Akademiese steun by die militere akademie : die aanspreek van andershede in die SA Weermag

Date
1992
Authors
Smith, L. M.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Faculty of Military Science of Stellenbosch University
Abstract
Die Suid-Afrikaanse gemeenskap is blootgestel aan snelle veranderinge wat noodwendig 'n neerslag vind in die SA Weermag en die Militêre Akademie op Saldanha. Dit is egter nie net die veranderinge wat hul invloed laat geld nie, maar ook die gebeure wat die veranderinge voorafgegaan het. Die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit van Stellenbosch (soos enige ander Suid-Afrikaanse tersiëre opleidingsinstansie) moet dus hul taak volvoer met inagneming van 'n buitengewone geskiedenis en die eise van 'n dinamiese toekoms. Studente wat aanmeld vir 'n B. Mil. graad by bogenoemde fakulteit het deel aan sekere gemeenskaplikhede, maar ook andershede wat spruit uit elk se agtergrond. "Andersheid" word omskryf as die persoonlike verskille wat elke individu of groep uniek maak. Dit is belangrik dat die leser kennis neem daarvan dat elke student van gelyke waarde geag word en dat "andersheid" nie sinoniem is vir "minderwaardigheid" nie.
Description
The online publication is available at http://scientiamilitaria.journals.ac.za/pub
Keywords
Military Academy (South Africa) -- Saldanha, South Africa. Navy, Military Academy (South Africa) -- Saldanha -- Academic aspects
Citation
Smith, L. M. 1992. Akademiese steun by die militêre akademie: die aanspreek van andershede in die SA Weermag. Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, 22 (2), 12-16.