moisture and temperature management properties. Contrary to the expectations created, however, no empirical evidence was found in this study, when properties pertaining to comfort were compared, to confirm that regenerated bamboo fibre fabrics are superior to those made of cotton and viscose rayon.
AFRIKAANSE OPSOMMING:
Geregenereerde bamboes, ook bekend as bamboes
viskose, is ‘n verwerkte sellulosevesel wat onlangs op
die mark verskyn het. Tekstielstowwe van dié vesels
is geskik vir ‘n verskeidenheid produkte in die klerasie
sowel as huishoudelike mark. Die gewildheid daarvan
kan toegeskryf word aan die feit dat dit bemark
word as omgewingsvriendelik en hernubaar (wat in
hierdie geval verwys na die feit dat die bamboes
waarvan dit gemaak word ‘n rou material is wat baie
vinnig groei, nie bedreig is nie en sonder oormatige
chemikalieë verbou word). Daar word ook aanspraak
gemaak op buitengewone gemakseienskappe wat
verband hou met vogabsorbeervermoë en aanvoeling.
Dit is ook bekend dat die vesels antimikrobiese
eienskappe besit.
Behalwe vir die sogenaamde “cool feeling”, is die
gemakseienskappe waarna verwys word eintlik van
toepassing op die meeste sellulosevesels of tekstielstowwe
- veral katoen en viskose rayon. Die gladde
filamentstruktuur van viskose rayon lei tot ‘n uitstekende
drapeervermoë en ‘n aanvoeling wat beskryf
kan word as “glad en luuks”. Hierdie veseleienskappe
kan ook aanleiding gee tot ‘n “koel” sensasie
op die vel. Die vraag ontstaan dus of die vermoë om
vog te hanteer en die termo-fisiologiese eienskappe
van bamboes viskose werklik beter is as dié van ander
sellulose- vesels.
Die doel van hierdie studie was om empiries te
ondersoek of die voghanteervermoë en termofisiologiese
gemakseienskappe van geregenereerde
bamboesveselstowwe betekenisvol verskil van dié
van katoen en viskose rayon. Objektiewe meetinstrumente
is gebruik om eienskappe soos termiese
weerstand en absorbeervermoë, waterdampdeurlaatbaarheid,
waterabsorbeervermoë en die vogdeurlaatbaarheidsindeks
van drie tekstielstowwe, gebrei van
garings van onderskeidelik bamboesvesel, katoenen
viskose rayon, te vergelyk. Die onderskeie veselstrukture
is vergelyk met behulp van ‘n skandeer
elektronmikroskoop (SEM). In teenstelling met wat verwag is, is geen empiriese
bewyse gevind dat die gemakseienskappe van bamboesveselstowwe
beter is as dié van die ander twee
sellulosevesels wat getoets is nie. Dit is belangrik om
daarop te let dat geen van die aansprake wat gemaak
word ten opsigte van genoemde eienskappe
as onwaar bewys kon word nie. Bamboesvesels kan beslis verwerk word in produkte wat ‘n besondere
bydrae lewer tot die versekering van die gemak van
die draer omdat dit vog en temperatuur goed kan
reguleer. Die resultate van die studie dui egter
daarop dat die gebreide katoen en veral die gebreide
viskose rayon stowwe wat getoets is, vergelykbare
eienskappe toon. Die resultate bevestig ook die verwagting
dat metings op die viskose rayon stowwe as
gevolg van die ooreenstemming in fisiese veselstruktuur
en vervaardigingsprosesse baie meer sou
ooreenstem met dié van die bamboesveselstowwe as
met dié wat van katoen vervaardig is.